Skaap vang is nie maklik

Satan Skaap! Ek is al moeg gehardloop want die donner is nou al vinnig. Hy is seker die heel stoutste dier wat ek al ontmoet het en hy maak dat ek skaap choppies wil eet (ek hou nie van skaapvleis nie) Skaapie is ‘n roker. Dit het onskuldig begin toe hy geproe het wat is in die asbakkie en is nou so erg dat as ek net in die kombuis is en Manlief staan op om iets vir my aan te gee uit die sitkamer….is Skaap in, hap ‘n mond vol stompies en hardloop soos Flash by die deur uit. Dis regtig so vinnig dat net sy pee druppels op die vloer gee weg dat hy in die huis was.(Skaapie het ‘n blaas probleem vandat ons hom het en loop heeltyd en drip. Net ‘n FYI)

Die asbakkies word toe hoër gesit maar Skaap se addiction het geen einde. Nou steel hy die pakkies of gryp sommer die lee boksies. Enige iets om sy fix te kry. Gister vang ek hom red handed (of is dit nou red hooved?) en ek flippen snap. Genoeg is genoeg man, vandag voeter ek vir jou dat jy dit nooit vergeet! En ek storm op daardie skaap af met moord in my hart. Natuurlik gaan ou Flash homself nie so maklik laat vang nie en so vinnig as wat hy vastrap plek op die gladde vloer kan kry, skiet hy uit die blokke en hardloop ‘n 100m wat rekords sal breek. Maar my kwaad is goeie petrol en die keer sit ek hom agterna. Verstaan mooi dat ek besef hoe STUPID dit moet lyk. ‘n Skaap wat hardloop met ‘n flabby wit vrou agterna wat die koördinasie van ‘n kleuter het. Dat ek nie gesig eerste die grasperk geploeg het nie, is ‘n wonderwerk.

Miltsteek het uiteindelik gewen. Uitasem en krippel gaan sit ek op die stoep se trappie en probeer my volgende move beplan. Ek gaan ‘n “sting operation” doen, aspris die stompies daar op die koffietafel los en iewers weg kruip en….. Iemand eet my hare. Ek loer oor my skouer en kyk in ‘n groot bruin oog vas. Hy los my hare en soen-soen oor my wang soos wanneer ‘n perd suiker uit jou hand eet. Dan sit hy sy kop op my skouer en SUG! Jess kom uit haar swembad en kom sit met haar nat gat teen my been. Sy dink as ek Skaap jaag dan moet sy saam hardloop maar dan raak sy mal en hardloop sommer in sirkels. Ek het al amper my nek gebreek agv haar wat onder my voete beland. Daar sit/staan ons drie en staar die verte in. Skaap met kop op my skouer, Jess wat snork by my voete en die twee katta het ons ook gejoin om te sien waaroor gaan alles.

“We have fun you and I, don’t we Skaap” sê ek vir hom en kry weer ‘n soentjie-soentjie. Ons is ‘n baie weird trop.

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “Skaap vang is nie maklik

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s