Vergewe, Vergeet…se gat?

download (5).jpg

Hierdie Haas sukkel met die vergewe EN vergeet. Dit vat my baie lank om ‘n persoon te vergewe wat my seer gemaak het en vir die res van my lewe sal ek jou onthou, die les wat ek by jou geleer het en selfs so bietjie lag as karma jou uiteindelik bykom (ja ek erken dit!)  Gewoonlik vermy ek net mense wat my seer gemaak het. In my wêreld bestaan hulle net so min soos ‘n eerlike regering. Tog, as ek die mense weer sien sal ek nooit  ongeskik wees nie. Ek is te goed groot gemaak vir dit. Soms kan jy nie mense wat jou seergemaak het vermy nie want dis familie en dan moet ek ‘n manier kry om hulle te vergewe want anders loop ek en baklei heeldag-aldag in my binneste. Ek moet hulle vergewe want hulle kan nie sien wat hulle verkeerd gedoen het nie en sal dit net weer en weer doen en ek het nie die krag om elke keer gebroke te wees nie.

Jis, dis harde werk om iemand wat my kwaad en seergemaak het te vergewe want haat kom so maklik by my soos  sooibrand op. Ek is belaglik lojaal en kan nie half lief wees vir iemand nie, ek gee my alles vir die mense wat ek as naastes beskou en as jy my seermaak omdat jy ‘n selfsugtige bliksem is….wel, dan haat ek jou. Sonde of de not. Dis so erg en so donker dat ek sal van iets vreeslik hoor wat met jou gebeur het en net lag. Ja ek weet, dis nie normaal en dis ook nie gesond nie. Ek het dus die baie lang en moeilike pad gevat om my brein te rewire. Ek gaan sit, maak my oë toe en verbeel my ek is by ‘n begrafnis en dat ek daar voor al die persoon se mense moet gaan staan en iets sê oor hulle. Weet jy hoe vinnig verander jou hart teenoor iemand as jy moet dink dat hulle regtig dood is en jy nooit weer met hulle gaan praat nie? Jy moet daar voor almal gaan staan en daardie persoon se geliefdes met jou woorde probeer troos. Dis nie lank nie dan onthou ek hoekom ek en daardie persoon vriende was of hoeveel hulle vir my gedoen het voor die “fight” gebeur het.

Dis baie donker en hartseer maar daar is niks wat die bullshit van die lewe weg strip soos die dood nie….the great equalizer. Ons sal nooit weer hande vashou en “lief” wees vir mekaar nie maar in my hart wens ek jou nie dood en verlekker ek my nie in jou ongeluk nie. Nee, ek onthou alles wat mooi en goed is en besef dat nie al die karakters in ‘n storie bly tot die einde nie maar hulle is net so belangrik. Om iemand te vergewe is iets wat jy vir jouself doen, sodat jy vrede in jou hart kan hê en dit het baie lank gevat vir my om dit te besef. Ons as mense praat nooit oor ons “ugly” kant nie. Daar is sekere emosies wat taboo is soos haat en woede wat in jou vas sit soos teer maar dis deel van meer mense as wat ons besef. Miskien kry jy dit reg om vandag die teer uit jou hart te begin skoonmaak. Onthou, dis ‘n lang storie maar jy doen dit nie vir daardie persoon nie…jy doen dit vir jou eie gesondheid. Sterkte!

Die Wit Hasie

 

Advertisements

8 responses to “Vergewe, Vergeet…se gat?

  1. Sterkte hiermee. Dit is nie maklik nie. Ek het al gehoor van mense wat opgeboude woede in hulle het. Dan word hulle gestuur na ‘n slaansak en bokshandskoene gegee. Hulle slaan dan die sak totdat hulle beter voel. Ek draf tot ek beter voel. As jy dan nog by ‘n hardloop klub aansluit ontmoet jy nuwe mense. Jy kan dan vriende maak met mense wat soos jy dink en voel.

    Like

  2. Ons almal sukkel. Vergewe net elke keer as jy kwaad raak as Wit Hasie nie deur skilpad gewen wil word nie. Skillie gaan sy stryk en kom by die wenpaal aan terwyl jy jou hartjie probeer heelmaak met ‘n steak tenderiser. En hoe seerder jy kry, hoe harder draai jy boonop die slingertjie. Skillie kry nie seer nie. Net een bebloede Wit Hasie.

    Like

  3. Dit vat baie om my regtig kwaad te maak tot die punt wat ek jou afskryf. Maar as dit gebeur dan loop ek oor jou soos ‘n stopstraat. Jy bestaan nie vir my nie. En eers as die wiel gedraai het en ek klaar lekker gekry het DAN sal ek dalk vergewe. Dis so lelik van my, ek weet.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s