Vol Planne en Selfvertroue

Laat ek begin deur heel eerste dankie te sê aan elkeen wat getrou elke dag my blog kom lees. Julle ROCK! En ek vang myself dat ek van sommige praat asof ek julle persoonlik ken. (Ek kan in my man se oë sien hy dink ek is mal) Skaapie eet uiteindelik op sy eie vandag. Dank Vader, Moeder Natuur en oom Veearts (en Manlief dat hy hom nie gespit braai het nie) Ongelukkig het oom Veearts gesê dit kan dalk my tuin wees wat hom vergiftig het. Hy het deur my tuin geloop, na al my mooiste plante gewys en gesê “That must go, very poisen. That one too must go, terrible. This one, maybe he can stay cos the thorns he will keep sheep away.” Ek het langlip na Manlief gekyk en onderlangs vir hom gegrom we can’t have anything nice. Nou ja, ek het vir die res van die aan soos hondestront gevoel. Wie sê tuinmaak is nie gevaarlik? Die klein wetter lewe darem en ek het al vroeg in my pajamas saam hom in die berg rond gehol. Twee katte, ‘n hond, ‘n skaap en ‘n vet tannie in haar slaapklere….ons is een baie weird trop. Fucks given = 0

Nou kom ons blog ernstig. Vir baie jare dra ek ‘n geheim diep binne my wat ek nooit durf die son se lig laat sien het nie. Die rede is dat ek nog nooit in myself, my eie stem, my vermoë of enig van my idees geglo het nie. Wat nou verander is ek nie seker nie maar die week het alles uitgeborrel. Ek wou nog altyd my eie klere en juwele maak. Vandat ek oud genoeg was om my eie styl te verstaan, het ek altyd gewens ek kon my eie goed maak. Die winkels het nooit wat ek soek nie. Die modes is altyd te kaal, te helder, te warm vir ons klimaat, te onprakties vir my rowwe sit-nie-soos-‘n-dame maniere, te almal-dra-dit. Pinterest het my heel beste maatjie geword en ons twee beplan alles saam, van gees tot vlees(bedek). Gister het ek ‘n ring gemaak met draad en cutex. Ek kon nie glo hoe maklik dit was en dat ek dit wraggies kon regkry. Die probleem is dat ons baie ver van enige craft winkel is (ek vermoed die naaste een is in SA) en ek het ook nie ‘n naaldwerkmasjien nie wat beteken ek sal solank met die hand moet werk (dit gaan laaaaaaaank vat).

c4f0c99ec455ae81c2aabab8b6dbf26b.jpg11d68043250f280125bb37397f8110cc.jpg81d4de944cd47947e54324a626b19102.jpg

(Nie wat ek gemaak het nie maar ek is besig)

My punt is, as jy dink jy kan dit nie doen nie…doen dit anyway. Al moet jy Manlief se stoor raid om goedjies te kry vir jou projek. (Môre se blog sal gaan oor hoe dit voel om op 30 gehok te wees of pak te kry omdat jy in die mancave gaan krap het) Wat sou jy doen as jy net bietjie meer in jouself geglo het?

Die Wit Hasie

Advertisements

22 responses to “Vol Planne en Selfvertroue

  1. Ek moet sê, jou blog maak elke dag my dag. Maak nie saak wat druk of so nie, as ek hier kom lees glimlag ek altyd!

    Eerstens, ek is moerse bly Skaapie is weer op die been.

    Ek BEGEER my eie craft kamer (ek het egter geen idee wat ek sal maak nie). My een vriendin bly by die see en haar man het vir haar ‘n craft kamer met french doors en al aangebou, wat op hulle swembad uitloop. Ek wil nie eers weet wat die kaste en rakke gekos het nie, maar dit lyk regtig soos ‘n craft winkeltjie. en sy woeker hoor, maak klere en handsakke en oorbelle en en en, wat sy dan op FB en by koffiewinkels en sekere markte verkoop. Ek is sommer net jaloers.

    Maar ja. Ek sal graag so iets wou doen ook. En natuurlik skilder. My ouma se kant van die familie was almal kunstenaars, maar dit het my blykbaar gemis.

    Like

    • My kuns juffrou het altyd gesê dat kuns is alleenlik die talent om mense iets te laat voel nie hoe mooi die prentjie is nie so enige ou kan skilder. Wat van probeer net? My craft kamer is ‘n hoekie in die skryf/gym/visvang/kamp/spaar/bid kamer 🙂 regtig net ‘n hoekie en dan die eetkamer tafel en soms die tafel op die stoep of Manlief se werkstafel…punt is, maak ‘n plekkie en laat waai. Tot iemand jou verjaag. Genade, ek klink soos ‘n vlieg wat sitplek soek. LMGA!!

      Liked by 1 person

  2. Bly dit gaan beter met Skaapie! Lekker wysneus was al ons “internet dokters”, net vir om die regte veearts om te kom en op ons plek te sit. Dalk is die weirdos met wie hy saamleef (arme ding 😉 ), goed genoeg vir hom.
    Moenie met my praat oor handwerk nie, ek het nie tyd nie, ek moet swot! 😉 Ek het altyd my eie hangertjies gemaak met mooi klippies (en ‘n paar regte gesteentes) wat ek opgetel het. Dink dit moet fantasties wees om jou eie klere te kan maak, en baie bevrydend (veral van die broeke met te nou pype – wie het tog regtig sulke dun bene?!).

    Raait, die boeke roep. Lekker handwerk!

    Like

  3. Go for it! Dis FANTASTIES! En adverteer op jou nuwe ‘Hasie’s Crafts’ Facebookblad, en pos dit vir die mense wat wil hê. Dis te sê AS jy wil verkoop, maar jy praat van craft winkeltjies, dis hoekom ek nou weer my eiertjie kom lê het. Geluk!

    Like

    • Ek dink ek sal ‘n paar goedjies maak en as dit nie te kak lyk nie, sal ek seker dit probeer smous(dis after all hoe dit werk) maar ek sal eers af SA toe moet gaan en al die nodige tools gaan koop want ek kan wraggies nie Manlief se stoor leeg dra nie. O en leer klere maak, dis heel bo aan die lys. Dalk eendag kry julle ‘n advertensie van my goedjies wat ek smous. Wie weet, dis mos lekker om groot te droom

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s