Hoe om nie lui te wees nie…

images (9).jpg

I don’t know! Om lui te wees is soos griep wat jou nie wil los nie, dis rugpyn wat nie wil weg gaan, dis ‘n kopseer wat nie skrik vir disprin. Ek is al siek en sat vir dit. Elke dag moet ek hard met myself praat om op te staan, iets te doen (enige iets behalwe sit en staar in die verte in) en selfs om te skryf is harde werk. As ek eers aan die gang is dan gaan dit goed, ek verf die swembad van 8 tot 4 met net 15min “lunch” en ek geniet elke oomblik. Maar dit voel of ek ‘n berg moet klim net om te begin met iets. Selfs om die blog te doen is vir my harde werk maar dis deel van die terapie om hierdie ketting om my nek los te kry.

Ek het gelees dat as jy enige iets vir meer as 3 maande doen dan word dit ‘n gewoonte, deel van jou roetine en die blog is darem amper 3 maande aan die gang. Ander dinge soos om die botter te bêre wat buite staan, die stoof skoon maak of die bed op maak is vir ander mense net nog iets wat hulle doen maar ek moet baklei met myself om dit te doen, om te ONTHOU om dit te doen. Om eerlik te wees…ek is al moeg. Ek is moeg vir myself en vir hierdie monster in my brein wat nie uit my pad wil kom nie, wat my terug hou al my hele lewe lank en ek weet nie how to slay the monster nie.

Vandag het ek opgestaan, gestort, netjies aan getrek, die post geskryf en Skaapie buite gaan rond jaag al smeek die monster my om terug in die bed te klim. Today I drew my sword at least, maybe tomorrow I’ll swing it.

Hoe om nie lui te wees nie….STAAN OP.

Die Wit Hasie

Advertisements

8 responses to “Hoe om nie lui te wees nie…

  1. Ek moet myselwers ook maar onder die jack skop om so ver te kom om simpel takies te doen. Ek haat dit om ge-commit te wees, bv more-oggend agt uur moet ek dit of dat. Miskien het dit te doen met losklong wees na my aftrede en ontsnapping uit die kettings van “moet”.

    Like

  2. DIe ergste van hierdie NIE lui wees storie is dat `n mens partykeer SOVEEL dinge het om te doen dat jy blêrrie niks doen nie. Ek het so rukkie terug – seker `n maand of wat geblog oor my filing wat ek HAAT – wel die 1x Checkersak slippies is nou al 2x. Ek wil sommer huil! So ja, ek voel jou pyn – en ek is waaragtig nie skaam om te sê dat ek `n lui mens is nie. (Net bly om te hoor dat daar darem nog so paar op hierdie aarde is 😉

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s