As die “universe” praat, luister

Die jaar is amper verby. Nou begin jy terug kyk en vra “het ek alles gedoen wat ek wou?” NEE. Ek is verseker nie 20kg ligter nie en ek weet dit sal nie teen Desember gebeur nie. My groente tuin is op sy gat en ek kan steeds nie ‘n soom in sit nie. Maar daar is ‘n hele paar goed wat ek gedoen het, wat ek nooit eers aan gedink het nie. Ek het ‘n skaap gekry en hom nou al twee keer met liefde en gebed (ja en meds) van die dood gered. Ek het my eie tuin gemaak soos ek dit wou hê en met my eie hande alles geplant. Ek het ‘n blog begin en ek het ander mense gekry om ook te blog of om net te skryf vir cheap therapy. Ek het my ouma finaal gegroet en sterk genoeg gestaan dat ek daar kon wees vir iemand anders wat haar dood baie harder gevat het. Ek het saam leeus geloop en gejag EN op ‘n olifant gery. Ek het die grootste fight ooit met my man gehad en in plaas van om in die hoekie te gaan sit want “hy’s lelik met my” het ek GELUISTER wat hy sê en ‘n beter mens geword. As jy nie alles opneem as ‘n aanval nie, dan kan jy terug staan en sien wat hulle sien. WOW, wat ‘n jaar en daar is nog drie maande oor.

Dis as ek die drie maande oorleef. Ek praat nou nie van my tyd is op en dan word my kersie uitgeblaas nie. Nee, ek praat van al my klein ongelukkies wat dalk sal maak dat ek mal word en nie Desember sien nie. Gister het ek in die visdam gegly en geval, my hele duim oopgesny met ‘n blikkie tuna, vandag het ek my tone gestamp dat ek huil en in alles vasgeloop. Meeste van die goed is normaal vir my. Ek kon nog nooit verby ‘n koesyn kom sonder om hom te elmboog of die hoek van ‘n tafel aan my heup te plak maar die laaste ruk is dit baie erg. Gister snuffel ek rond op Facebook en kom af op ‘n storie oor hoe die “universe” jou vertel as jy nie op die regte pad is nie. Careless accidents, forgetfulness, cluttered environment ens.  Ek is baie seker daarvan die “universe” probeer met my praat as ek so om my kyk. 

images (4).jpg

Dan is dan is daar ook die storie oor die vere wat mens optel. Iemand het juis dit genoem hier iewers in ‘n blog maar ek kry dit nou wraggies nie. My ouma het ook in dit geglo. Sy het altyd gesê dis ‘n engel wat kom kuier het as jy ‘n veer op jou stoep kry.Van Vrydag af, is my erf vol vere. Ek het dit probeer afmaak as niks, die wind waai tog so erg die laaste week maar alles is net te toevallig. Ek lees toevallig die artikel raak, toevallig is daar nou elke dag ‘n veer op my stoep, toevallig word skaap gesond al het die veearts nie veel hoop gehad, toevallig pop daar gereeld tekens op oor ‘n ander pad wat ek moet vat… Toe Val Lig. Jip, die lig het geval op waar ek moet gaan vir die volgende drie maande en voor ek dalk iets breek of my dood bloei, gaan ek luister. Ons is so besig met ons eie dinge, so vas gevang in ons eie kop en alles wat MOET gedoen word dat mens soms ‘n harde stamp of val of sny of al drie nodig het om jou wakker te skud.

the_light_of_god_by_russianratigan-d5s2kyh.jpg

Gaan sit nou ‘n bietjie, moenie aan iets dink nie, moenie oor iets bekommer nie, sit net, KYK en LUISTER. Miskien lui jou geestelike telefoon ook en jy hoor dit nie. Dalk wil Iemand met jou praat en dis net missed call op missed call. Niks is toevallig nie, jy moet net kyk waar die lig val.

Die Wit Hasie

 

P.S Gaan loer na hierdie artikel: http://tranquilmonkey.com/10-signs-from-the-universe-that-you-are-walking-the-wrong-way/#

Advertisements

11 responses to “As die “universe” praat, luister

  1. Ek het my nooit aan vere gesteur nie, mar vanjaar het God baie duidelik met my deur vere gepraat. Soek bietjie op my blog. Tik in veer of vere. Jy sal daarby uitkom, dink ek. En laat toets bietjie jou oë, vir die blou kolle! 🙂

    Like

  2. Vere vere… ook op my blog, nie so lank terug nie.
    Jitte ek dink jy het goed gedoen vir die jaar, jy kan jouself n ster gee – sterkte met die res van die jaar.
    Verder is jy bereid en ontvanklik om te luister wat n goeie ding is!

    Like

  3. Hasie, vergeet van al die goed wat nie gedoen is nie! 🙂 Ek lees hier dat jy so baie verrig gekry het, so jy IS op die regte pad! Ek het ook ‘n blogpos oor vere wat vir more geskeduleer is (jammer dis in Engels), en vere is my ook baie na aan die hart. En ek is SO bly jou skaap is gesond, ek sit met ‘n siek haan op die oomblik.

    Like

    • Dankie, ek sal ‘n nota maak om te gaan loer. Ja ou skaapie gaan aan, as ons hom net kan kry om te eet. Ons is uit die ergste bos maar nog nie op die pad met hom nie. Hopenlik sal hy teen die naweek weer fine wees

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s