Liefs die dorings as die roos

333images-1“Armmansetuin” is wat my pa dit noem. ‘n Tuin vol alwyne, woestynrosies en plante wat kan steek. Vir my is dit die heel mooiste tuin. Veral as dit nog inheems ook is. Daar is net niks so mooi soos die groot wit dorings van die kameeldoring boom wat tussen fyn helder groen blaartjies uitsteek of die koorsboom, groen van takkie tot wortel in ‘n dorre bosveld. Die woestynrosie of succulent is my go-to plantjie vir tuinmaak. Die mooi vorm wat lyk of sy enige oomblik gaan blom en die edelsteen in haar hart aan jou gaan gee of die unieke sagte groen kleur van die plantjie wat by enige ander kleur pas asof hulle gemaak is vir mekaar. En breek jy die woestynrosie, vertrap en vermorsel jy haar, sal al haar stukkies weer nuwe plantjies begin maak. Jy kan nie ‘n woestynrosie vernietig nie.

My kersgeskenk ‘n paar jaar terug was ‘n boek oor alwyne. Ek is net so verlief op ‘n alwyn.  In die winter gaan die bosveld dood. Daar is nêrens ‘n vrolike kleur te sien nie behalwe vir die alwyn. Winter is wanneer jy oral die rooi en geel vuurpyle van die alwyne kan sien pronk. Dis asof hulle juis in die winter blom om te keer dat jou binnekant so vaal soos die bos word. Hulle is sulke “nice” plante want die hele jaar laat hulle al die ander plante “the bell of the ball” wees en dan wanneer almal rus en daar byna niks water is, dan hou hulle party.

images-2

Ek het nie juis groen vingers nie en as dit nie dorings het of ‘n vetplant van een of ander soort is nie, dan gaan ek hom vermoor. Ek is nie seker of ek dit onderbewustelik aspris doen nie want ‘n blomme tuins is mooi maar….dis nie vir my nie. Gee my die Karoo met sy windpompe en geharde plante of die fynbos van die Kaap. Wys my liefde met ‘n protea of ‘n vygie, nie met rose en varings. Bring vir my ‘n klippie vir my tuins eerder as ‘n geskenkie uit ‘n winkel. Gee my ‘n tuin vol kanniedood plante sodat ek nooit vergeet van watter stof ek gemaak is.

images-3

Die Wit Hasie

 

Advertisements

11 responses to “Liefs die dorings as die roos

  1. Ek wou graag kommentaar lewer by jou blog oor godsdiens, maar daar maak toe nie ‘n venstertjie oop nie, nou doen ek dit maar hier. Ek dink daar is deesdae baie mense wat die georganiseerde godsdiens vaarwel toegeroep het en vir hulle self begin dink het. Ek is een van hulle, en ek was nog nooit so in touch met my religieuse wese as nou nie. Daar kom gereeld nuwe gedagtes by op wat soveel sin maak, maar wat in die kerk verbode is om aan te dink, soos bv dat God meer in die natuur as die skriftuur te vinde is (onthou jy nog die onverkwiklike Heidelbergse Kategismus?) Maar as mens dink aan die kerk se geploeter re die gay kwessie kan mens werklik verwag day hy moet leiding gee?

    Like

  2. Ek is ook lief vir katusse en vetplante en wat van malvas? – die soort wat in ons dorpsbegraafplaas so welig gegroei het ten spyte van die gebrek aan water. Ons het hulle kanniedood-malvas genoem (kanniedote in Namakwalandse Afrikaans). Ek mis my kaktusse wat ek agterlaat het met ons laaste groot trek, maar sal later vir julle die fotos daarvan plaas.

    Like

  3. Armmanstuin is dit beslis nie meer nie! Het jy deesdae die pryse van vetplante gesien? En veral aalwyne! Gelukkig is daar baie gawe mense wat altyd gewillig is om ‘n paar steggies of babatjies af te staan, en gelukkig groei hulle so maklik!

    Like

  4. Terug pieng: Liefs die dorings as die roos – Wag 'n Bietjie·

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s