Eensaam wil nie regtig praatsaam nie

Wie van julle het al Alone gekyk? Wel, dis ‘n series waar 10 mense een vir een in ‘n woud afgelaai word en so lank as moontlik moet oorleef vir $500 000.00. Jy kry ‘n foontjie met ‘n knoppie wat jy druk as jy wil “tap out” en daar is niemand anders daar behalwe jy, jou survival kit en jou kamera. Jy moet uit hou tot heel laaste om die geld te wen maar jy gaan nie weet jy is die laaste ou tot hulle jou kom haal nie want jy is…ALONE. Ek het al 2 seisoene gekyk en wat elke keer hierdie mans en vrouens vang is nie hoe honger hulle is nie maar hoe eensaam hulle is. Dis net jy en daardie woud en natuurlik jou kamera met wie jy praat. (Let wel, daar is niemand agter daardie kamera nie) Almal van hulle bou goeie huisies om in te bly, kom reg met vuurmaak en kos vang maar hulle huil gereeld oor hoe baie hulle die mense by die huis mis en druk dan daardie knoppie. Die ander dag kyk ons weer hoe een van ons “picked to win it” ouens die knoppie druk want hy is besig om mal te word (het jy al ooit gesien hoe lyk dit? Om elke episode te sit en kyk hoe iemand regtig hulle shit verloor?) Manlief draai na my en sê “Jy sal dit kan doen. Jy praat al klaar net met ‘n “kamera” hier, so jy is gewoont aan alleen wees.” En hy is ongelukkig reg.

Mens dink dat omdat jy skype, facebook, whatsapp, sms, email, twitter ens het jy “connected” is met mense en nie alleen is nie. Bullshit! Van die begin van September af, sien ek net drie mense in lewende lywe. Die ou in die tuin, die een in die huis en Manlief. Nie een van hierdie drie is mense wat veel praat nie. Ek probeer my bes om met almal in SA te praat maar mense is baie sleg met digitale komminukasie. Om eerlik te wees, as ek nog een keer moet hoor hoe “besig” iemand is, raak ek besig in my broek. Want niks in hierdie lewe laat jou besef hoe onbelangrik jy vir mense is, tot JY nie die een is wat eerste kontak maak. Dan sien jy hoe min mense met jou wil praat. Ek het dalk een persoon wat my vra en regtig wil weet hoe gaan dit met my. Ek skryf dan maar ‘n blog post om darem net te gesels en die hartseerste is dat die mense wat comment op die blog meer met my gesels as die mense wat ek persoonlik ken. How fucking sad is that?

Ek sit heeldag in hierdie huis, ek het van die begin van September die erf net drie keer verlaat en dit was om na ‘n “growth point” te ry sodat ons planke vir die dak kon koop. Daar het ek ook in die kar gesit want die kleintjies wat jou kom aanstaar asof jy ‘n sirkus dier is, freak my uit. Ja sure ek kan met Manlief praat maar mans het ook moods en as die werkdruk te veel word dan word hy stil. Dis eintlik vir my ‘n helse skok om te besef hoe isolated ek regtig is ten opsigte van kontak met mense en tog het ek dit nie besef tot Manlief dit gesê het nie. Want ek is gelukkig. Glo dit of nie maar ek hou van hoe dinge nou is. Daar was lanklaas in my lewe so baie vrede, so baie drama vrye dae soos nou. Desember moet ons afgaan na die familie en ek gaan so bietjie vir bietjie dood want ek is nie reg om tussen soveel mense te wees nie. Ek wil nie smile omdat ek moet, wil nie maak of ek omgee as ek regtig nie doen nie, wil nie oor kak sit en praat want ons het niks beter om te doen nie. Ek sal veel eerder iewers in die bos wil gaan sit en werk aan my stories.

Nou verstaan ek hoekom mense alles verkoop en ‘n hout huisie iewers in Alaska gaan bly.download (10).jpg Because to human and to adult is hard work. Is ek besig om ‘n hermit te word of is dit nou ‘n hobbit?

Die Wit Hasie

Advertisements

9 responses to “Eensaam wil nie regtig praatsaam nie

  1. Mens raak in jouself gekeer as jy alleen is (ek het darem my bedorwe ou man en my dogter hier), maar ek word sommer vies as ek ‘n vakansieganger op “ons” strand sien! 😀 Nou moet ek byvoeg – ek het dekaders lank tussen honderde mense gewerk, elke dag, en ek het so bietjie suur begin raak vir daardie soort lewe. Jy moet geniet wat vir jou reg en lekker voel.

    Like

  2. Ek hou ok van alleewees, nou is ek en Vroukie 24/7 na ons aftrede. Ek se vir mense dis vir my nogal ‘n aanpassing, Vroukie se nee, nie vir haar nie. Ja se ek, dis oor ek ‘n nicer mens is as jy om by te wees.

    Liked by 1 person

  3. Sjoe ek kyk ook gereeld Alone … maar ek weet verseker dit is nie iets wat ek ooit sal kan doen nie. Die uur wat ek alleen bad is soms vir my te lank ! As enkel kind het ek verskeie denkbeeldige maatjies gehad – dis vir my baie erg dat hulle verdwyn het toe ek groter word … want ek hou net mooi niks van alleen wees nie 🙂

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s