Ag Tarzan…weeeee jy*SUG*

006Weet jy, om ‘n nagaapie groot te maak is nie maklik. Ek het geweet toe ons hom na die storm gered het, dat dit ‘n helse berg gaan wees om te klim maar ek het nooit gedink hy gaan soveel nukke hê nie. Kyk, die goedjies is nuuskierig soos geen mens kan wees nie en word vinnig verveeld met hulle omgewing. Ek moet elke aand as hy saam die res van ons trop buite in die groot hok speel, deur sy kamer gaan en orals goedjies wegsteek. Speelgoed, eetgoed en sommer net vreemdegoed wat hy kan gaan soek. Dis elke aand skattejag vir die outjie. En dan kom hy in sy kamer, gaan lê bo op sy laap hokkie soos een iemand wat op ‘n strand ‘n tan vang en kyk na alles wat buite sy kamer venster gebeur. Hy probeer nie eers sy goedjies gaan soek nie. MAAR, laat ek nou een aand versuim om dit te doen en hy jaag die grootste kak aan. Daar is ‘n halwe gat in die dag en ‘n gat wat hy in die muur gemaak het. Orals waar daardie klein handjies kan inpas, grou hy.

Gister koop ek vir hom twee pakkies kat speelgoed, met die hoop dat hy darem van EEN dingetjie sal hou. Ek gooi alles in die kamer en hy lê my net en aan kyk asof ek room service is. Fine, maak wat jy wil. Die meid gaan nou slaap.

2 uur die oggend….en kersvader is in ons huis. Ek kan die klokkies hoor….klokkies….harder en harder en….Ek sit regop in die bed, nou behoorlik uit droomland en ek hoor wraggies nog klokkies. Dis iets vreeslik man. Dit klink of twee van “Santa little helpers” mekaar help! Ek spring op (en hang amper myself met die muskiet net, ek is toe nie mooi wakker nie) en gaan soek daardie verdomde klokkies. Dit vat my ‘n halfuur om hulle te vind want die weergalm deur die huis. Eers klink dit of hulle in die sitkamer is, dan of hulle buite is, dan weer spens se kant en uiteindelik in Tarzan se kamer. Die flippen kat speelgoed het klokkies in en Tarzan vat elke liewe een vir ‘n spin. In die mond is een en in die handjie is een, dan klim hy tot bo by die dak en probeer een in die gat daar stoor, dan weer af grond toe na daardie gat en dan venster toe na die gaas waar hy daar een probeer deur die gaas druk.

Vanoggend lyk dit of ‘n speelgoed winkel ontplof het in sy kamer en hy is so moeg dat hy my nie eers wou groet of sy piesang vat nie. Gedaan gespeel. Ek is ook lekker moeg want ek het die res van die aand na ‘n vorm van jingle bells geluister wat honde sal maak huil. Ons het ‘n baie belangrike les geleer, maak seker die speelgoed wat jy koop raas nie want dis die goed wat kinders (en aapies) die meeste van hou.

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “Ag Tarzan…weeeee jy*SUG*

  1. Speelgoed met squeekers in is menzsebrakke se mees geliefde speelgoed. Soveel so, dat hulle dit MOET kou tot dit stukkend is. Een van menzsebrakke is bietjie OCD hieroor …

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s