Skaapie is nie homself nie

Vir dae nou al sien ek dat Skaapie nie sy ou self is nie. Mens ken jou diere en hulle maniere. Ek het nou al vir bosluise gesoek of ‘n seer tand of net enige rede vir hoekom hy so “af” lyk. Hy loop nog rond en eet maar kom nie meer aangehardloop as ek roep nie. Hy blêr ook amper glad nie meer nie teensy ek nie gou genoeg sy bottle reg het nie. Daar is niks fout met sy maag nie, alles kom normaal daar uit en hy wei elke dag. Maar dis asof hy depro is. Kan Skaapies depressief raak?

Ek vang hom nou al ‘n paar keer wat hy hier by die deur kom staan, oortjies wat hang met sy kop teen die deur so asof die lewe se druk nou te veel word. Dan gryp ek hom en beloer hom van bo tot onder. Tandvleis-pienk, bosluise-geen, asemhaling-normaal, water en kos inname-normaal, Skaapie-baie ongelukkig.

Graag sou ek Skaapie veearts toe wou vat net om seker te maak daar is niks fisies fout nie maar as jy in die middle van niks sit, dan raak dit ‘n probleem. Ek kan nie self Harare toe ry nie (amper 3 ure se ry met ‘n bakkie wat ek skaars oor die stuurwiel kan sien) en al wanneer Manlief af het is ‘n Sondag, wanneer die veearts OOK af het. Nou sit ek en stress. Ek snuffel op Google rond vir raad maar hoe Google jy “hy is net nie homself nie”? Dit pla my so erg dat ek vanoggend lank voor ses al wakker was. Baie ongewoon vir my. Ek sukkel om te fokus op enige ander ding, selfs ‘n storie vir die blog. Nou blog ek maar oor wat my keer om te blog. Miskien is dit nie net Skaapie wat nie homself is nie, sy ma is ook glad nie haarself nie en om heeldag agter die skaap aan te loop om sy elke move dop te hou begin ook nou al snaaks lyk.

Hoe op aarde gebeur dit dat hierdie diere ‘n mens se lewe so oorneem? Wel laat ek maar gaan klippies wit verf vir die tuin en Skaapie ver stalk. Hopenlik voel hy vandag ‘n bietjie beter.

Die Wit Hasie

Advertisements

9 responses to “Skaapie is nie homself nie

  1. Weet jy, my een hond is ook nie lekker nie. Kan nie sien dat sy siek is nie, maar ook nie haarself nie. Volg my orals rond is dis baie weird vir haar. Ek wonder of dit die verandering van seisoen is en of hulle ook allergie kry. Ek self is af en siek en miskien voel hulle dit aan.

    Like

  2. Ek hoop nie julle het TE hard voor hom gepraat van skaaptjoppies op die kole en boud in die oond nie, lol.
    Ek dink hy soek n maatjie! En hy is seker vies omdat julle hom by die huis gelos het en saam met leeus gaan stap het.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s