Hallo Frikkie, can we not do this today?

Daar bly ‘n ding in ons huis. Ek noem hom Frikkie. Hy is vet, koud en vol knoppies (basies ‘n tiener pc geek wat nooit sy kamer verlaat). Frikkie bly in ons badkamer maar soms, dan raak hy braaf en hop tot in die spens. Vir die wie se koppie koffie bietjie stadig werk, Frikkie is ‘n padda. Alle paddas is Frikkies in ons huis so wat maak hierdie Frikkie so uniek? Wel, hy is ‘n asshole. Dis die parmantigste, ongeskikste padda wat ek nog ontmoet het. Hy sal, wanneer ek nog in zombie mode is (aka voor koffie) my inwag by die toilet. Ek het nog nie my brille aan dan nie en kan gewoonlik nie Frikkie se aanval sien kom nie. Al wat gebeur is ek voel hoe hy my toon byt. Ja dames en here, ek het ‘n padda wat my BYT as ek die potty wil gebruik. Dis nou al so erg, ek sit voetjies in die lug sodat die padda met anger issues nie my kan aanval nie.

Frikkie sal ook so af en toe die gang af hop na die spens en dan daar waar ons loop baan die gang af is, poop. Die eerste keer wat ek daardie “dropping” gewaar het, het ek gedink daar bly ‘n jack russle skelm in ons huis. Manlief sê toe nee, dis verseker ‘n Frikkie se stront maar hy dink al die jare wat hulle DDT in Zim bebruik het, het ‘n mutant Frikkie gemaak. Ek was benoud, ek het versigtig getrap en ek was rats op die voete net ingeval ‘n padda wat soos Rambo gespier is, my attack. EN hy het! Dit was eers net by die toilet maar Frikkie het sy oorlog zone vergroot. Ek sal die stort krane oop maak, niks en niemand daar binne, heerlik onder die water my dag se drama weg was en BOOM!! iets “latch” aan my toon soos Skaapie aan ‘n tietie bottel. F@$%ken FRIKKIE!! Ek skrik vir my gewoonlik dat ek ons stort groter hardloop. Dis nou al so dat die stort rond is en nou kan Frikkie my nie daar vaskeer.

Plaas doen Frikkie wat ‘n padda moet doen en vang goggas. Die ass is so besig om my aan te val dat daar genoeg goggas in ons badkamer is vir my om ‘n Wholefoods China te run. Ek het hom al probeer vang maar sy guerrilla oorlog wen elke keer. Jy weet net hy is naby as jy daardie drollie gewaar en dan moet jy besluit…piepie jy binne of buite die huis vanaand?

download (2).jpg

Die Wit Hasie

Advertisements

12 responses to “Hallo Frikkie, can we not do this today?

  1. Baie dankie vir jou lagwekkende post wat so pas my grysgrou reënerige blou Maandag in Natal kom ophelder het. Ek geniet jou blog ongelooflik baie en jou Ninja Skaap is my gunsteling, met Frikkie en Tarzan kort op sy hakke. Groete Marlaine

    Like

  2. Teenage mutant padda Frieken Frikkie! Nuwe superhero! Ek dink jy moet doen wat al lank gelede gedoen is in fairy stories–soen vir Frikkie, sommer so oopbek, en kyk of hy nie in prince charming verander nie!

    Like

    • Dankie, ek gaan dadelik lees. Nuuskierig wat ek is. Weet jy, ek begin dink die padda is ‘n totem of spirit animal of iets want daar is orals beeltjies en prentjies in my huis van paddas. Het dit gister aand agter kom toe ek die storie skryf. Padda-mal blykbaar

      Liked by 1 person

  3. O ek gril my dood, Frikkie sou LANKAL ‘n frikkadel gewees het. Ons het ook vreeslike vieslike paddas by ons, wat my gewoonlik ook in die stort vaskeer (ek skree gewoonlik soos ‘n shebeen queen dan). Elke oggend moet een van my seuns in my skoene kyk, net ingeval.

    AL die hadedas in ons tuin heet George 😆

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s