Wanneer om agter die skuilnaam uit te kom?

14590438_1139783422742347_1129266011984792671_n

Dis ‘n vraag wat ek mee stoei vir weke. Ek het oorspronklik onder ‘n skuilnaam geskryf sodat ek eers die water kon toets en sien of mense my goed sal lees as hulle nie weet wie ek is nie. Dit was ‘n sukses. Toe het ek agter die skuilnaam gebly want net soos ek met ander bloggers ‘n prentjie in my kop het oor wie hulle is, net so het almal wat hier kom lees ook een. Wat van as die ware prentjie alles bederf? Ek het nou al ‘n paar keer gehoor mense sê dat as jy onder ‘n skuilnaam skryf, jy eintlik weg kruip en nie kan staan by wat jy skryf nie. Die ding is, ek het niks hier gepost wat ek nie met ‘n wild vreemde persoon sal gesels nie. Ek skryf nooit as ek kwaad is, ek skryf nooit oor iemand spesifiek nie en ek skryf nooit oor my en Manlief nie. Daar is niks wat ek nie by sal staan nie. Die ander ding wat my pla is dat ek graag van my stories wil plaas maar iemand kan dit steel want dis nie aan ‘n persoon verbind nie…net ‘n wit hasie. (Nie dat ek dink ek so goed skryf nie)

Ek wonder ook of hard core bloggers my blog ernstig sal opneem omdat dit net ‘n skuilnaam is en daar nie ‘n gesiggie is om saam die stories te gaan nie. So vanaand kom vra ek al die bloggers se raad. Sal jy agter jou skuilnaam uitkom as hierdie jou blog was of is die mystery deel van waarom mense bly terug kom?

Die Wit Hasie

Advertisements

29 responses to “Wanneer om agter die skuilnaam uit te kom?

  1. Luister maar na die “ou” blogger (8jaar). Dis moeilik om jou wêrelde apart te hou, maar baie mense doen dit met sukses. Ek hou egter daarvan om te weet daar’s ‘n regte mens agter die blog. Maar dan kan die trolls jou ook kry.

    Liked by 1 person

  2. Ek persoonlik vind dit baie prettig om iemand anders te wees as vaal ou ekself.My skuilnaam verleen meer ruimte om goed te sê wat ek dalk nie andersins sou sê nie.Alhoewel ek deur die jare geleidelik gevorder het om myself bekend te stel en almal reeds my naam ken,geniet ek steeds om ‘n perdebytjie te wees.
    Deel van die misterie is ons lesers se soeke na die blogger agter die hasie!Doen dit geleidelik,maar bly steeds die hasie.😄

    Liked by 2 people

  3. partykeer is dit goed, ander kere nie. dis lekker (vir iemand wat jou ken) om in jou geestesoog te sien hoe praat jy, en hoe beduie jy, terwyl jy besig is om ‘storie te vertel’. maar aan die ander kant, is dit lekker om unbiased opinies te kry as niemand weet wie jy is nie en jou nie persoonlik kan koppel aan jou stories nie,.

    Liked by 1 person

  4. Weet jy hierdie is `n 50/50 vraag wat jy nou vra….. Ek dink nie daar is `n reg of verkeerd antwoord nie. Ek het al baie hieroor gedink want ek voel eintelik VREK STERK daaroor as jy nie jou naam agter iets kan sit nie:”Glo jy regtig vir wat jy staan?” (So oor die algemeen ignoreer ek enige anonieme briewe MAAR nou die ander kant van die 50 sent muntstuk.) Somtyds het `n mens nodig om die HARDE WAARHEID te praat – maar jy wil nie mense vertrap en vermorsel nie….. Ek was al baie keer in geselskap en dan praat mense oor goed waaroor ek GLAD NIE saamstem nie en gewoonlik stel ek duidelik dat ek nie saamstem nie, maar ander kere is jou stilbly antwoord `n manier van harder praat. Hoe sê die Bybel daar is `n tyd vir alles – somtyds shut-up jy en somtyds nie. (As ek net `n simpel voorbeeld kan noem byvoorbeeld as ek en my vriendinne oor kinders grootmaak praat – waaragtig daar is goed wat my hare laat regop staan MAAR dis nie my plek om iets te sê nie.So as ek nou `n blog gehad het met `n skuilnaam sou ek kon beskryf het oor hoekom elke haartjie regop staan 😉 ) As ek eintelik nou daaraan dink, dink ek jy is eintelik die een wat my bietjie laat dink het, dalk moes ek onder `n skuilnaam geskryf het want jy het dan soveel meer vryheid. Jy kan dinge sê en dan word niemand in die gesig gevat nie….. Hoekom hou jy nie Die Withasie vir daai tipe dinge nie en dan skryf jy onder jou regte naam ook nie? En onthou die misterie van wie en wat jy is maak die mense aanhou lees. I don`t know, net `n voorstel? Dalk jou stories daar deel? Maar nou ja, ek wonder partykeer of ekself nie net onder `n skuilnaam moes geskryf het nie – en dan lag ek vir myself want my ou lewe is waaragtig nie so interressant nie – maar net die vervelige lewe van `n huisvrou 😉 Nou nie dat ek jou enigsins gehelp het nie want ek sit nosteeds tussen die 2x vure!

    Like

    • Ek sal nooit nie die wit hasie wees nie al vertel ek mense my “regte” naam. MY mense weet wie die wit hasie is en volg die blog maar al het hulle nie dink ek steeds twee keer voor ek iets plaas. Jis, dis ‘n moeilike een die

      Liked by 1 person

      • Net so! Jy sal dit nie glo nie ek en my skoonsussie het gister aand bietjie gechat oor die foon… Sy is nou al vir so 4x maande `n huisvrou (3x kiddies en jongste is 4 maande). Ek kon gehoor het sy is gefrustreerd en sê toe vir haar sy moet begin te blog, want dis regtig baie terapeuties. Sy wou haar gat vir my aflag – toe stel ek voor sy moet dit onder `n skuilnaam doen. (Vir niemand sê wie sy is nie en net bietjie van haar frustrasies ontslae raak…… So sy kou bietjie aan daai gedagte.) Geenkgeval, baie sterkte vir jou besluit!

        Liked by 2 people

  5. Party mense se eie name is steeds skuilname. Hulle kom nie uit nie. My skuilnaam bevat steeds die reine waarheid. Maar Wit Hasie is heel okay. Ons kan relate met jou hart, naam is bysaak.

    Like

  6. Ek hou daarvan om gesigloos op die blogs te wees. Ek blog al ‘n klompie jaar en Lewies Mymer het my ander persona geword. Dis nie ‘n kwessie van wegkruip agter ‘n skuilnaam nie. Ek skryf nie wegkruipgoete nie.

    Like

  7. Wit Hasie dis haas jou reg om te besluit om uit die kas te klim al dan nie. En nee ek praat nie van daaaai kas nie. Die verskuilde identiteitskas. Van die begin was my verhale so gekoppel aan wie ek is dat ek nie kan dink dat ek ‘n persona kan aanneem nie of dan my werklike persona kan verskuil agter iets anders as die ou met die welige kuif wat jy op die foto dien nie. Met die dat my vrou nou kanker het maak die oom net vir my maklikder om oor die relitiet daarvan te skryf. Maar dit is ek nie jy nie.

    Like

  8. Terug pieng: Skuilnaam, of nie? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog·

  9. Ek persoonlik hou ook daarvan om onder ‘n skuilnaam te blog. Ek verbeel myself ek hou my blog en my lewe apart. Niemand wat my ken weet dat ek blog nie, en die drie wat wel weet weet nie waar om my blog te kry nie. Ek weet nie hoekom nie. Seker maar oordat dit my “safe space” is waar ek soms rerig dinge skryf wat ek met niemand anders sal deel nie. Dis nie dat ek iets wegsteek nie, ek het net nie altyd die vrymoedigheid om met mense te praat oor dinge wat karring nie. Ek het my blog as deel van my terapie begin in 2010, so natuurlik was daar BAIE donker en seer dinge geskryf, dinge wat ek nie noodwendig met iemand in persoon wil/sal deel nie.

    Maar dis elkeen se keuse.

    Like

    • Ek wou dit ook so doen en glip dit uit onder die naastes dat ek blog. Soms is dit ‘n pyn in die gat want ek sal hoor “jou stukke is so donker, mens kan sien jy is depro” Regtig? Maar ek skryf steeds presies wat ek dink sonder om vieslik te wees. Soms wens ek niemand maar niemand het geweet wie agter die wit haas sit nie maar dis ook lekker dat hulle weet. brag sonder om te brag tipe ding

      Liked by 2 people

  10. Ek het jou deur Toortsie gekry 😉
    Goeie vraag.
    Ek was jare anoniem, maar ek het Facebook vriende geraak met ‘n paar bloggers en toe gebruik ek maar my naam, daar is in elk geval soveel mense met my naam. ‘n Paar vriende weet wie ek is en het in elk geval my naam begin gebruik, toe is die aap ook uit die mou uit.

    Like

    • Ek moet erken, ek hou daarvan om Die Wit Hasie te wees. Die haas is funny en het avonture en is glad nie so boring en vol skandes soos die “regte” naam agter die haas. Of dalk is Die Wit Hasie die regte persoon hier en daardie ander naam is die persona?

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s