Soms word jy gedwing om te laat gaan

Vandag is dit al 2 jaar van dat Oupa gegaan het. My emosies was heel onder beheer soos die datum nader gekruip het tot gister aand. Ek het ‘n video op my foon van my oupa  in die hospitaal waar hy regop sit en iets eet terwyl hy vir my vertel hy het lekker geskeer en voel beter. Ek het ook ‘n voice note van toe my oom vir Oupa en Ouma geleer het hoe whatsapp se voice notes werk. Jy hoor hoe my oupa sê “wat nou?” en dan my oom “praat pa, daar praat” en dan “Hallo my sweet heart” en my ouma “Hallo sus, M leer ons hoe werk die foon.” Ek het daardie voice note al so baie geluister dat as dit ‘n tape was, het hy begin hak. Veral na Ouma so 2 maande terug ook oorlede is. Net om hulle stemme te hoor het my getroos en my so bietjie laat glo hulle is nie heeltemal weg nie. My foon se screen het gekraak iewers in laas jaar en dit het lank gevat om dit reg te maak. Dit het my laat besef ek sal daardie voice note en video moet back up want as so iets weer gebeur, kan ek alles verloor.

Ek was besig om al my fotos ook sommer te copy en paste en dit gaan heel vinnig. Daar was vrek baie fotos op die foon. Ek select die file, click yes en toe…….deleting file. Ek het die verkeerde opsie gekies in my haas om alles gedoen dit kry. Ek probeer dit stop maar dis te laat. Verslae sit ek na die rekenaar skerm en staar, ek gryp die foon en doen ‘n search….file not found. Net daar verloor ek dit. Ek begin histeries huil en ween asof hulle altwee nou net dood is. Ek het besef ek gaan regtig nooit ooit weer hulle stemme hoor nie en dit was net te veel vir my. My arme man skrik sy gat af want ek huil so ek kan nie vir hom vertel wat aangaan nie en hy het seker gedink iemand is nou weer poerdez. Hy het sy beste probeer om die files te recover maar dit was te laat, my foon het intussen apps begin update en as dit eers gebeur, dan is dit klaar. Soos ‘n brief wat in die vuur beland, jy het sekondes om hom te red anders sit jy hulpeloos en kyk hoe verander dit in as.

Ek het eers iewers na 12 gaan slaap nie omdat ek moeg was nie maar omdat ek ‘n bietjie kalmeer het en dit gevoel het of ek gaan flou word as ek nie gaan lê. Vanoggend maak ek my oë oop en al wat ek dink is ek sien nie die punt van opstaan nie. Selfs Manlief en die diere probeer my nie eers uit die bed kry. Ek dink almal in hierdie huis kon my hart hoor breek gisteraand. Ek het so amper gedink ek gaan doodgaan want ek kon nie asem kry nie. Ek het Ouma en Oupa nou twee keer verloor.

Manlief is ‘n slim ou, hy weet ek sal uitkom vir koffie. Toe ek nou eers uit die kamer is ager die koffie aan, vra hy of ek nie asseblief net ‘n kwas wil kry vir hom om die swembad te verf. Toe ek nou eers langs die swembad is, vra hy of ek nie net gou agter hom wil aan verf om toe te maak wat hy mis verf nie…..

14500219_10211012403930013_4650222494354708427_o.jpg

En so verf ek swembad die hele dag tot hy my in ‘n hoekie toe verf. #watchingpaintdry… Ek is van kop tot tone blou maar ek het nog nie gehuil vandag nie, ek is te moeg om verder my kop te breek oor die helse fokop wat ek gemaak het. Ek het deur ‘n dag gekom wat ek nie voor kans gesien het nie. Baie slim man. Dalk is dit wat gebeur het die “universe” se manier om my te dwing om nou finaal te laat gaan. Om nou finaal koebaai te sê en te besef dis nou klaar soos koekies in ‘n weeshuis. Don’t fight it I suppose.

Nou moet ek gaan en besluit of ek die verf uit my hare gaan probeer was of sommer net met die skêr inklim.

Die Wit Hasie

Advertisements

16 responses to “Soms word jy gedwing om te laat gaan

  1. Ag ek is jammer jy het jou kosbaarhede so plontseling verloor – dit is net nie lekker nie. DIe swembad lyk mooi – jy kan sommer met jou oupa en ouma laaaaaang stories praat terwyl jy op jou rug onder die volmaan dryf een van die dae.

    Like

  2. Ek comment en nou is dit weg…
    Jammer vir jou seer *drukkie* dit is regtig n k@k een.
    Ekt nogal heeldag gewonder hoekom daar nog nie n post van jou af is nie. Heeltyd is jou hart seer en toe is jy vas geverf. Is sit regtig Die Wit Hasie op die foto??

    Like

    • Jong, hy is ‘n skat….tot hy my in ‘n hoek vas verf en dan fotos neem om vir die familie te stuur. Ek het die wêreld se grootste terggees getrou en dis niks om my 10x ‘n dat te hoor sê ek gaan hom in sy slaap versmoor oor hy so sukkel met my 😀

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s