Kan mense dan nie self besluit?

Sit aan jou sitplekgordel, moenie rook nie, moenie te veel drank in neem nie, moenie gemors kos eet nie, moenie te veel suiker inneem nie, moenie dwelms gebruik nie. Klink soos ‘n ouer wat met sy kind raas maar dis eintlik die regering hier aan die woord. Iets krap nou aan my gat vir meer as ‘n week en ek is nou heel dik vir dit. Suiker word nou swaarder belas om mense aan te moedig om minder van dit te eet. Want dis ongesond. So fucking what? Ek is ‘n grootmens. As ek wil rook, wil sonder my safety belt ry of selfs van ‘n brug gaan afspring is dit mos my saak. Dit is my lyf, my lewe en dit piss my grensloos af dat high and mighty’s vir my wil kom staan en sê nie net waar ek mag lewe nie maar ook hoe.

Ons is glad nie vry nie. Jy kan nie bly waar jy wil, werk waar jy wil of selfs jou naam verander sonder een helse proses met die regering nie. Ek verstaan die wet en orde aspek van dit. Ek stem saam met dit, ek hou immers van reëls en ek hou baie van orde. Maar wie de donner is jy om vir my te vertel ek moet ophou rook, ophou coke drink of my seat belt dra. Dis net my eier kop wat oop gaan bars as my gordel nie aan. Niemand anders kry seer. Dis net my hart wat sal ingee van al die vet, niemand anders sin. Dis net my longe wat vol kanker gaan wees(klim af van die second hand smoking band wagon want dis nie hierby ingesluit). Wat die regering wel kan begin doen is om daardie child grands in die see te gooi sodat al hierdie “mammas” kan ophou soos hase aangaan net om geld te kry sodat sy in die shebeen kan loop suip of nuwe klere vir haarself koop.

Dalk moet hulle eerder fokus op regte probleme soos mense wat in hospitale se gange doodgaan omdat die nurse te lui is om te help. Mense wat kinders kry terwyl hulle nie eers na hulle eie gatte kan kyk nie. Mense wat ander mense doodmaak, verkrag, mishandel en dan ‘n slap on the hand kry. Wat van hang hulle eerder aan hulle nekke op sodat hulle dit NOOIT OOIT weer kan doen nie? Wat jy aan jouself doen is jou saak, wat jy aan jou gemeenskap doen is die regering se saak en iemand drop die bal hoor.

 

Die Wit Hasie

Advertisements

7 responses to “Kan mense dan nie self besluit?

  1. Ek kan ongelukkig nie saamstem nie. Jou voorbeeld van suikerinname – hoe meer suiker mense gebruik, hoe meer van hulle ly aan diabetes, hoe meer druk word gesondheidsbronne geplaas. Jou voorbeeld van nie ‘n sitplekgordel dra nie – as iemand seerkry in ‘n ongeluk, plaas dit druk op (weer eens) gesondheidsdiense, verkeersdienste, bo en be3halwe die feit dat dit in ‘n besige straat ‘n verkeersopeenhoping kan veroorsaak wat dan tot gevolg het dat mense nie by die werk kan kom nie en produksietyd gevolglik verlore gaan. Elke gedagte, elke gebaar, elke aksie veroorsaak ‘n “ripple effect” op die samelewing.

    Liked by 1 person

  2. Het half lus om my gewig agter die Haas te gooi maar ek hoor wat HesterLeyNel se…dit maak natuurlik sin! Die ding wat ek sien is dat die verkragter op straat loop en hulle probeer suiker beheer! Daar is fout…en dit het niks met suiker te doen nie!

    Like

      • Nee…jys altyd vry om te doen wat jy wil…daar is net konsekwensies op elke besluit! Maar jys vry! Grense is nie beperkinge nie, dis vryheid binne beskerming! As hulle suiker belas beteken dit geld in hulle sakke, dit het niks met enigiets anders te doen nie! Dit gaan ultimately altyd oor geld! Selfs die kerke is geldgedrewe, of vreesgedrewe!

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s