3 Maande oud

Ja kan jy glo, Die Wit Hasie blog al 3 maande lank en niemand het al gekla nie. ‘n 114 Followers is nie baie nie as ek kyk na van die power house blogs op wordpress maar dis ‘n 114 mense wat wil lees wat ek skryf. Ek is baie dankbaar. Hierdie blog is een van die beste idees wat ek al ooit gehad het (dit en flirt met Manlief die eerste keer wat ek hom gesien het). My skryfwerk het soveel verbeter en om eerlik te wees, ek ook. Ek is so klein bietjie verslaaf aan van julle se blogs en spandeer heeltemal te veel tyd daar maar who can blame me, hier gesels ons dinge aan die brand in Afrikaans en daar is geen filter. Waar kry mens deesdae nog so iets?

Dankie vir elkeen wat kom inloer elke dag en vir die wat saam gesels. Vandag het ons bietjie Harare toe gegaan en alles wat lekker is gaan eet. Ek is behoorlik rond hier waar ek sit maar ek het ook ‘n klomp nuwe idees vir posts gekry. Ek hoop ook om ‘n paar kort verhale met julle te deel maar ek werk nog aan my moed. Hopenlik gaan julle nog lekker lees en lekker lag saam Die Wit Hasie.

3 Maande oud….ek dink om te blog is nou amptelik ‘n gewoonte soos ‘n koppie koffie in die oggend.

Die Wit Hasie

images

Advertisements

4 responses to “3 Maande oud

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s