Iewers tussen Barbie en Ellen

download (2).jpg

Vandag is ek besig om myself te leer hoe om my gesig in te kleur. Sien, ek was nooit ooit ooit oooooooooooooit ‘n girly-girl nie. Rokkies was oulik vir ‘n rukkie en toe is dit net broeke en t-shirts. Ek het ‘n boetie, twee nefies en baie seuns maatjies gehad en daar was nie tyd vir meisietjie wees nie(behalwe alleen tyd saam my Teeny-Weeny poppies). Ek het ook sulke girly-girls as vreeslik dom beskou (nie een van hulle het my al verkeerd bewys nie). Daar was in elk geval nie eers ‘n hint van boobies tot baie laat in matriek nie en ek het maar ingeval by die tomboy ding. O moenie my verkeerd verstaan nie, ek is gek oor mooi aantrek en my gesiggie mooi maak maar ek is so ‘n massive geek dat ek in elk geval soos ‘n clown voel as ek dit doen. Gewoonlik tik ek lipgloss aan en maskara and that’s about that folks. Meer as dit en Tannie Stienie sal vir my lag.

Soos ek al baie genoem het, ek is nou 30 en daar is plooie wat nie voorheen daar was nie (sommer oornag) en die boobies is nou taataas en die plat maagie lyk nou meer soos die agterkant van Uncle Fester se kop…en ek voel so damn sexy jy kan amper nie aan my vat, so hot is ek. Hoekom? Want ek het dit tot hier gemaak na soveel stront wat ek in my lewe aangejaag het. Ek het ‘n onbeskryflike goeie man getrou. Ek is ‘n sterk vrou wat nie meer omgee wat ander mense dink van my nie en nou ewe skielik wil ek my gesiggie mooi maak en leer hoe om my hare self te vleg. Ek wil leer hoe om klere te maak sodat ek rokke kan dra (maar lang rokke, kom ons ruk nou nie die dam nie) Ek wil valletjies dra en baie blink juwele. Tierners moet my sien en vir mekaar fluister

“Hier kom daai weird tannie, ek’t al gehoor sy’s soos ‘n heks of iets.”

“Nee man, sy’s nie ‘n heks nie. Sy’s net mal, sy dans kaal as dit volmaan is.”

“Ek love haar klere. Wonder waar kry sy die hangertjie.”

Toe ek jonger was sou so iets my heeltemal uitgefreak het. Wat is dit met ons vrouens dat ons so laat eers besef hoe awesome ons is? Ek sê altyd as ek geweet het hoe sexy ek op 18 was, sou ek ‘n vreeslike slet gewees het.

Ek is steeds mal oor my jeans en t-shirts maar nou is die naels gedoen, die hare geblaas en die gesiggie mooi gemaak. Jy sal my nie sommer in hakke sien nie, ek het juis die ander dag reg voor Spar se deur neer geslat omdat ek in wighakke geloop het (hulle is veronderstel om maklik te loop vir mense soos ek, toe nie hoor). Dit was so ‘n harde slag dat twee verpleegsters wat agter my gestap het, nader gestorm het om te kyk of ek okay is. Hakke het my nog nie weer gesien na daardie gemors nie maar ek sal een van die dae weer probeer. Vir my probeer ek iewers tussen Barbie en Ellen DeGeneres inpas. Ek wil kruisbene kan sit en soos ‘n madam lyk. Ek wil soos ‘n hippy aan trek en op al die regte plekke gewax wees. Ek wil nie my plooie wegsteek nie, net die gesig bietjie kleur gee. Ek wil lyk of ek darem moeite met my hare gedoen het sonder dat ek Kim Kardashian se glam squad nodig gehad het. Ek wens ek het dit al op 18 begin doen sodat ek nie nou soos ‘n aap met ‘n goue ring voel nie.

Die Wit Hasie

Advertisements

5 responses to “Iewers tussen Barbie en Ellen

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s