Minimaal of Kaal?

614a7a367b41adcefb8b95e079b645b5.jpg

Is dit omdat die winter verby is of is dit ‘n bui wat my gevat het en nie wil los? Van dat ek so twee weke terug verwoed begin nes skrop het het, pla die vraag my. Ek het een oggend opgestaan, die huis so een kyk gegee en besluit everything must go. Nee ek jok, my woorde was “hier is te veel kak in hierdie huis” en ek het elke woord beklemtoon deur iets in die asblik te gooi. Ek is nie ‘n slordige mens nie. My hare is altyd skoon, tande geborsel, make-up op die gesiggie, nie ‘n kol op my klere en vuil wasgoed is altyd in (of op of langsaan) die “bin”. Die vloere van my huis sal altyd skoon wees want ek loop kaalvoet maar moenie verwag dat die bed opgemaak gaan wees of al die skottelgoed gewas gaan wees nie. Ek is ook meer as een keer in my lewe lui genoem  maar ek is selektief lui. Jy sal my nou nie kry dat ek die kar staan en was nie maar vat my om ‘n berg te gaan uitklim en ek doen dit met ‘n smile. Ek is eintlik net nie lus om die vrou van die huis te wees nie, dis die probleem en soms raak ek dik daarvoor om skoon te maak. Maar die huis IS skoon so wat pla?

Dis al die goed in ons huis. Elke oop gat word vinnig gevul deur iets. Of dit nou ‘n asbakkie, boek of ‘n blikkie peaceful sleep is, elke gat het iets in. Ek voel of iemand my versmoor en ek is gespanne soos een wat ‘n groot toets moet aflê sonder om daarvoor te geleer het. Die huis met al sy kak in, maak my mal. Die prente teen die muur is nie meer mooi nie, die boeke is nie op hulle plek en orals kan jy ‘n stukkie gereedskap vind. Ek het Manlief nou vir ‘n week lank gewaarsku, red wat jy nie op die ashoop soek en dit wat hy nie op sy plek gaan sit het nie…KOEBAAI! Ons lewe reeds ‘n baie minimale leefstyl. Die rede hiervoor is dat ons eendag terug Suid-Afrika toe wil gaan en dan kan mens nie met ‘n lorrievrag goed oor die grens gaan nie. Ek koop dus nie iets net omdat dit mooi is nie of omdat ek dalk die paar skoene eendag vir ‘n funksie sal gebruik nie. Nee, as ek dit nie nou dadelik nodig het en dit meer as eenkeer gaan gebruik nie dan bly dit op die rak. Ek het juis blou skoene vir my troue gedra sodat ek hulle weer kan dra.

Steeds teel die “goeters” aan in ons huis. Waar daar net ‘n asbakkie op die lessenaar was, lê daar nou alles van ‘n woordeboek tot ‘n bababottel. Ek is net bang ek gooi so uit dat my huis kaal gaan lyk, asof dit ‘n kliniek is en niemand met ‘n persoonlikheid hier bly nie. Jy sien, jy som mense baie vinnig op deur te kyk na die “goeters” wat in hulle huis is of NIE in hulle huis is. As jy nie Aromat of knoffel in jou huis het nie, dan wonder ek oor jou of as DVD’s tot teen die dak het maar daar is nie eers ‘n tydskrif langs die toilet nie. ‘n Huis vertel jou alles wat ‘n persoon nie self vir jou vertel nie. Ek wil graag minder angstig wees oor goeters wat karfoefel as ek nie kyk nie maar ek wil ook hê my goeters moet mense kan vertel wie ons is. Die raampies wat ek self gemaak het vertel ek is kreatief (en toe nou nie so lui nie) en die koppie langs die rekenaar sê vir jou ek is lief vir my koffie. Ons banke vol krapmerke vertel jou die katte is koning en die skoene by die deur laat jou dink hier bly dalk ‘n hippy.

Ja ek soek minimaal in my huis maar ‘n kaal huis is niemand se huis. Ek sal maar net aan ‘n plan moet dink om birth control onder die goeters toe te pas en hoop dat ek nie iets kosbaar van Manlief op die ashoop laat beland het nie.

Die Wit Hasie

 

Advertisements

15 responses to “Minimaal of Kaal?

  1. O sterkte!

    Die “goeters” maak my net so mal. Sien, in my huis gaan jy nie dvd’s OF tydskrifte langs die toilet kry nie. Daar is ook NIKS op my kombuiskaste behalwe ‘n Nespresso en ‘n ketel, als is in kaste. Daar hang ook NIKS teen my mure nie, behalwe ‘n paar groot spieëls. En ek weet nie hoekom dit so is nie. ek is so vrek mal oor kuns maar besit niks. Nie eers ‘n potplant nie. My boekekamer is ‘n ander storie, daar gaan jy als van foto’s tot klippe kry – als wat vir my spesiaal is.

    Elke Desember betrek ek my huis van ‘n kant af en gooi als weg. Ou klere word geskenk vir die kerk en ou tasse en goed gaan skool toe. Selfs onderklere waai. Maar ELKE Desember lyk dit of ek 10 jaar laas reggepak het.

    Dit maak my lam. Ek wil nie eers meer Desembers by die huis wees nie!

    Liked by 1 person

    • My probleem is dat ek sentimental is en onnodig lank aan goed vasklou. Die ander probleem is dat net 20% van die goeters aan my behoort en ek nou al oorweeg om die 80% en hulle baas saam uit te smyt 😀 Ek hou van die idee om EEN kamer te hê wat jou “goeters” in lewe en die res van die huis is net functional…. Jy gee my ‘n blink plan. Dankie!!

      Liked by 1 person

      • Hehehehehe ek het SO simpatie met jou met die gereedskap, my man is net so!

        Ja ek het dat hulle vir my ‘n boekkamer aanbou waar ek al my eie dinge kan hou, en niemand se kakkies word daar toegelaat nie! Dis my sanctuary.

        Like

      • Dalk moet jy die Desember vir jou ‘n mooi stukkie kuns gaan koop as jy al jou goeters uit gesmyt het as ‘n reward…dalk sal jy dan uitsien na die skoonmaak as jy weet jy kry iets mooi daarvoor?

        Liked by 1 person

  2. Ek het helemal te veel kastige sentiment… dis sommer nonsense – ek oorweeg juis om baie van my meubels te verkoop en minimaal te gaan met net 2 stukke of so ietsie, bietjie eenvoud. Ek glo ook n huis vertel n storie…

    Like

  3. Ek wil in ‘n kaal huis woon, ‘n baie minimale kaal een, maar ek het ‘n man en ‘n dogter wat aan alles vasklou. Jy moet letterlik hulle ou klere van hulle lyf af baklei om dit by die charity shop te gaan aflaai. Nou los ek doodeenvoudig die warboel net so en hulle kan maar daarmee saamleef. My slaapkamer en my klerekaste bevat net die nodige en ek weet waar alles is. Die res van die huis ignoreer ek soos ‘n stopstraat.

    Like

  4. Ek is ‘n minimalis (meestal) en die van Helsdingen Poppie is ‘n closet hoarder. Ons sukkel nog steeds om daardie een uitgewerk te kry

    Like

  5. More is more and less is a bore. Maar ek hou van curated goed. Nie kak nie. So as 1/2 van my kind se “artwork” saammet laasweek se Checkers pamflet en 20 skroefies in die bakkie op die toonbank wat eintlik net sleutels mag inhê lê, wil ek crack.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s