Skaapie is taai

Dit was ‘n laaaaaang naweek. Soos sommige van julle weet, Skaapie was nie homself hier teen die naweek se kant nie. Hierdie “mamma” se hart het net nie tot ruste gekom nie en Vrydag sê ek vir Manlief, dis nou tyd om ‘n veearts hier te kry. Ek was doodseker dat Skaapie ‘n koors het. Saterdag kom oom Dokter hier aan en wraggies, Skaapie het een helse koors en hy ophou eet, wou nie sy bottle hê en het net gelê. Oornag het Skaapie die afdraai na groot moeilikheid gevat en ek was op die “verloor my kop” pad. Ons het hom gespuit, water gevoer, stress mix gegee, ek het in die hok saam hom gesit meeste van die aand en kort-kort in die oggend ure opgestaan om te gaan kyk hoe vorder hy. Sondag is oom Dokter terug want die koors wil nie los, Skaapie staan glad nie op nie en ek begin dink teen Maandag gaan ek die nuus moet deel dat Skaapie ons verlaat het.

So toe doen ek iets vreemd gister aand….ek gaan staan onder daardie vuil geel maan en ek bid vir my ou skaapiekind. Ek vra sommer almal aan wie ek kan dink om hom te help want ek is nie reg om Skaapie te laat gaan nie. Vanoggend is ek vroeg uit die vere om te gaan sien of hy darem nog lewe…en daar loop ‘n baie wankelrige skaap buite rond. Koors gebreek en eetlus terug. Hy eet nou nie baie nie maar hy eet. Ek kan sien hy is nog taamlik die hel in vir my oor al die spuite in die boud en die stokkie wat ons kort-kort in sy holle ingedruk het maar hy eet en hy loop en ek is uit my vel.

Dit lyk my ons het gewen. Niemand van ons, nie eers die veearts, weet hoekom Skaapie so siek was nie maar die medisyne werk en Skaapie word beter en dis al wat tel. Hopenlik kan ek een van die dae weer vir julle vertel van die stront wat hy aanjaag. Dis snaaks hoe geheg mens raak aan die diere en hoe hard jy sal werk om hulle gelukkig te hou. Ek gaan verseker vir Skaapie ‘n nOOItjie kry sodra hy weer sy ouself is.

Die Wit Hasie

Advertisements

4 responses to “Skaapie is taai

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s