Instagram of instaego?

Daar is nie ‘n social media platform waar ek nog nie gaan rond hop het nie. Jy sien, ek mag dalk ‘n hasie wees maar ek dink my “spirit animal” is ‘n nagaapie. Hulle is die heel nuuskierigste diertjies ooit en dis nou presies ek daardie. As my man my siel wil uittrek dan sal hy begin met “My pa vertel my…” en dan opstaan en werk toe gaan. Ek verloor dit. Wel dis hoekom ek op al die social media sites gaan rond hop het. Ek wil sien waaroor gaan die hele storie en die een wat vir my seker die meeste verveel het, was Instagram. Ek was nog nooit so “bored to tears” soos op daardie site nie. Ja, ons almal verstaan dat fotograwe en kunstenaars instagram dieselfde gebruik as wat ons wordpress gebruik om ons kuns met die wêreld te deel. MAAR, wat is die storie met al die selfies dan? Good grief Charlie Brown….dink jy mense weet nie hoe lyk jy nie na die eerste 30 of is jy bang dat jy so baie verander van gister tot vandag?

Dalk is dit omdat ek nie ‘n storie kan “lees” met fotos nie. Ja mense deel op facebook ook hulle fotos maar daar is meer orde. Elke foto het ‘n album en gewoonlik ‘n storie by. Ek gaan op iemand se instragam page en ek het nie ‘n idee wat gaan aan nie. Dis deurmekaar man. Ek weet regtig nie wat die fuss is oor instragram nie en ek is net op Twitter om die “instanuus” te volg. Miskien is dit omdat ek nie van die spotlight op my hou nie, dat Instagram vir my so vreemd soos ‘n ander taal is. Dalk is ek ‘n snob wat meer hou van lees as fotos kyk of DALK….glo ek nie die hele wêreld wil weet hoe lyk my en “Bae” se beste date ooit nie #relationshipgoals #loveforever #ditlaatjoudomlyk!!

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “Instagram of instaego?

  1. Ek geniet IG baie. Maar mens moet ‘n klomp mense met dieselfde belangstellings as jy volg, anders is dit net selfies en soft porn en fotos van skoene op vloere. En jy moet, soos enige sosiale media platform, deelneem en kommentaar lewer. Ek vind ook dit dien as dagboek vir myself. Want ek neem klein (stupid) goed af, maar dis eintlik die lewe, né? Volg my! Haha (randomminutes)

    Like

  2. Dis ‘n lekker manier om jou fotos ordelik te hou, maar ons plaas net natuurtonele en interessante plekke in ons omgewing op Instagram. Maar jy is reg, selfs dan kry ons baie selfies en beachwear wat ons fotos like.

    Like

    • Wat my gek maak is dat ek nie fotos van die rekenaar af kan post nie maar net van my foon af. So alles wat met die kamera geneem word, moet op die pc en dan oor op die foon. ag nee hel, dis net te veel PT. My foon neem nie mooi genoeg fotos nie. Ek dink ek sal insta nog so ‘n 3de kans gee (third times the charm) maar as ek dan nie wen, dan is ek uit

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s