Storiemaker werk so bietjie

My aandag is nie regtig by die blog die laaste ruk nie en ek kan dit sien in die stukkies wat ek post. Dis nie met my hele hart gedoen nie en dis ‘n skande. Die rede vir dit is dat ek hard werk aan ‘n storie… dare I say, a book. Ek is seker almal werk aan ‘n “boek” een of ander stadium in hulle lewe maar dis gewoonlik waar dit bly. Daar is ‘n ou wat ek ken wat al van dat ons 17 is “aan ‘n boek werk” en dus nooit vir te lank ‘n vaste werk kan hê nie want dit meng in met sy skryf tyd en jy moet lewe om te kan skryf en waaroor gaan hy skryf sonder as sy rond trek en en en en….en hy is al oor die 30 met niks om te wys vir al die jare se skryf nie. Ek wil nie so wees nie. Dalk skryf ek hierdie storie klaar en dis waar dit bly of dalk is iemand mal genoeg om dit in boek vorm te sit en mense koop dit…’n mens koop dit (ek sal tevrede wees met net een ou) maar darem het ek probeer.

Skryf ek goed? Dalk. Is my storie goed? Ek dink dis oraait. Dit punt is, ek moet sit en dit skryf en klaar kry. Dus, jammer as die posts so bietjie half voorkom. Ek is gek oor die blog en die mense wat elke dag kom inloer en so bietjie gesels (dis ‘n virtual koffie date daagliks). Dit pla my as ek nie stukke plaas wat ek dink my beste is nie maar ek hoop die wat van my blog hou, sal verstaan. Hieronder is ‘n stukkie wat ek die ander dag geskryf het. Die storie was mooi en funny en toe skielik sien Jakkels dat Muggie nie meer ‘n kind is nie en daar vat alles ‘n baie donker draai.

 

By die waterval gekom pluk Jakkels alles behalwe sy onderbroek af en duik onder die water.

“Die water is perfek. Spring in bangbroek.” sê hy met die opkom slag en vee die water uit sy oë. En dan gaan staan die ganse wêreld stil. Op die kant van die wal staan Muggie in niks behalwe haar onderbroekie en onderhempie soos hulle altyd saam swem. Sy hart slaan so hard teen sy borsbeen  vas dat hy vir ‘n oomblik snak na sy asem en bang is hy gaan flou word en verdrink. Hy gryp vinnig vas aan een van die rotse en probeer homself regruk. Voor hom staan sy maatjie Muggie, die meisie saam wie hy alles doen en om half kaal saam te wees is niks maar vandag staan daar nie ‘n meisiekind voor hom nie maar ‘n vrou. Muggie het geen idee dat haar plat bors in twee sagte klein borsies verander het, net groot genoeg vir ‘n man om sy hand op saggies te lê. Jakkels draai sy kop weg en druk sy warm wang teen die koue rots om net af te koel. Hy voel so skaam om so iets van haar te dink. Sy is onskuldig en baie naief. Sy vertrou hom en hier is hy besig om haar aan te kyk soos ‘n honger leeu na ‘n rooibok kyk.

“Spring in die donnerse water Muggie!” blaf hy en swem weg.

Muggie kyk hom agterna met ‘n frons. Vandat hy terug gekom het is hy nie meer dieselfde nie. Hy wou haar nie ‘n drukkie gee toe hy terug gekom het nie, hy hou altyd vir Toby of Muis tussen hulle asof hy bang is sy vat aan hom en daardie kyk in sy oë vandag lyk asof sy hom aanstoot gegee het. Dis daardie wulpse meisie Ronnie wat saam hom in die verkenners is en in sy groep uit was die laaste ses maande. Hy het seker vir haar geval en dinge gedoen met haar. Nou is sy klein meisie maatjie Muggie sommer net ‘n verspotte dogtertjie wat hy mooi moet vertel hy is nou te groot om haar maat te wees. Die gedagte laat trane in Muggie se oë opskiet. Sy vee dit kwaad weg want dis presies wat ‘n dogtertjie sal doen, huil!Sy trek vinnig haar klere aan, gryp haar rugsak en begin terug stap. Sy sal dit maklik maak vir Jakkels, sy sal sommer ophou vriende wees met hom  dan hoef hy en Ronnie nie agter haar rug te lag nie. Hoe verder sy van die waterval af stap, hoe harder huil sy. Sy sal haar huil uit huil voor sy by die huis kom en dan kan Jakob de Beer  in sy dinges in vlieg vir al wat sy omgee. Toby kom agterna gehardloop soos sy gewoonte maar is. Muggie gryp ‘n klip en slinger dit na Toby

“Voetsek jou simpel hond!” Die klip mis arme Toby net-net en hy hol vinnig terug na waar Jakkels se rugsak staan. Dis nou nie meer hulle hond nie, Jakkels kan hom maar vat. Hy luister anyway nooit vir haar nie.

 

Jakkels haal diep asem en begin terug swem na waar Muggie is. Hy voel seker dat die water nie meer kook om hom nie en hopenlik is sy al in die water. Hy is ‘n man, nie ‘n seun nie en hy moet sy drange kan beheer. Hy sal vir Muggie moet jammer sê oor hoe hy met haar gepraat het. Toby sit op een van die klippe die bos in en staar maar Muggie is nêrens te sien nie. Nou suis die bloed in sy ore en die keer ken hy die gevoel goed, dis van skrik. Laas week het hulle Hyenas anderkant die berg gekry en nou is Muggie weg. Wat van as hulle haar gegryp het. Nee, want dan so jou rugsak ook weg wees  fluister sy logika. Dan beteken dit sy het self geloop, alleen! Sy moes agtergekom het wat hy dink. Sy kon seker deur die helder wat sien wat hy dink. Hy is onmiddelik kwaad vir homself maar ook vir haar dat sy sommer net sal loop. Dis onveilig om alleen te loop, maar sy voel ook nie veilig by jou nie spring die gedagte na voor en Jakkels se kwaad syfer uit hom en los net die bitter hartseer dat hierdie die einde van sy vriendskap met  Muggie kan wees. Sy het hom vertrou met haar onskuld en hy het na haar gekyk net soos enige ander vrot mansmens sal. Hy moes haar ridder wees en haar beskerm en daar gaan hy en slaan tent op. Hy klim uit die water, laat sak sy kop in sy hande en begin huil. Toby kom sit styf teen hom maar vandag sal niks hom kan troos. Hy het homself nog nooit so gehaat nie. Sy pa was reg, hy is ‘n stuk gemors nes die res van hulle siek famielie want as hy nie was nie dan sou Ronnie se kaalgat flirtasie so paar maande terug iets aan hom gedoen het maar dit het nie. Niks het onder die broek geroer of in die brein maar nou kom sy maatjie net om te swem en hy ontplof amper. Hy is soos die res van die de Beers, ‘n gevaar vir jong meisiekinders. Hy sal moet weggaan uit die volk voor hy dieselfde doen as sy ooms. Voor hy dalk vir Muggie seermaak.

 

Die son sit nou op ‘n snaakse plek besef Muggie toe sy haar kop oplig en uit haar droomwêreld kom. Iewers tussen die trane in haar oë en die baklei in haar kop, het sy die afdraai terug huistoe gemis. Skielik word dit donker en ‘n brul uit die wolke rol oor die berg.

“O nee. Jou stupid Muggie Simpel.” fluister sy vir haarself en begin hardloop. As jy in die berg vasgevang word wanneer ‘n storm van anderkant die koppies kom, kry hulle gewoonlik net jou koue nat lyk iewers teen die hange. Die storm wat haar jaag en die pad huistoe wat haar ontwyk veroorsaak dat Muggie paniekerig raak en nie mooi dink nie. Nou hardloop sy net soos ‘n skaap wat vir ‘n leeu weghardloop. Haar voete koek oor mekaar en voor Muggie kan keer tuimel sy soos ‘n bal teen die berg af. Een oomblik probeer sy nog keer, die volgende oomblik is alles swart.  Die klap van weerlig en die stort reën laat Muggie vinnig regop sit. Sy inspekteer gou haarself om te sien of iets gebreek is of erg bloei en vind niks behalwe skraapmerke en stukkende klere. Sy kyk rond en probeer vasstel waar sy is maar die gedeelte van die berg ken sy nie. Muggie begin weer huil maar die keer van bangheid. Sy is in ‘n storm vasgevang en sy het heeltemal verdwaal.

Jakkels loop kop onderstebo die dorp binne. Hy sal eers vir Muggie gaan jammer sê, dan by die Kaptein gaan hoor of hy nie by die hardebarde kan inkom nie. Perfek vir iemand wat nie naby mense behoort te wees nie.

“Jakob!” dis Muggie se pa wat vinnig nader gedraf kom. Jakkels vermoed hy gaan nou die pakslae van sy lewe kry. Muggie het seker haar pa alles gaan vertel en die van wat hy dra sal die res vertel. Bliksemstrale klap bo sy kop en die eerste druppels begin om hom neer plof. Muggie se pa kyk om hom rond en gryp hom dan aan die skouers. 

“Oom, wat is fout?”vra Jakkels. Hy kan sien die man is nie kwaad nie maar bekommerd.

“Is jy ongedeerd? Waar is Muggie?” vra hy en gee jakkels nog een kyk op en af.

“Ek is fine Oom. Muggie het vooruit geloop huis toe.” Jakkals laat sak sy kop weer om die skaam weg te steek.

“Sy is nie hier nie!”bulder haar pa oor jakkels se kop en begin verward rond kyk soos een wat soek na hulp. Hy gryp Jakkels aan die skouers en skud hom so hard dat sy tande klap.

“Jakob, sy is nie terug nie en hardebarde het kontak gemaak met Hyenas net hier bo in die berg. Hoekom het jy nie gekyk waar loop sy nie?!”

Jakkels kyk op en wat hy in die sien is nie ‘n pa wat kwaad is nie maar ‘n pa wat vrees vir sy kind se veiligheid. Jakkels ruk los en begin hardloop.

“Jakob! Waarheen gaan jy?!” roep Muggie se pa

“Ek gaan ‘n ridder wees Oom.”roep hy terug oor sy skouer. As hy vinnig genoeg by sy bugout sak kan kom sal hy voor die storm op die berg kan wees. As iets met Muggie gebeur sal dit op sy bord lê en hy sal elke bitter happie eet.

 

Jakkels trek sy kniee onder sy ken in en begin homself sus. Sê nou maar hy is soos oom Hennie. Hy begin bietjie vinniger wieg terwyl die onthou voor sy oë rondswem. Dit was so goed soos gister wat hy en sy pa vir Hennie die woud in gevat het. Hy wou dit nie doen nie, hy het van Hennie gehou met al sy grappies en snaakse sêgoed maar sy pa het gesê dis sy plig om die famielie te beskerm. Hulle almal sou verban word as Hennie se sondes moes uitkom. Jakkels kon nie verstaan wat die probleem was nie. Ja Hennie het baie gedrink en min gewerk maar hy was ‘n goeie ou. Sy pa het Hennie agter aan sy nek beet gehad en in die ander hand was sy geweer.

“Ouboet, wees nou redelik man. Wat wil jy met daardie geweer doen? Dink jy niemand sal my mis?” So het Hennie aan en aan gegaan terwyl die woud hulle ingesluk het.  Jakkels se pa stop so skielik dat hy in hom vasloop maar sy pa kyk nie eers vir hom.

“Kniel Hennie” beveel hy in ‘n stem wat Jakkels nog nooit gehoor het nie en hy kan die hartjies op sy nek voel regop staan.

Hennie begin pleit en prewel en mooi praat en al wat Jakkals wil doen is weghardloop. Hy wil die bos in verdwyn en maak asof hierdie ding nooit gebeur het nie.

“Erken wat jy gedoen het Hennie.”

“Ek het niks gedoen nie Ouboet. Ja ek suip baie maar wie hou nou nie van ‘n lekker kuier nie. Onthou jy toe jy ook dit gedoen het.”

“Ek het nooit gedoen wat jy nou gedoen het nie!”bulder Jakkels se pa en slaan Hennie met die kolf van die geweer. Jakkels knyp sy oë toe maar hy kan die klap van bene hoor.

“Erken wat jy gedoen het!” skree sy pa en lig die kolf weer

“Stop! Stop! Wag nou. Ek sal praat. Ek sal alles praat.”pleit Hennie met sy hande voor sy gesig om die volgende hou te keer.

“Ek het dit gedoen. Ek het daardie meisies bygekom. Klein flirts wat hulle is. Glad nie so onskuldig soos jy dink nie. Ek is ook maar net ‘n man. Mens sê nie nee vir lekker kos as jy vrek van die honger nie”sê Hennie en lek sy lippe kort-kort nat. Die kyk in sy oë laat Jakkels effen terug staan. Sy pa trek sy asem skerp in.

“Meisies, Hennie? Daar was meer as een?”vra hy met ‘n stem wat bewe

“Ja.”

“Hoeveel?”

“Ek weet nie. Ek het baie rond getrek toe ek jonger was soos jy kan onthou. Elke dag een, soms meer.”sê Hennie en kyk nie op. Jakkels voel die trane oor sy wange rol. Sy oom is ‘n monster.

“Onse Vader Hennie, jy is van die duiwel. Hulle is onskuldige meisies, KINDERS!”skree sy pa en slaan Hennie so hard dat Jakkels dink hy is dood. Jakkals se pa vee kort-kort met die sakdoek oor sy gesig, ‘n gebaar wat Jakkels goed ken. Jy sien hom dit doen net voor hy sy humeur verloor en jy ‘n pakslae kry dat jy vir dae nie kan sit. Hennie stop op en spoeg bloed op die grond.

“Ouboet, moenie hierdie ding doen nie. Ek kan ophou met dit. Ek doen dit baie minder vandat ek hier bly. Ek kan verander, as jy my net help.”pleit Hennie weer en begin huil.

Toe Jakkels se pa praat, probeer hy nie eers sy trane keer. Sy stem bewe en breek en Jakkels snik kliphard.

“Nee Hennie, jy kan nie regkom nie. Jy is siek en jy is gevaarlik. Hoeveel klein dogtertjies se onskuld het jy nie gevat, hoeveel keer het jy nie na my eie kinders met lus in jou oë gekyk…”

Skielik druk sy pa die geweer teen Hennie se kop en bulder dat die aarde bewe

“My kinders! Het jy aan een van my kinders gevat?!”

“NEE!! NEE!! Ek sweer ek het. Ek het nie ek sweer!! Ek sal nooit. Ek het nooit. Vra maar ek sweer!!”

Sy pa laat sak die geweer effens en sug. Dan lig hy hom weer

“Hennie de Beer, jy is nie net ‘n skande vir die famielie nie maar ook ‘n gevaar vir elke kind in ons volk. Jy het talle onskuldige lewens verwoes. As ‘n hond byt dan maak jy sy ketting korter, maar as daardie hond byt want hy het hondsdolheid dan skiet jy vir hom. Jy Hennie, is hondsdol met jou satanslus vir klein meisies. Jy is walglik en dit pyn my om jou my broer te noem. “

Jakkels se pa haal die geweer oor

“Enige laaste woorde?” vra hy koud

“Nee. Ek is reg.”antwoord Hennie kalm. ‘n Man wat sy lot aanvaar het. Hy maak sy oë toe en begin die Onse Vader sê. Jakkels huil nou kliphard en laat sak sy kop.

Die skoot klap soos weerlig en weergalm deur die woud.

Jakkals lig sy kop op en kyk rond of iemand hom dalk kan sien maar daar is nie ‘n siel in sig. Hy moet weg bly van Muggie af want sy pa het gesê sy oom se peuter-siekte is ‘n familie ding, oupa was ook so. Sy is sestien en hy is aan die verkeerde kant van een-en-twinting.  Vandag is hy verlief op haar, môre dan is die volgende een dalk jonger en so gaan dit aan tot jy in die woud kniel met ‘n geweer teen jou kop. ‘n Plan skiet sy kop binne en voor alles mooi deurgedink is, staan Jakkels met sy tas gepak en kyk vir oulaas oor die dorp. Hy bind die briefie aan Toby se halsbandjie vas en druk die harige lyfie nog een keer teen hom vas.

“Huistoe Toby, gaan soek Muggie, soek vir Muggie Toby, huistoe!” En daar laat spaander die brak die stof straat af.

“Koebaai Toby”

Jakkels loop kop onderstebo die dorp uit. Hy sal by die Kaptein gaan hoor of hy nie by die hardebarde kan inkom nie. Perfek vir iemand wat nie naby mense behoort te wees nie.

“Jakob!” dis Muggie se pa wat vinnig nader gedraf kom. Jakkels vermoed hy gaan nou die pakslae van sy lewe kry. Muggie het seker haar pa alles gaan vertel en die van wat hy dra sal die res vertel. Bliksemstrale klap bo sy kop en die eerste druppels begin om hom neer plof. Muggie se pa kyk om hom rond en gryp hom dan aan die skouers. 

“Oom, wat is fout?”vra Jakkels. Hy kan sien die man is nie kwaad nie maar bekommerd.

“Is jy ongedeerd? Waar is Muggie?” vra hy en gee jakkels nog een kyk op en af.

“Ek is fine Oom. Muggie het vooruit geloop huis toe.” Jakkals laat sak sy kop weer om die skaam weg te steek.

“Sy is nie hier nie!”bulder haar pa oor jakkels se kop en begin verward rond kyk soos een wat soek na hulp. Hy gryp Jakkels aan die skouers en skud hom so hard dat sy tande klap.

“Jakob, sy is nie terug nie en hardebarde het kontak gemaak met Hyenas net hier bo in die berg. Hoekom het jy nie gekyk waar loop sy nie?!”

Jakkels kyk op en wat hy in die sien is nie ‘n pa wat kwaad is nie maar ‘n pa wat vrees vir sy kind se veiligheid. Jakkels ruk los en begin hardloop.

“Jakob! Waarheen gaan jy?!” roep Muggie se pa

“Ek gaan ‘n ridder wees Oom.”roep hy terug oor sy skouer. As hy vinnig genoeg by sy bugout sak kan kom sal hy voor die storm op die berg kan wees. As iets met Muggie gebeur sal dit op sy bord lê en hy sal elke bitter happie eet.

Hoop julle het lekker gelees en nie te veel gegril vir die taal foute. Ek oefen nog. Dankie dat julle kom lees het. Dis darem amper weer naweek.

Die Wit Hasie

 

Advertisements

5 responses to “Storiemaker werk so bietjie

  1. Altyd as ek jou blogskryfsels lees, dink ek: diewithasie moet stories skryf. Jy het ‘n vars kyk op die wêreld, goeie waarnemingsvermoë en ‘n soort oerwysheid wat my bietjie aan Dalene Matthee herinner. So bly om te hoor jy is ‘n storie aan die pleeg. Sterkte!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s