Dit gaan broek-skeur

Jong, my ego is vandag moertoe. Geheel en al MOERTOE. Ek voel so bitter jammer vir myself dat ek nou saam Skaapie gaan sit en die verte in staar. Kom ek lieg nou nie vir myself of julle nie, ek is ‘n vettie. As jy 1.6m in jou sokkies staan en die skaal laat huil onder jou gewig van ‘n raps oor 80kg, dan tel jy as oorgewig. Die BMI, IBM, BIM iets met B en ‘n M en ‘n I in sê so. Maar die laaste ruk werk ek meer daaraan om makliker in my klere te pas. In Junie het ek opgehou coke en drank drink en ook sommer opgehou rook. Ek het twee keer begin dink oor alles wat ek in my mond prop en ek het ook opgehou skelm eet.

Met skelm eet bedoel ek dat daar iets lekker in die yskas sal wees en terwyl Manlief tuis is, ignore ek dit MAAR sodra Meneer in sy bakkie klim en ry, hol ek en prop alles in my mond. Ek is bang as ek die lekker goed voor hom eet, sal hy my judge (hy sal nie maar dis hoe my kop werk) Ek eet al vir jare so skelm. Ek sal wag tot ek alleen is by die huis of almal werk toe gaan en dan ‘n klomp take-aways koop en vermorsel. Dan steek ek die evidence weg en haat myself vir so paar weke daarna. As ek myself sover kon kry om te oefen, sou hierdie nie ‘n probleem gewees het nie maar ek kom nie verby die blok in my kop nie.Ek sal aan alles dink wat ek kan doen, selfs die teëls met ‘n tandeborsel skoonmaak, net sodat ek nie hoef te oefen nie.

Nou die laaste ruk het dit goed gegaan. Die broek het van ‘n knap 38 na ‘n nie so knap 34 gegaan en ek was baie trots. Die gesiggie het ook baie kleiner geword en om ‘n selfie te neem was toe nou eintlik lekker (kan ek net noem dat SELFIE die heel kakste naam OOIT is want dit klink soos iets wat tiener seuns doen as hulle ‘n lang stort vat). Vir ‘n week nou al is ek besig met tuinmaak en dit is al die oefening wat ek nodig het. Als gaan goed, of so het ek gedink, tot gister aand. Na ‘n lang dag van klippies loop soek en verf en plant en Skaapie stalk, gaan sit ek op die trappie. Grrrrrrtttttsssss… Ek word so yskoud en klap my kniee so vinnig teen mekaar dat hulle nou nog duike in het. Dan loer ek rond of daar iemand op die erf is en toe ek niemand sien, waag ek dit om af te kyk. Regoor my regter bo been gaap my broek oop, tot daar waar net jou man se hand mag gaan. “Dis ‘n vrek ou broek, hy is so dun dat hy al amper stof is, dis nie jy nie, dis nie oor jou bo-been so groot soos ‘n baba is nie” probeer ek myself troos. En dit werk!

Ek wag vir Manlief om by die huis te kom sodat ek vir hom kan wys. Gelukkig skeer die broek nog verder toe ek net aan hom raak, so asof hy help om my saak te maak dat dit ‘n ou vrot broek is. Shap. Ek is fine. Geen probleem.

Vanoggend klim ek die koppie/groot hoop klippe uit agter Skaapie aan en om te sien hoe lyk dit nou daar bo. Ek is besig om daar te laat skoonmaak sodat ek kan gaan sit en dink as ek so bietjie ME-time nodig het. Man en alles gaan goed en ek klim so haastig en so lastig…..Vat ‘n raai wat gebeur!! Maar die keer skeer hy van die knieg tot ver bo waar jou man se hand mag gaan sonder mooi vra. Bliksem! en sal dit nou die dag wees om sonder ‘n bloomer te wees. Ek slaan plat neer op die groot klip want ek weet nie waar is wie en hoeveel almal kan sien nie, ek troon after all bo die heel blêrrie erf uit. Een in die tuin, een in en om die huis wat skoonmaak en twee binne die huis wat ons dak regmaak. Ek het ook nie die langste hemp aan nie so hoe nou? Ek kyk rond vir bossies maar die Landscape Manager het sy werk te goed gedoen. Terwyl ek daar lê en hoop ‘n gogga vind nie sy pad in my broek in (en in meer privaat plekke in) probeer ek myself weer troos maar daar is nie troos. Al  wat daar is, is ‘n stem wat vra hoe dit twee keer na mekaar kan gebeur en dis die broek se skuld.

Dit is ‘n ou broek, hy is presies dieselfde as gister sin maar met lang broekspype. Hulle is dieselfde tyd gekoop so ja, dit kan wees dat altwee net oud is maar dit help nie my ego nie. Ek kan ook nie bly lê nie want as Manlief by die huis kom en my so kry sal hy hom dalk doodlag en ek kan nie nou ‘n weduwee wees nie. Ek moet opstaan vir liefde. (Die kak wat mens jouself spin ne) Die lyk of ek dit tot in die huis gaan maak sonder dat iemand my sien. Ek loop soos ‘n hunchback met die hemp tot by my kniee uitgerek en ek laat vir Mnr. van Niekerk lyk of hy parking soek. Ek is ‘n tree weg van die huis en totale verleentheid, tot ek om die hoek kom en in die House Manager vasloop. Ek vermy oogkontak en laat wiel na die kamer. Met ‘n nuwe broek aan en ‘n belofte aan myself om nooit ooit weer sonder shorts onder shorts te loop, staan ek en kyk na die broek. Dis nie jy, hy was oud, dis net toevallig, sulke dinge gebeur, jy’s nie vet nie…

2222.jpg

En nou hoor ek my skaap is heel moontlik depro omdat hy ander skaapies soek. Talk about not feeling good enough. My skaap is depro en bo-bene verniel my klere… Wat ‘n manier om nou die naweek te begin

Die Wit Hasie

Advertisements

21 responses to “Dit gaan broek-skeur

  1. Dalk is dit n september ding… My jeans se knope wil nie meer vas nie… En as ek eet moet ek kos maak anders druk die knoop die kos weer bo uit…. ekt al myself oortuig dis my spiere wat sterk word. Enige iets is beter as om groter klere te koop… Maar sterkte….know the feeling.

    Like

  2. Man ek sê jou, dis ‘n winter ding. Ons somersklere hiberneer in die winter en dan loop iets net skeef. Want ek moet soos ‘n groeiende tiener vir myself seisoenaal klere koop. The struggle is real sister. Maar ek het ‘n kopskuif gemaak, ek hoop die keer werk dit. (Ek dink wanneer ek my lyf aanvaar en begin liefhê sal dit BAIE makliker wees vir my om die gewig te verloor. dis asof my lyf rebelleer teen my verstand en seer hart as ek so hard is op myself. En dan eet ek net meer. As dit sin maak?)

    Maak soos ek en gaan koop vir jou ‘n rooi broek. Dit doen ef-ol aan jou bo-bene, but man doen dit iets vir my hart!

    https://neteknogsteeds.wordpress.com/2016/09/12/oor-n-rooi-broek-120kmh-in-die-tweede-baan-van-regs-en-n-moewiese-kopskuif/

    Liked by 1 person

  3. Nee wat hou op om jouself te kapittel oor vet – dit is omdat jy TE laaanklaas nuwe broeke gekoop het… teen jou wil sal jy maar Mr Price moet aandurf!
    Jitte, hoe minder ek drink hoe vetter word ek, ek moet dalk weer meer die elmboog lig…. hoop Skaap voel gou beter

    Like

  4. Hahaa, wag, jy het my nou lekker laat lag met jou skrywe (nie omdat jy en Skaapie albei probleme het nie), maar hier is iets om jou op te beur. “Calories are those tiny creatures that live in your closet and sew your clothes a little bit tighter every night.”

    Like

    • Nee o vet (letterlik) mens kan nie help as om so bietjie van ‘n knak te kry. Twee in twee dae, nee my hel man! En dan skeer hy ook nog so dat alles wys. Ek bloos my vrek. En deel dit met almal op die blog want eintlik is dit baie snaaks

      Like

      • Shit ek hoop nie dit gebeur met my nie want ek doen mos nie die panty-ding nie. Kan jy imagine! Nee kak ek gaan nou-nou Woolies toe en vir my ‘n paar koop!

        Like

      • Dit was ‘n helse skok om wind te voel waar daar nie juis wind moet wees nie. OOOOO ek bloos nou nog my half duislig as ek moet dink iemand kon dit sien. Dankie tog! Nee wat, dra maar altyd een net ingeval

        Liked by 1 person

  5. Ai, ek onthou so goed daardie soort stryd! Dis metabolisme, Hasie – ek ken mense wat baie meer eet as ek en steeds slank en fyntjies bly. Geluk met die nr 34, dis wonderlik. (Noudat ek oud is en kan doen met vetjies om die plooie in te vul, nou raak ek al hoe maerder.)

    Like

  6. Ek weet hoe jy voel. Ek moet 10kg gou verloor sodat ek my wedlope vinniger kan hardloop. Die lewe is nie regverdig nie. Ander ouens eet ‘n bees vir aandete en lyk na ‘n week nog steeds soos ‘n maer kraai?

    Like

  7. I can definitely relate….. het juis so oor my vet vark gewoontes geskryf. En toe ek nou by die huis stop was ek vrek honger en toe vreet ek `n hot dog en `n roomys….. Ai, tog die struwelinge van `n stadige metabolisme. (Hie-hie dis wat ek myself wysmaak want my broeke is nie oud nie 😉 )

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s