ASSumption

download (6).jpg

Gister sit ons en praat oor mense wat sommer net aanneem iets wat jy sê of post of skryf gaan oor hulle. Ek probeer so min as moontlik iets passive aggressive op Facebook of twitter plaas. Ek verkies om direk met mense te praat as ek omgekrap is. Wanneer ek nie met jou praat maar pissed off is oor iets, doen ek dit gewoonlik omdat ek weet mens kan nie met daardie persoon praat sonder dat dit een helse storie word nie. Maar tog gebeur dit dat jy iets share of oor iets praat en iemand vat dit dadelik op as jou katterige manier om na hulle te verwys. Ek erken, dit het al met my ook gebeur (maar ek is 1 uit die 10 keer verkeerd want ek is nogal goed om bullshit raak te sien) Manlief het ‘n manier om te assume dat as ek sug, dit beteken ek vies is vir hom. Hy het nooit daaraan gedink dat dit ‘n gewoonte is wat ek het as ek ingedagte is en iets ernstig in my kop uitwerk. Sommige mense doen “yoga breathing” en ek sug.

Ons gesels toe daaroor dat ons as mense vreeslike inflated egos gekry het. Waar kom ons daaraan dat ‘n ander persoon se wêreld om ons draai, dat ons kan WEET wat hulle voel of hoe hulle dink en dat dit nie moontlik oor iemand anders gaan of sommer net ‘n veralgemening is nie? Byvoorbeeld: Ek strip my moer omdat moeder oor naweke haar foon op silent sit en dan kry mens haar nie in die hande, ek post op facebook “mense wat jou nie antwoord is ongeskik”, ek moan by manlief dat ek nooit meer van my skoonsus hoor nie…helse fight want ek het nou my moer gestrip en op facebook gepost oor sy sussie te besig is om met my te chat. Die waarheid…ma maak my kwaad oor haar foon op silent is, die facebook post gaan oor ‘n vriendin wat my blatant ignore en die skoonsus wat ek niks van hoor is my boetie se liefie en ek het gemoan daaroor omdat ek bekommerd is oor haar want ek nie van haar hoor is dit gewoonlik ‘n teken dat dinge nie lekker gaan. Sien wat gebeur as mens sommer net assume? (Alles hierbo is ‘n voorbeeld mense, om vadersnaam moenie reken dit gaan oor iets wat regtig gebeur het nie)

Mense noem dit vinnig op jou perdjie spring, ek noem dit arrogant want hoe kan jy weet wat in ‘n ander persoon se kop aangaan? Die beste vir my was nog altyd daardie persoon wat aanneem ‘n prentjie wat jy share op facebook gaan oor hulle en dan jou sommer afskryf. Dankie tog vir dit want wie het nou sulke mense in jou lewe nodig, mense wat so min van jou dink, mense wat so fyn van gevoel en dik van ego is. Ek neem nie aan iets gaan oor my tot jy dit vir my sê nie. Jy voer jouself in any case gif as jy so passive aggressive is en ek weet nou al wie die mense is. Ek vermy hulle net. Want as jy gister jou bek skeef getrek het oor ek jou kind aanspreek oor sy tantrum en dan vandag post oor mense wat jou kinders wil grootmaak as hulle nie eers self kinders het nie……..wel dan neem ek aan dat ek vir my nog tee gaan maak en verder lees wat post almal op facebook. Sien hoe maklik was dit? En weet jy wat, môre mevrou post oor dit en ons drink lekker koffie saam. Het ek nou iets kak gaan comment, dan was daar dalk drama. En so oor koffie vertel sy my hoe die nuwe meisie by haar werk aldag en heeldag vir haar wil vertel hoe dummy vir kinders sleg is , borsvoed is beter, lapdoeke is gesonder en dit alles van ‘n meisie wat laas jaar matriek gemaak het…..Het jy self ASSume haar status was dalk oor my? Sien, ons almal doen dit.

So hier is my idee oor ASSumption…moet dit nie doen nie. Die grootste misverstande gebeur agv van dit. Probeer jou beste om te verstaan dat algemene goed waaroor iemand praat is dalk net dit, iets om oor te praat of dat as hulle ‘n prentjie share is net ‘n prentjie en nie ‘n blik na wat binne in hulle huis aangaan nie. As Manlief nors is en nie sy kos eet is dit dalk NIE oor hy kwaad is vir jou of dink jou kos is sleg nie, dis dalk oor die baas ‘n drol is en hy baklei binne hom nog met die ou. Tot iemand nie vir my sê hulle het ‘n probleem met my nie, is dit nie MY probleem nie. Ander mense se opinies oor jou, het niks met jou te doen nie.

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “ASSumption

  1. Ja Haas! Ek stem volhartig met jou saam…hulle se: ‘Assumptions is the mother of all fuckupps!’ En ek glo die ego is die dryfkrag agter die upp!! Die Lewe het my geleer dat moeilikheid my adres ken, ek hoef hom nie te gaan soek of te roep nie, so…tot jy in my gesig vir my se jys nie tevrede nie, tot dan assume ek jy like my!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s