Sonde met die bure

Mans, maak my gatvol en nou praat ek nie eers van my eie spesie nie. Ek praat van my viervoet seunskinders. Kom ek begin by die begin. My skoonma het ‘n reël dat alle diere se baby-making-factories moet toe gemaak word. My skoonpa spot en sê al een op die erf wat nog nie reggemaak is nie, is my man en dis omdat sy ma hom nie kon vang. Ek moes my skoonma se voorbeeld gevolg het maar my man is baie erg oor sy diere se bolle en ek het dit so gelos want hulle pla nie. Gah! Famous last words. In ons huis is daar net twee dames naamlik ek en Jess die hond. Katta was die selfde tyd hier as skoonma en is dus ontbol. Hy is ‘n gentleman en bring altyd geskenkies in die vorm van arm lengte rotte of piepklein muisies, hy raas nooit en is altyd skoon, hy waarsku as daar slange is of vreemde mense en hy slaap netjies opgekrul soos enige kat moet, hy moan ook as jy sy stert optel om vir bosluise te soek want mens kyk mos nie na ‘n gentleman se holle nie!017

Spookie het sy bolle omdat Manlief dit nie oor sy hart kan kry om hulle uit te haal nie. Spookie het ook nie veel maniere nie. Hy slaap soos ek nog nooit ‘n kat sien slaap het nie, uitgestrek met oop mond en bene. Hy vang niks behalwe vir my en Jess of Katta as hy kwaad is. Hy is ongeskik en skree watter tye van die aand, lek sy meneer sommer ten aanskoue van kuiergaste en hy poep onder jou neus. Hy het ook vuil girlfriends vir wie hy gaan kuier en kom na ‘n dag of twee vol peste huis toe. ‘n Regte jong lat wat sy ouers gryshare gee.IMG-20150214-00783Nou sien ek Skaapie begin ook met sy stront. Hy wil alma met die kop stamp. Seker om die girls aan die anderkant van die draad te beindruk. Hy tel sy bo-lip so hoog op jy sien net tande en dit alles om te ruik watse meisies loop anderkant die draad. Man, en ek het al mooi met hom gepraat.

“Skaapie, los daardie kwassies. Hulle is nie van ‘n ordentlike trop nie. Meeste van hulle weet nie eers wie hulle pa is nie en dis dalk goed want sommige se pa en boetie is dieselfde skaap. Nee man, sies. Jy soek nie daardie rondloop, skeeloog goed nie. Los hulle uit.”

Tarzan se bolle pronk nou helder pienk onder die dik grys hare uit en dit maak dat die klein meneer alles merk. Piepie op die hande en dan smeer hy dit oral. Dan wil hy nog op jou kom spring en kyk wat in jou mond aangaan, met daardie piepie hande. Durf jy hom wegstoot gooi hy ‘n vloermoer en trek sommer jou hare voor hy op die stokkie gaan sit en jou ignore. Nee magtig, hierdie klomp manne maak my klaar.006

En dan is daar die week se nuwe stront. Ek word net na twee die oggend wakker, dis ‘n gevloek en geskree net so klipgooi van my kamervenster. Die katte is aan die baklei en ek is uit by die deur met die flits maar ek vergeet die slaanstok. Ek sal sommer klippe slinger as dit regtig moet maar eers moet ek sien wat gaan aan. Ek vloek Spookie klaar hier binne my en beplan sy uitkaksessie deeglik maar toe nou nie. Dis Katta…en skoonpa se kat! Die grys en wit helsim het van anderkant die koppie gekom om te kom stront maak. Spookie, die leeu van ons huis is natuurlik nie hier om arme Katta te help nie. Nee, die lê seker by een van sy vuil meisies. Skoonpa se kattie vat gelukkig pad toe hy my en manlief gewaar en ou Katta sit hom agterna hoor. (Wie sê jy het balle nodig om braaf te wees ne) Baie trots op homself het Katta soos ‘n held die huis binne gekom. Ek was eintlik baie trots op hom want voor Spookie hier was het die village se katte hom vreeslik kom boelie in die aand. Daar was een wat ek Poedingface gedoop het wat selfs tot in ons huis vir Katta kom klap het. Tot Spookie ‘n groot seun geword het en toe kry ons hom een aand waar hy EN Katta vir Poedingface goed pakslae gee. Daar was nooit weer ‘n kat op die erf en Katta kon in vrede gaan jag.

Ons het vir skoonpa van sy kat se skandes vertel, baie geskok dat daar sulke nonsens in die familie aangaan. Gister hoor ek dat ons eie Katta in die vroeg die oggend oor die koppie na skoonpa toe is en weer daar gaan skande maak het. Dis nie my Katta daardie nie, hy is ‘n gentlman en ‘n goeie kind…hy sal nooit. HY HET! Want al is sy bollies uit, het een fight hom laat dink dat hy hulle nog het en toe is hy oor na skoonpa om daardie jong kat ‘n les te leer. Ek skaam my dood.

Gister vra Manlief ook vir ons House Manager of hy ‘n meisie vir Skaapie het. Hy lag net en sê hy sal daaroor dink. Nou is ons skaap nie goed genoeg vir sy meisies nie. Skande! Nee hel, die volgende viervoet kind beter ‘n dogtertjie wees want vir al hierdie testosteroon is ek nou al dik hoor.

Die Wit Hasie

 

Advertisements

12 responses to “Sonde met die bure

  1. Hehehehehe, klink vir my bedrywig daar met al die manne van jou huis!

    Ag jy moet tog ‘n foto kom plak as julle vir Skaapie ‘n Mê gekry het!

    Ek dink ek moet met my man praat. ek soek ook ‘n skaap. Dalk kan ek die swembad leeg tap en hom daar hou?! 😆

    Like

  2. As jy my invlieg sort ek hulle almal uit, een twee drie … maar ek’s ‘n dieredokter, jou man is veilig 😉
    Gewoonlik kastreer ons die manlike diere volledig, maar noudiedag praat ek so met my baas – ons het ook ‘n projek in Egipte (wat ons nie kon heengaan onlangs nie weens die terrosisme 😦 ), waar honde letterlik in troppe bly. Daar wil ons nie graag die honde kastreer nie, want dan is daar geen tropgevoel om almal in plek te hou nie (lees testosteroon). So, nou dink ons daaraan om die mannetjies vasektomies te gee, dat hulle nogsteeds hulle gewig kan rondgooi, maar minder kinders maak. Dalk ‘n idee vir Spokie en kie? 😉

    Like

  3. Lekker gelees en gesmile! Ons kinders het vir ‘n paar weke ‘n wees skapie onderdak gegee. In daai tyd het hy saam met die werfhonde geslaap en as hulle straat toe hol om vir verbygangers te blaf, hol hy saam en lyk ewe dreigend. Maar hy het nooit leer blaf nie 😦

    Like

  4. Mooi geskryf, klink vir my soos ‘n heel normale gebeurtenis, maar dan aan die anderkant, wat is die lewe sonder avontuur in alle vorme. 🙂

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s