Mag jy wonder oor jou godsdiens?

Het jy al gesit in die kerk of dalk met die bybel in die hand en gedink hierdie voel nie reg nie? Dis ‘n vreeslike ding om te voel. Jy word gebore in ‘n sekere geloof in. Jou ouers se ouers se ouers se geloof word joune nog voor jy asem haal en jy aanvaar dit so. As jy in Italia gebore was, sou jy dalk Katoliek gewees het of as jy in Isreal was dan was jy heel moontlik ‘n Jood. Geography en kultuur is gewoonlik (nie altyd maar oor die algemeen) wat vastel watter geloof jy volg. Nou vra ek weer, wat doen jy as alles wat jy mee groot geword het en ken net nie reg voel nie? Wat doen jy as jy in jou hart glo daar is ‘n God maar nie saam stem met jou gemeente of ander gelowiges soos bv Christene? Mag ons dit bevraagteken, mag jy ‘n ander geloof volg? Wat van as ‘n ander geloof so diep met jou praat dat dit jou tone laat kielie, wat doen jy dan?

Ek vra dit nadat ek ‘n storie gelees het oor ‘n Muslim vrou wat nou ‘n Christen is en ‘n Ortdokse Jood wat nou ‘n Messiaanse Jood is (glo in Jesus). Dis alles vir die home team (meeste van ons is Christene) maar wat van as een van “ons” oorgaan na ‘n ander geloof of ‘n ander tipe manier van “God” aanbid, hel toe met jou? Wat sal jy doen as jy in die diepste deel van jou siel voel dat dit wat jy nou glo, nie reg is nie?

Die Wit Hasie

P.S Dit is glad nie my eie persoonlike gevoelens nie. Dis bloot ‘n vraag na aanleiding van ‘n boek wat ek lees. Ek sal graag wil hoor wat ander hiervan dink. Het jy dalk van geloof verander?

Advertisements

27 responses to “Mag jy wonder oor jou godsdiens?

  1. Ja…en ek verander steeds! Ek is 29 jaar gelede gevra om die NG kerk te verlaat nadat ek my laat groot doop het…dit was net die begin van ‘n laaang soektog na my eie waarheid! Ek soek elke dag en voeg elke dag nuwes by! Wat ek 10 jaar gelede geglo het die ultimate truth is…is nou heel anders! Een ding is steeds dieselfde, ek glo! Ek beskou myself as ‘n alternatiewe christen…maar hang die buddistiese filosofie aan, dis vir my nader aan hoe ons moet0 leef as wat die christene leef. Gandhi het gese:’As dit nie vir die Christene was nie, was hy ook een!’ Daar is ‘n goeie rede voor en dis jammer! Maar ek is ver verby die punt wat ek debat voer oor of ek reg doen of verkeerd doen, ek is op speaking terms met die Here en tevrede met ons twee se ding!

    Like

    • Jou core is wel dieselfde naamlik die Here. Wat van as dit iets heeeltemal anders is soos bv die Divine Feminine (mag die wild woman my vergewe as ek dit verkeerd het) Dis darem baie anders as wat ons mee groot geword het

      Like

      • Is dit? Ons weet so min! En die Here is nie verkramp nie…ons leef vanuit vrees, vrees vir verkeerd, vrees vir die mense, vrees vir hel toe gaan! Ek het wyd en ver gelees en ek keer altyd terug na Jesus! Maar daar is parralelle waarhede oral! Trust your instincts! And trust Him…!

        Like

  2. Terwyl jy so mooi vra, mag ek jou uit my hart antwoord, nie omdit op jou of enige persoon af te druk nie, net my mening? Wanneer geloof op jou (iemand) afgedwing word, is dit nie geloof nie, maar dwang. Ek dink dis nodig dat as jy onrustig voel, navorsing doen. Vir myself het my lewe, my geloofslewe oopgegaan,nobtwikkel, toe ek begin wyer lees het, maar veral die dag, omtrent 1995, toe ek my Bybel van voor af begin deurlees het, en elke keer, voor ek begin, vir God gevra het, wat wil Hy vandag hê moet ek hoor. As ek later jare oor iets getwyfel het, en steeds doen, soek ek my antwoorde in die Bybel tot ek gemaklik voel met die antwoord. Die meeste antwoorde het ek by God self en in die Bybel tekry.
    Nou kan ek met oortuiging sê, ek glo wat ek glo, uit eie keuse en nie uit dwang nie. En dít gun ek vir elke persoon. Onthou net dat elke kerk ook maar foute het, daar is geen volmaakte kerk nie want dit word deur mense bedryf.

    Liked by 1 person

  3. ‘n Mens moet soek na die Waarheid. Jy moet godsdienstigheid bevraagteken omdat geen godsdiens jou by God uitbring nie. Die Christen-godsdiens is ‘n monster maar ‘n verhouding met die Skepper Jesus Christus is iets heeltemal anders. En dit gaan oor verhouding, wat net moontlik is wanneer jy Jesus aanneem. Ek het ‘n baie nou en intieme verhouding met Jesus maar het in 2006 alreeds die retail religious club-ding gelos omdat dit vals is. Jy is op die regte spoor as jy en HY ‘n item is.

    Like

  4. Reine ateïs hier. Terwyl kinders verkrag en diere mishandel word, sal ek nooit dink daar is een of ander “plan” daarmee nie. En soos ek iewers gelees het: geloof is soos ‘n penis. Dis gaaf vir jou dat jy dit het, maar moet dit net nie ander mense se gesigte swaai nie.
    😉 😉 raait, nou tyd vir werk. lekker dag!

    Liked by 1 person

    • LOL!! Ek het dit ook gelees! Dis een van my gunsteling dinge om te sê as iemand vir my wil preek. Ek is ‘n blommekind, so ek moet glo daar is iets meer anders gaan my lewe net dit boring wees. Ek sou egter verkies dat dit feetjies en kabouters en drake en trolle en en en wees maar nou ja, mens kan ook nie alles kry wat jou hart begeer

      Liked by 1 person

  5. Jy mag beslis bevraagteken.Ek het eendag in my Bybelstudieklas gesit en net besef,niks maak vir my sin nie.Ek het net daar opgestaan,die dominee eenkant gekry en vir hom gese ek is heeltemal klaar met godsdiens van enige aard.Vandaar het ek wyd begin oplees oor evolusie,wetenskaplike bevindings,breinwerking van die mens en vele ander.Uiteinde…ek is ‘n ateis en trots daarop.Ek probeer nie ander mense oortuig van my sienswyses nie,behawe as hulle met my ‘n debat probeer voer en my siening bevraagteken.

    Like

  6. Sjoe – hierdie is ‘n onderwerp wat my baie na aan die hart lê op die oomblik. Ek was absoluut verknog aan die kerk en God was vir my in die kerk. Ek het vir twee jaar geglo dat God van my vergeet het. Vandag weet ek dit is nie so nie – as ek terugkyk sien ek ‘n liefdevolle hand in my lewe selfs op die aakligste tye. Ek het egter ophou soek na God in die kerk en ek is nie meer so haastig om my God ‘n naam te wil gee nie. Ek weet my God is my skepper, by beskermer en dat hy/sy liefdevol en genadig is. Ek het ‘n groot bewondering vir Jesus se optrede en woorde maar besef dat ek dit nie altyd so lees soos ander Christene nie. Vir my is dit ok vir nou, dit is nie altyd vir ander nie. Ek wil nie aanstoot gee nie so ek hou maar my menings vir myself en vermy die kerk for the time being. ‘n Boek wat my teruggehelp het na die twee jaar van geestelike droogte – Breathing Under Water deur Richard Rohr. Ek het ook I dare to call him Father gelees, baie aangrypend.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s