Tee is ware liefde

Die lewe is te kort vir slegte koffie en koue tee. Koffie is my get-up-and-go, my energie in ‘n koppie, vinnige om te maak en altyd lekker al het jy dit laat staan om koud te word. Koffie is ‘n skop in die gat en manlik. Tee is weer vroulik, sag en geduldig. Jy kan nie haastig wees met tee nie. Die sakkie moet gelos word in kook water sodat jy die sterkste geure uit die sakkie kan trek. Tee is daar om jou te laat ontspan en is nooit lekker as dit eers koud geword het nie. Tee maak en drink is vir my spiritual, jy sluit jou dag af met tee, jy maak vrede oor die randjie van ‘n tee koppie, dis kalmte in ‘n sakkie. Ek besit ongelukkig nie my eie tee stel nie. Ek het nog nie een gesien waarvan ek hou nie. Maar ek is seker daarvan dat ek eendag in ‘n winkel gaan instap en my stelletjie gaan daar sit, alles waarvan ek nog ooit gedroom het en ons gaan perfek wees vir mekaar.

Tee tyd in ons huis is baie belangrik. Dit gebeur laaaaaaaaat in die aand, as al die mondjies in die huis kos gekry het, die wat moet slaap in die bed is en die wat moet gaan rondloop uit is en die stilte uiteindelik om my kom vou soos ‘n warm kombers. Daar is niks mooier as die fluit van ‘n ketel laat in die aand. Dan vat ek my koppie en gaan sit op my wing-back voor my gebeds altar. Net ‘n vinnige nota oor die altar, ek is seker meeste mense se hare staan nou regop want altar is mos iets wat vir hekse bedoel is (my House Manager dink so want hy gaan glad nie meer in daardie kamer in nie) maar vir my was dit ‘n manier om my gedagtes te fokus sodat ek kan bid. Daar is ‘n glaskas met Ouma en Oupa se begrafnis briewe en mementos in. Omdat hulle veras is, is die glaskassie waar ek blomme gaan sit en met hulle gesels. Daar is ook goedjies wat my aan elke belangrike persoon in my lewe herinner soos die bos proteas wat ek van skoonma gekry het, ‘n snow globe van boetie en ‘n klippie van ma. Dis ‘n manier om te verseker ek vergeet niemand as ek bid. Ek het ook ‘n beeldjie wat ek in die begin van my en Manlief se verhouding gekoop het wat omring is met klippies.img_20160926_0841081Dis in ‘n spiraal om die beeldjie gepak sodat ek altyd onthou, die begin punt is ons en die eindpunt is ons. Maak nie saak hoe jy die klippies volg nie, dit sal altyd by ons uitkom. Dis ‘n manier om fokus op ons huwelik te hou want in die tyd wat ons nou lewe, is skei so flippen maklik dat ek nie seker is hoekom mense nog trou nie. Ek weet dus dat ‘n huwelik is ‘n keuse wat jy elke dag maak. Jy kies elke oggend jou maat weer van vooraf en daardie beeldjie met die klippies om, help my om dit nooit te vergeet.

download (2).jpg

Gebed is nie maklik vir my nie. Dit begin met “Dankie Vader, Jesus, Moeder Natuur (almal en wie ookal jy voor bid) vir nog ‘n dag, vir die geleentheid om net te kan lewe, dankie dat Skaapie nie dood is nie, ek wonder wat het Skaapie gevreet wat hom so siek maak, ek moet onthou om na hom te gaan kyk as ek hier klaar is, gaan ek dan slaap of nog TV kyk? Blank. O ja, dankie vir die kos want dis soveel dat ek vet is, ek moet die week begin oefen maar my kop is altyd seer so ek wonder of dit sal help, ek moet gaan oplees oor kopseer want dit kan dalk iets ernstig wees maar ek dink dis hormone, dalk is dit hoekom ek vet is, ek is lus vir biltong met baie vet aan, sjoe maar die wind waai, miskien gaan dit reën…” en voor ek my kan kry staan ek buite met ‘n bak popcorn en kyk na die sterre voor ek onthou dat ek so twee ure terug nog besig was om die gebed ding te doen. Pinterest het ‘n meditation altar voor gestel en van daar die idee. Nou gaan sit ek daar met my koppie tee, steek ‘n kersie aan en fokus.

 

Oor ‘n koppie tee het ek al van die beste stories geskryf en die moeilikste probleme opgelos. Daar is egter reëls as dit by my tee kom:

Ek deel nie my tee nie

Ek sal jou doodgooi met ‘n koppie as jy ooit vir my flou tee moet gee want dit laat my dink aan koshuis en veldskool…Weskoppies sal beter wees as enige van daardie twee plekke so moenie my laat flash backs kry nie

Ek sal enige en alle tee drink behalwe groen tee. Ek gee nie ‘n hel om wat mense sê oor hoe gesond dit is nie, daardie goed is soos om tofu te bedien as jy my steak belowe het. NEE!

Ek deel nie my tee nie

My oorlede ouma was so lief vir tee en dis al waar ek ooit tee gedrink het was saam haar by hulle huis. My oupa was nou weer lief vir die klein snacks wat saam die tee gekom het (dink begrafnis kos) Dan het ek, ouma en oupa oor alles en almal gepraat (en geskinder). Ek verlang na hulle twee, môre is Oupa al 2 jaar weg en 24ste was dit al 2 maande dat Ouma weg is. Van daar die idee om my liefde vir tee met julle te deel. Koffie is natuurlik net so belangrik en ek drink ook nie flou koffie nie (lees die reël oor flou tee) want ek sal nie kan “adult” sonder koffie nie. Maar ‘n koppie koffie raak nie my hart soos ‘n koppie tee nie.

99987eb39715b92ba8ba726fdb44957b.jpg

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “Tee is ware liefde

  1. Ek drink graag gegeurde rooibostee, sterk, sonder melk of suiker. Dit kan maar koud ook word.
    Oor gebed. Ek is aandagafleibaar en moet fokus as ek bid. Dit help vir my om my gebed te skryf. So ‘n A4 bladsy vol.
    Voor ek met vakansie is, het ek besef ek sal ‘n plan moet maak met my bidboeke. Hier lê ‘n stapel seker van 2003 af. Voor dit het ek ook een keer dit opgeskeur maar dit was soos my siel opskeur. Die ding is daar is goed in geskryf wat nie vir ander oë bedoel is nie. Toe lees ek in Openbaring 8 van die gebede wat geoffer is saam met wierook. Die aand was ek alleen by die huis, ek en my boeke en die kaggel … nou vlug hul seker vir my ook!
    O en in die eetplan wat ek volg mag mens vet biltong eet!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s