Skryf Jouself Beter

images (1).jpg

Ek glo met my hele hart dat skryf werk beter as enige pil wat ‘n dokter vir jou kan gee. Om met iemand te gaan praat help ook natuurlik maar jy wag altyd vir terugvoer op dit wat jy sê, jy HOOR nooit wat jy self kwyt raak nie tot jy dit neerskryf en dit moet lees. Gewoonlik skryf ek al my woede en haat en hartseer so woes uit dat die bladsy begin rook en dan lees ek dit. Weet jy wat dink ek dan? “Watse kak raak jy kwyt, sien jy die gemors, HOOR jy jouself as jy so aangaan? Nee dammit man, ruk jouself reg. Sies!” Ja ek raas met myself want sodra jy sien wat jy sê dan besef jy hoe selfsugtig jy klink of hoe kinderagtig jy klink of hoe dik die selfbejammering uit jou loop. Niemand is daar om ‘n ag-siestog-arme-jy kwyt te raak nie en jou te vertel hoe die ander ou ‘n asshole is nie. Nee, jy word gedwing om jou eie assholeness in die oë te kyk.

Vir die wat nooit ‘n kermsessie saam ‘n vriendin doen of net nie die tipe is om oor hulle gevoelens te praat nie, kan skryf ‘n baie gesonde uitlaatklep wees. Veral vir die van ons wat Fight Club reëls volg as dit by jou huwelik kom (vir die wat nie weet: The first rule of Fight Club is: You do not talk about Fight Club. The second rule of Fight Club is: You do not talk about Fight Club.) Skryf kan help om al daardie fights met Liefie uit jou kop te kry en jy kan dan SIEN of dit regtig so vreeslik is. Byvoorbeeld:Hy los elke dag sy sokkies voor die TV en moan dan die huis is deurmekaar en jy sê niks maar jy loop en baklei heeldag. Tot hy vra vir koffie en jy ontplof oor hoe hy nie lief is vir jou en jou harde werk in ag neem en nou soek hy fokken koffie ook nog en en…en hy kyk jou aan asof jy mal is want hy het net vir koffie gevra. Sien, as jy daardie baklei binne jou gaan uitskryf het dan het hy dalk net gewone koffie gekry.

Ek het nou al ‘n paar mense in my eie lewe sover gekry om te begin skryf en ek kan regtig ‘n groot verskil sien. Hulle is meer oop, meer gemaklik met hoe hulle voel, rustiger en die gewig van die wêreld hang nie meer om hulle nekke nie. Dit het my laat besluit dat van nou af, gaan almal ‘n boek en ‘n pen as geskenk kry en natuurlik ‘n mini-kluis om dit in te bêre sodat nuuskierige mans/kinders/vriendinne/moeders ens nie kan snuffel waar hulle snoete nie hoort! Dagboek hou is nie net vir dogtertjies of malmense nie, dis vir elkeen van ons wat te paranoid is vir pille en te arm is vir terapie. Of dalk het jy die twee probeer en dit werk nie, probeer ‘n dagboek.

22 September 2016     Donderdag     Iewers waar ek nie wil wees

Hi, my naam is Rita en hier waar ek sit is alles net te veel. Te veel werk, te veel man-se-kak, te veel ondankbare kinders, te veel skoonfamilie en eie familie drama en te veel vet. Ek kan ongelukkig net van een uit die bogenoemde ontslae raak maar oranje is nie my kleur en ek sal dus moet begin gym. Liewe Boek vol van niks, hoe het ek hier gekom? 

Hi Rita, jy is donners ondankbaar. Groete, Liewe Boek met ‘n bietjie in.

Probeer dit net. Wie weet, dalk skryf jy jouself beter

Die Wit Hasie

Advertisements

22 responses to “Skryf Jouself Beter

  1. Presies net so!

    Dis hoekom ek begin blog het, as terapie. En namate ek gesonder geraak het, het ek al die eerste ou donker inskrywings gaan afhaal van my blog en dit gestoor op my rekenaar. ‘n Goeie vriend het my blog as geskenk vir my begin sodat ek alles uit my kon skryf. En dit het gewerk. En natuurlik terapie en pille en baie wyn. Maar skryf maak mens gesond en heel ook.

    Liked by 1 person

  2. Ek glo vas dat ‘n mens jouself “heel” kan skryf. Of nee… ek wéét ‘n mens kan. Hier sit tog immers een wat daarvan kan getuig. Was dit nie vir die ding wat hulle ‘n blog noem nie, was ek nou al vir ‘n rukkie toegesluit!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s