Skaapie en Tuinmaak

Ek is steeds nie klaar met die leeu uistappie se report nie. Om mense te kry wat Engels kan proeflees is glad nie maklik want almal wat ek ken is meer Afrikaans as ek. Dan is daar ook natuurlik die tuin wat aandag kort. Winter is verby en lente ook. Ek dink ons het twee dae se lente gehad en nou is dit somer. Ek moet nou wikkel om al die plante te skuif waar ek hulle wil hê voor dit te warm is. Hier word dit so vrek warm(oor die 40’s) dat as jy ‘n plant uit haal, vat hy nêrens anders nie. Hy verlep en vrek net.

Nou wikkel ek en die tuin bestuurder/ander skaap om alles te plant. Voor ek sien is die week verby en ek het nog niks opgelewer oor die lion walk nie(net ‘n klein stukkie met ‘n paar fotos) Jammer oor dit. Ek hoop om die naweek alles klaar te maak. Maar laat ek julle nou eers van ons skaap dilemma vertel. Barnabas is ons garden manager soos ek hom gedoop het maar Skaapie reken, hy is ‘n ander skaap. Hy wei heeldag saam Barnabas en speel ook met hom. Toe Skaapie klein was, was dit sweet. Nou begin die ballies pla en die horings loer al onder die hare uit en die “speel” raak nou rof. Hy stamp vir Barnabas met die kop, hol dan weg, vlieg om en storm weer op hom af. Vir nou is dit nog nie skade nie maar as hy ‘n groot ram is, gaan hy Barnabas se flippen been breek.

Gister werk ons in die tuin dat dit bars en heeltyd moet ek Skaapie skel en verjaag oor hy Barnabas so stamp. Sy nuwe trick is om te wag tot Barnabas afbuk en dan letterlik koppe te stamp. Ek wou die horries kry. Die twee katte en Jess het ook saam kom tuin maak. Ek en Barnabas lyk soos dronkies want as jy trap is daar ‘n fur baby onder voet en wel, ons almal weet hoe gaan dit. Skaapie help grou daar waar hy tussen Barnabas se bene staan, Jess spring in die dammetjie en hol dan deur die tuin, Spookie sit en huil want ons verander weer iets en Katte is supervisor wat orals sy neus indruk om te kyk wat maak ons. Dis ‘n helse gemors.

Met die hele trop onder voet verloor ek my belans en trippel met ‘n helse spoed in ‘n stomp vas. Groottoon eerste. Ek kyk af en sien daar is nie veel skade behalwe vir ‘n stukkie hout wat op die punt van die toon sit. Ek gaan om die stukkie uit te pluk net om te sien dis ‘n stuk stomp so dik soos my pinkie en die lente van die eerste lit. Dis glad nie seer nie so ek reken dit is net onder die vel in. Trek die stuk uit en daar spuit die bloed maar gelukkig is dit steeds nie seer. Barnabas sien dit “Oh Madam! Blood!” Thank you captain obvious. Die bloed loop in stoompies uit en dis orals. Van die swembad tot in die badkamer en heeltyd hop Barnabas om my rond asof ek gaan doodgaan. Die diere doen ook nie goed nie en ons klein badkamer is vinnig vol toeskouers wat kom kyk of ek weet wat ek doen.

Vandag is almal verban van die tuin en vir Skaapie het ek ‘n riempie gekry om hierdie kopstamp nonsens te stop voor dit skade maak. Hy leer gelukkig vinnig.

013Die Wit Hasie

 

Advertisements

8 responses to “Skaapie en Tuinmaak

  1. Terug pieng: Skapie en Tuinmaak – Wag 'n Bietjie·

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s