Nou begin ek Soek

“What are you seeking?” Dis die vraag wat vanoggend in my e-pos opgeduik het. Vir die eerste keer ooit, het ek nie ‘n antwoord gehad nie. Niemand het my nog ooit gevra wat ek “soek” nie. “Wat wil hy hê?” is al baie gevra. Wil jy koffie hê, wil jy nuwe klere hê, wil jy my hê…ja al daardie vra maar wanneer jy iemand vra wat hulle soek, dan praat jy met hulle siel. En myne voel of dit nou moeg is. Wat ek soek is vrede, geluk en respek van ander maar wat ek kry is dat my gevoelens nie saak maak nie, dat ek altyd die mindere moet wees en dat ander se behoeftes meer tel as my eie. ‘n Boks uit my verlede het altyd gesê ‘n moeilike vrou is soos ‘n perd, jy moet haar net inbreek om lekker te kan ry. Ek onthou so goed hoe ons een aan by ‘n braai almal gestaan en kuier het. Een van die mans het sy vrou se naam bly gat maak terwyl “almal” lag en sy het toe vir haarself opgestaan teen hom. Hom behoorlik in sy moer in gestuur. Een van die braaivlieë het toe vir hom gesê “Pel, ‘n vrou wat te veel praat en te min werk is ‘n kopseer. Stuur haar vir my en ek stuur haar mak terug.” Groot gelag. Wat tot vandag toe nog by my spook, is hoe ses ander vrouens doodstil gebly het. Nie een van ons het vir haar of vir “ons” opgestaan nie.

Het jy al gehoor boompies moet gebuig word terwyl hulle nog jonk is? Dit word gewoonlik gebruik as die kinders hand uit ruk. Soms wonder ek hoveel is regtig gebuig en hoeveel is gebreek want die reëls wat vir seuns geld is nie die reëls wat vir meisies geld nie. Dis glad nie ongewoon vir ‘n man om op sy troudag met 12 vrouens op sy kerfstokkie te staan terwyl daar van die bruid verwag word om nog ‘n maagd te wees. Dis nie ongewoon vir ‘n man om sy drome na te jaag en te aanvaar dat wat sy drome is, is wat sy vrou ook wil hê nie. Dis nie ongewoon dat meeste vrouens dit net so aanvaar nie.

Kyk, ek is nou nie ‘n houopskeersitoopbenehaatmans feminis nie maar ek is gatvol. Ek is gatvol dat ons as vrouens nie vir mekaar opstaan nie. Ek is gatvol dat ons mekaar afbreek en beskinder. Ek is gatvol dat ons glo ons is die swakker geslag net omdat ons huil as ons hartseer is of kwaad word as iemand hulle boundaries overstep. Ek wil nie alles doen wat ‘n man doen nie, ek is nie ‘n man nie. Ek wil alles doen wat ‘n vrou kan doen en ek wil nie stil gemaak word as ek ‘n opinie het nie. As ons braai en daar word gepraat oor politiek, dan wil ek nie hê ‘n mansmens moet my met ‘n halwe lag aankyk as ek my two cents ingooi nie. Ek weet meer van wêreld sake as jy Meneer Ekhetskaarsmatriekagtermynaam! Ek wil die volgende persoon wat my sonder respek hanteer en dan sê ek moet kalmeer as ek my toys gooi, in die gesig spoeg sodat jy kan voel hoe ek voel as jy dit doen.

Ek wil hê dat vrouens moet ophou om mekaar en hulself af te kraak. Ons stel baie hoë standaarde vir mekaar en om eerlik te wees, nie almal gaan daarby uitkom nie. As jy Frik in die dorp sien met sy flêrrie, jaag hom terug huistoe in plaas daarvan om agter jou hand te lag oor sy vrou wat niks weet. Vat sy flêrrie en verduidelik vir haar sy verdien beter as ‘n rondloper. Hou op die vet tannie in die gym spot, hou op lag vir M.van Wyk grappies, hou op sulke vieslike goed wees net omdat jy nie jou shit bymekaar het nie. Niemand het nie en niemand se lewe is perfek.

Die Wit Hasie                                     13e3bc6bf33e731169e33508b7c0fafd

Advertisements

14 responses to “Nou begin ek Soek

  1. Ek stem 100% categorically saam hiermee!!! Jy MAG, nee MOET jou sê sê. Want die vet weet, niemand anders gaan nie. En as almal net n ruggraat kon groei en anti-social behavior uitwys en condemn, sou die poephol 2 keer dink voor hy rondloop of sy hande lig vir sy vrou. Die hartseerste ding van alles, is die mammas wat so swaar kry onder sulke pappas, maak hul klein kroon prinsies groot om presies soos pappa te wees eendag! Of hulle dit besef of nie, jy create jou skoondogter se future nagmerrie. Nes die een waarin jy leef. Terrible snowball.

    Liked by 1 person

  2. Ai, Hasie – hoe spreek jy nou hier ware woorde! My geslag het stilgebly en hulle manne subtiel bewimpel – dit het gewerk! Maak ‘n terloopse voorstel en as hy oormore met dieselfde idee vorendag kom, juig jy hom toe en gee hom alle eer – terwyl jy jou sin kry 😀

    Liked by 1 person

  3. Jy’s reg, Wit Hasie, mammas moet hulle seuns reg opvoed. My twee word nog steeds oor die vingers geraps as hulle nie respek betoon aan vroue nie – veral hulle ma en suster! Mans is “pack animals”, hulle volg die tropleier, maar dit kos net een vrou om hulle in hulle spore te laat vassteek, mits sy weet hoe om die trop te lei.

    Liked by 1 person

  4. Lekker gelees en ek stem saam – maar ek moet se die mense om (naby my) my operate nie so nie so ek sien myself bevoorreg en gelukkig dat ek nie so voel nie.
    Vrouens moet verseker minder met hulle laat mors en tevrede wees met bedel liefde!

    Like

  5. ooh nee my woorde hier bo het nou nie reg uitgekom nie. NIE tevrede wees met bedel liefde nie.

    Soms moet mens erg op jou tande kners om nie toe te gee nie – moenie aan ander doen wat jy ne aan jouself gedoen wil he nie, soms voel dit net dit sal so lekker wees…

    Like

  6. Hasie,jy spreek waar woorde.Mens moenie stilbly wanneer sulke goed voor jou gebeur nie.Jy is volwaardig mens met jou eie opinie,wat werd is om na geluister te word!Baie keer spreek sulke mans se optrede van hul eie minderwaardigheid en kan mens dit eintlik kwalifiseer as ‘n swakheid.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s