Nooit weer nie!

images (2).jpg

Alla hel maar ek is siek vandag. Gisteraand het ons die geveg met die swembad gewen en ‘n whiskey daarop gedrink. My eerste drankie van 7 Junie af en dit maak toe die wynvlieg in my wakker, wat so dankbaar is vir enige iets anders as koeldrank en water dat hy die dam heeltemal ruk…..nou betaal ek swaar vandag. Hand op die hart, dis nou klaar. Drank is net nie vir my nie. Het ek en Manlief lekker gekuier? Oh hell YES! Ons het oop en eerlik gepraat oor goed wat ek nie kans voor sien as ek nie dutch courage het nie. Ek bloos maklik. Die probleem is dat ek nooit binne my limit bly as ek drink nie, ek oor doen dit altyd en dan rook ek ook sommer ‘n pakkie uit in een kort kuier. Die volgende dag soos vandag, proe niks reg en ek bewe soos ‘n ding wat gif ingekry het. Waarom doen mens dit aan jouself?

Want soms suck die ou lewe so bietjie en om ‘n grootmens te wees is nie altyd lekker nie. Dan vat jy die wyn and you check out. Net vir ‘n kort rukkie natuurlik want drank is nie Peter Pan wat jou na Neverland gaan vat waar jy nooit hoef groot te word nie. Dankie maar nee dankie vir ‘n drankie. Die kuiertjie saam ‘n ou vriendin was lekker maar ek is niks kort sonder haar nie. Ek dink ek het haar ontgroei. Dis tyd om totsien te sê en te hou by die drink goed wat nie my breinselle gaan vermoor. Manlief mag maar namens my ook drink as hy braaf genoeg is maar ek is wraggies nie braaf nie. Ek sien nie meer kans vir babelas nie. Ek sal Sims speel as ek gatvol raak vir volwasse wees en net wil ontspan. Dis in elk geval vir my baie lekker om vir Manlief te lag as hy lyk soos ek nou voel na ‘n aand se kuier en ek kan dit net doen as ek nie self dit oordoen het nie. Call me crazy but small things make me happy en om vir hom te lag oor sy kop seer is geniet ek meer as wyn.

download (4).jpg

Die Wit Hasie

Advertisements

8 responses to “Nooit weer nie!

  1. Ek koop ‘n six-pack, drink myself oorhoeks, laat staan die helfte en gee die ander vyf weg. Ek is nie bang vir Coke nie en drink dit skoon. Sonder thinners. Het jy al Truth Serum gelees op BeautyBeyondBones se blog? Julle laat my lag 😂😂

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s