‘n Storie oor drink

1129852-The-after-effects-of-black-Sambuca-0.jpg

Ek wonder of drank jou PTSD kan gee. Ek het, omdat ek haastig was, die verkeerde Listerine mouthwash gekoop. Mense, dit proe en voel asof jy elke oggend jou mond met sambuca uitspoel. En dis dan wanneer die “flash backs” gebeur. Soos iets uit ‘n horror movie onthou ek dae (nou lank verby) toe daar gedans is asof ek kan (ek kan nie), geflirt word asof ek dead sexy is (jy kan nie flirt as jou tong sleep nie by the way) en ek my nommer vir cute outjies gegee het (ek dink nie hulle was ooit cute nie, nie eers as babas nie) en laaste maar nie die minste…jou intieme verhouding met die loo. Jis, dan spoeg ek daardie mouthwash uit en kyk na die tannie in die spieël en dink….. Hoe is ek nie poer in my moer met al die stront wat ek aangejaag het nie?

As ek nie so suining was nie, het ek daardie mouthwash in die asblik gegooi en myself probeer oortuig dat die flash backs nooit gebeur het nie. Ek het ‘n girl geken wat altyd gesê het “No photo, no video, no proof. So it didn’t happen.” Sy was ook die een wat gesê het dat as jy die volgende oggend wakker word na ‘n kuier, is die vorrige aand met tippix toe geverf en soos die dag aangaan skilfer die tippex af en jy begin stukkie vir stukkie jou aand onthou. Soms bly die tippex op seker gedeeltes (gewoonlik brandy en coke aande vir my) en dis goed so. Jy staan voor die wasbak, bewe soos ‘n ding wat gif in het en lyk soos ‘n R50 hoer wat haar fix moet kry…..en jy wonder. Jy wonder oor die blou kolle op jou arm en jou knieg wat so geswel is…tippix kom los en daar sien jy jouself die trappie mis “dis die blêrrie skoene van my”. Jy wonder oor die vreemde nommer op jou foon en dan kom die tippex los…Kallie die grease monkey wat jou op ‘n date wil vat maar jy is amper seker die rumor in die dorp is dat Kallie sy sussie date. Jy gaan sit maar onder die wasbak en wonder hoe jy ooit jou naam gaan herstel want die lê in die hoekie van die stort en prewel oor en oor “the things I’ve seen can never be unseen. What has been done cannot be undone.”

Dis nou al ‘n goeie vier jaar terug en ek is verseker nie meer dieselfde mens nie maar elke keer as ek daardie mouthwash in my mond het en ek kyk op….dan loer daardie wit gesig met die gesmeerde maskara en bloed rooi oogies oor my skouer en fluister met ‘n sleep tong “He…he…het tjy al daaa…rie smart naam van jou gekry?” en dan lag sy klip hard met haar mond oop dat jy die kleur van die blou shooters nog op haar tong kan sien. Ek kry so koue rilling net om aan dit te dink. Nee, ek het nie my naam terug gekry nie. Ek het vir my ‘n nuwe een gemaak. Ek is nou die VROU wat skryf, blog en die lekkerste kerrie en rys maak. Ek is iemand se vrou en flippen good at it. Ek is die vrou wat altyd vir die mense agter die tille sal glimlag, asseblief en dankie sal sê en vir die ou tannie agter my se brood sal betaal. Daardie girl wat so lekker gekuier het, sy is dood. Sy en alles wat onder daardie naam gebeur het. As ek ooit iemand moet hoor vir jonges sê “Jy’s jonk, jy moet kuier en jou lewe geniet.” I will punch you in the face. Jy is dalk nou jonk maar jy gaan nie veraltyd wees nie en dan sit jy met alles wat jy gedoen het toe jy jonk was. Ongelukkige vir sommige….gaan jy nooit die kans kry om oud te word nie. Jy gaan stupid wees en dink jy kan bestuur of dat jy die ver pad huis toe kan vat en al wat by die huis gaan aankom…is die polisie om nuus vir jou mense te bring.

Screw it. The mouthwash must go, ek gee nie om hoe duur dit was nie.

Die Wit Hasie

Advertisements

5 responses to “‘n Storie oor drink

  1. Ek’s met jou oor daardie tip-ex wat so afdop. Daars nie kiekies nie, ek loop deesdae in ‘n kamer in en kan nie onthou wat ek daar soek nie – maar ek ken ál die woorde van ‘Bat out of Hell’ en gil kliphard un die kar as dit op die radio skree. Dan kyk ek my kinners se verskrikking en dan dop die tip-ex af…. daai gesig gesien op die man wat ek later raakgetrou het 😂

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s