Trash TV en Kommin mense

Daar is iets wat ek van die hart af moet kry. Dis ‘n baie donker geheim wat ek saam my dra…ek hou van gemors TV en kommin mense. Nee, ek LOVE hulle. Ek is verslaaf aan goed wat jy op Jerry Springer sal sien. As ek enige van my social media oopmaak en sien daar is ‘n bekgeveg aan die gang, dan klop my hart sommer vinniger. Ek kry so lekker en lag so hard, die trane loop. Ek glo dat almal van ons tog ‘n bietjie kommin, tappid, platvloers of damduikerig is maar dat jy dit reg kry om daardie kant van jouself onder beheer te hou (tot jy drink of so iets) Nou vanaand is ek bietjie laat vir die party waar Derick Hougaard bitter pissig is oor ‘n ring. Ek slaan so hard die keyboard om by Twitter uit te kom dat my man klaar begin lag, hy weet ek is op die spoor van public humiliation. En ou DH laat my nie in die steek, dis ‘n F## op van epic proportions en vir ‘n oomblik dink ek sy twitter moet seker gehack wees.

download (7).jpg

Nou hoekom sal iemand wat haarself as slim beskou dan so iets geniet? Want ek weet nie! Ek sal VREK as so iets met my moet gebeur. Nooit sal ek so openlik met iemand baklei nie, ek het dit laaaaaaaankal begrawe saam nose ring clip-ons, spice girl tekkies en lipstick met blinkertjies in. Laat in die aand as Manlief in die bed is, dan kyk ek goed soos Ex on the beach, Geordie Shore, Teen Moms, Marriage Bootcamp en enige ander show wat jy nooit met ander mense sal bespreek nie en verseker weet jy gaan ‘n bitch fight sien. Ek hou my uit social media modder gooi parties, like niks en lewer nie kommentaar want ek is bang ek word op een of ander manier betrek. Ek is net die freak wat die drama wil sien, nie wil deelneem. Soms voel ek soos die ou wat skelm in mense se huise in loer en dan onthou ek net wat Ouma altyd gesê het

“As jy nie wil hê mense moet weet wat in jou huis aangaan nie, moenie die deure en venster so wyd oopmaak dat almal kan hoor nie.”

As jy op Facebook of Twitter (of watter ander een ookal) gaan katterig raak met ander mense, dan gaan weirdos soos ek my gat sit en af lag vir jou want jy maak jou huis oop.Ek weet jy like oom Steve maar moenie @janboepens tweet dat hy ‘n rooinek verraaier is omdat hy nie vir Steve sal stem nie….jy mag dalk net op “South Africa got Trash” beland. Iemand het die ander dag vir my gevra waar gaan al my kwaad heen as ek altyd vrede maker speel…ek kyk gemors TV, vang ‘n bitch fight en lewe so al my woede uit. Stil en alleen in die donker van die sitkamer soos ‘n ou perv but it makes me happy. Ek dink hoekom ek so skaam voel hieroor is omdat ek deel van die probleem is. Dis as gevolg van mense soos ek dat daar shows soos Dog the Bounty Hunter bestaan. En vir dit…is ek baie, baie jammer julle.

download (8).jpg

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “Trash TV en Kommin mense

  1. O ja ek ook! Real Housewives of New York is deesdae een van my gunstelinge. Ek het nou die dag vir die Tiener gevra waar ek fights op Facebook kan gaan dophou toe kyk sy my net so snaaks aan: “Dis so kommin, ma!” Ek sal ook nooit kommentaar lewer nie, net lees en lag. Laat my baie “classy” voel en sulke shit,

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s