Ninja Skaap is back!

Die klein donner is gesond en hy maak my gedaan. Ons dierbare ninja skaap het geleer hoe om ‘n tou los te maak sodat hy plekke kan gaan waar skaapies nie mag wees nie. Soos om in die aapie se hok te gaan sodat hy die klein boompies kan opvreet wat ek troetel en vreeslik mooi oppas. Dan gaan staan hy by die venster wat in die hok is en blêr vir my tot ek kom kyk waar hy is. Natuurlik kry ek ‘n aanval van bedonnerdheid en nog voor ek by die deur uit is, hol daardie skaap asof hy Wayde van Niekerk is. Vandag het ek daardie tou soos ‘n girl scout geknoop en wat doen skaap….staan die hele tyd voor die toe hek en moan. Regtig! Dis nie asof die asshole ‘n hele grasperk voor het wat hy kan opvreet nie. O NEE, hy wil agter verby die ashoop loop om by my boompies te kom en natuurlik al die ou droë blare wat daar lê. Kan jy glo, hy sal die grasperk opgee vir die ou blare. Ek dink sy ma het hom weggooi omdat hy nie lekker in die kop is nie.

Ons het ook al wat ‘n plant is uit die tuin gehaal al was ek nie seker of hy al ooit aan hulle gekou het nie. Nou lyk my tuin leeg en die bietjie plantjies wat oor is…die vreet Skaapie.Hy het ook ‘n nuwe taktiek vir in die huis in kom want hy weet nou hy mag nie. Skaapie reverse nou in want as sy kop buite is, dan is HY mos buite so wat is die probleem of hy hardloop gou in, poop voor Manlief se bank en dan sneak hy gou uit voor iemand hom sien. Kyk, ek is baie bly ons ou skaapie het sy siekte oorleef maar dis asof hy probeer opmaak vir al die weke wat hy ons nie kak gegee het nie. Vanoggend het hy my hele broodjie opgevreet. Net my eie skuld maar ek is so kwaad vir hom dat ek vloek soos ‘n matroos vandag. Ek het net vinnig opgestaan om water te kry saam die broodjie en het die bord nie op die groot tafel gesit nie maar sommer op die koffie tafel gelos. Ons leef area is oopplan en toe ek die yskas toemaak en opkyk…sien ek daar laat spat skaap met die broodjie. Raai wie sit by die deur en wag vir hom… Jess die hond. Hy kry een sny en sy vreet die ander sny. Moenie vir my vertel diere is dommer as mense nie want die klomp sit vir my ore aan!

Liewe Katta wat die ander dag nog by Skoonpa gaan kuier het om met sy kat te baklei, is nou vriendie met daardie kat. Hy het Donderdag daar gaan kuier en eers Saterdag weer huis toe gekom. Dit lyk my hy wip hom vir ons en gaan kuier dan vir “oupa” en sy kat. Waaroor sal ‘n kat hom wip? Die nuwe net wat oor die bed hang om bloeddorstige goggas weg te hou. Hy kan nou nie meer op SY bed nie, boelie dan vir Jess uit hare en dan lê sy heel aand en knor vir hom. Dus kry altwee raas en jy durf nie raas met Katta nie, dis “beneath him” en daar gaan hy “oupa” toe. Nou, terwyl ek hierdie stukkie tik wonder ek hoe verveeld moet ek wees dat dit die goed is wat ek raak sien? Of is dit ‘n teken dat ek ‘n storie in alles sien?

Die Wit Hasie

Advertisements

10 responses to “Ninja Skaap is back!

  1. Nou net gekla oor die horrel negatiewe koerant. Soos Sarie of Rooi Rose kom met sulke saampeltjies mooimaakmuti, moet die krant kom met twee Rennies voorop geplak. Toe kom jaag ene skapie ‘n wit hasie op en ek lag my besimpeld. Tot mense in die coffee shop my skuins aankyk. Was daar iets meer in my koffie? Nee. Dalk net hasipipi vir al wat jy weet. Bietjie gestook onder ‘n kremetart. Maar toe dink ek mos hoe om jou boompies te red. Nie dat ek een van die Tree Taliban is nie. Maar skapies wat genooi word vir ‘n braai vreet nie weer allerhande onwettighede nie. 😁😇

    Like

  2. Ek lees baie lekker aan hierdie huishoudelike moleste by jou–jy vertel so loslittig daarvan, g’n niks geaansittery met goot woorde en hoge taal nie. Ek laaik dit kwaai! Ek hoop rerig nie ou Skaapie word eendag opgetjop nie!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s