Ek kies liefde…ek kies jou

023 - Copy.JPGIn een van my vorige blog post het ek genoem dat ons huwelik en Fight Club twee reëls deel, The first rule of Fight Club is: You do not talk about Fight Club. The second rule of Fight Club is: You do not talk about Fight Club. Dit klink rof maar wat in jou huis aangaan is meer privaat as wat in jou bank rekening aangaan. Jy en jou eggenoot baklei vandag oor sy ma wat altyd vir jou wil sê wat om te doen. Hy “vat haar kant” want sy het jou ‘n ou boereraad gegee om die vetkolle teen die muur af te kry en so gaan die fight aan. Jy gaan kla by jou ma of jou vriendin oor hoe hy ‘n mamas boy is en nooit jou kant vat nie en altyd onredelik is en jy wil sommer nie eers meer saam hom by sy familie gaan braai nie. Vanaand kom jy by die huis en daar staan ‘n bos blomme. Hy vertel jou hoe lief hy vir jou is en dat jy reg was, sy ma neem oor asof dit haar huis is en hy is jammer hy het dit nie so gesien nie. Alles is weer reg tussen julle, julle is smoor verlief van voor af en die braai saam sy familie is een groot opskop. Die wêreld draai weer. Behalwe vir die persoon by wie jy gaan afpak het want dit maak nie saak hoeveel goeie goed jy van ‘n persoon vertel nie, mense onthou altyd die een slegte ding die beste.

Van nou af gaan jou ma of vriendin anders kyk na jou  man. Hulle gaan nie die sterk leier van julle “trop” sien nie maar die spoiled mamas boy wat nie eers sy handdoek kan ophang nie en jou skoonma gaan altyd die bitch wees wat JOU lewe wil oorneem. Jou man en sy familie is op die shit list en daardie lys hou mense tot hulle doodgaan. En dis alles jou skuld. Kyk, ek sê nie hou jou mond as Manlief jou help om in deure en kaste vas te loop nie maar voor jy ‘n kerm sessie met ‘n vriendin reël en al jou huis se venster oopmaak, moet jy mooi dink. Is dit waaroor jy nou wil moan so ernstig dat julle huwelik in die moeilikheid is? Gaan die persoon by wie jy kla die regte raad vir jou kan gee? My vriendin met kinders kan nou nie juis vir raad kom vra by my oor haar kind se gedrag nie want ek het nie kinders, hoe moet ek weet hoe om daardie tantrums te stop? Jy moet ook jouself in sy skoene sit, sal jy daarvan hou as hy so van jou praat by sy ma?

Ag en ek wil sommer hierdie ook in die pot gooi…MOENIE VOOR MENSE BAKLEI NIE! Nooit ooit ooit nie! Dis soos om mekaar te betas in die middel van Spar, almal kyk maar niemand wil dit sien nie. Glimlag styf, vermy mekaar en as julle by die huis kom…laat waai. Julle is ‘n span en om sterk te staan teen die wêreld en al sy lelike ding moet julle mekaar se grootste fans wees. As julle voor ander mense baklei, het julle nie respek vir mekaar of julle span nie en daar is mense wat hulle verlekker in ander se moeilikheid. Jy maak al jou “huis” se deure oop as jy voor ander baklei en jy moenie geskok wees as daar ‘n man of vrou by die agterdeur inglip nie.

Ek en Manlief kan baie lekker baklei. Ons altwee het ons eie idees en opinies oor hoe dinge gedoen moet word en dit gel nie altyd lekker nie. Dan gaan moan ek maar in my dagboek en ek skryf al my kwaad uit. Dis nie lank nie dan het ons altwee afgekoel en alles is weer reg. Meeste van die tyd is dit beter as wat dit was want ons het nog ‘n hobbel in die pad platgeslaan. ‘n Huwelik of enige verhouding is harde werk. Jy moet elke dag daardie persoon kies want liefde is soos ‘n vuur, as jy hom nie bly stook dan brand hy uit. Omdat skei so maklik is deesdae en almal dit doen wil ek graag ‘n lang huwelik hê want ek is ‘n rebel en val nie in by die trends of the masses nie. Ons altwee is baie gelukkig op ons eie gewees voor ons mekaar ontmoet het, ek voel nie een oomblik ek sal doodgaan as ons nie bymekaar is nie, ek voel nie vasgevang asof hy al keuse is wat ek het nie. Nee, ek het gekies om saam om te wees net vir wie hy is en hy vir my. Ons het niks van mekaar nodig behalwe liefde, vriendskap en respek. Ek hoop dis wat ons huwelik uniek maak en ‘n kans vir oorlewing gee.

Eendag as ons twee geplant is en die nageslag pak ons goed uit, hoop ek hulle sal my dagboek lees en sê:

“Kyk hier, Tannie B en die oom het soos kat en hond baklei volgens haar dagboek.” en hy sal vir sy vrou die boek wys. Sy sal dit lees en met ‘n halwe glimlag sê

“Jis mens sou nooit dink die twee het so baie vasgesit nie. Hulle was altyd so liefdevol met mekaar, hulle het so mooi huwelik gehad en het altyd gelag. Wie sou nou ooit kon raai daardie twee het nie altyd saam gestem nie.”

Jy hoef nie een brein te deel om gelukkig te wees nie, solank jy een hart deel wat julle altwee heel wil hou. Die beste wat ek kan doen is om net te bly hoop want daar is ‘n hele samelewing vol voorbeelde oor hoekom ons nie gaan hou nie. Maar ek is ‘n dromer, ek glo in dinge wat niemand kan sien nie en ek kies om in liefde te glo.

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “Ek kies liefde…ek kies jou

  1. dankie vir die raad… baie waar en so maklik om nie te doen nie 🙂 ek maak gedurig die fout om af te pak by’n vriendin en dan verstaan hulle nie wanneer ek manlief vergewe het nie, want hoe kan jy hom vergewe nadat hy dit en dat gedoen het… jou blog was nou n goeie herindering dat mens as n span moet werk en sekere dinge privaat te hou. dankie

    Like

  2. Dis die gees Hasie! Ek weet, want ek en my genote in die heil’ge eg is reeds 43 jaar getroud. Ups and downs was daar, natuurlik, maar niks wat die appelkar omgekeer het nie. Een hart. Liefde, respek.

    Like

  3. Ek dink ek lees jou posts te veel hehe get gisteraand gedroom ek vind uit wie jy is en was baie bly… Maar veel meer kan ek nie onthou… Eks nie n creep belowe hehe was net vir my funny vanoggend toe ek besef watse goed ek droom

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s