Jy kan maar gaan KAKtus

background-kaktus-filmid-108715.jpgHet jy ‘n kaktus in jou lewe? Nee man, nie daardie plantjies met die doring wat in jou tuin tuis is nie. Ek praat van ‘n PERSOON. ‘n Kaktus is iemand wat jy op ‘n versigtige manier met handskoene aan moet benader of jy word gesteek.

“Hoorie vrou, daar is ‘n gaatjie in jou broek.” sal jy onskuldig en met goeie bedoelings sê

“Ekskuus? Sê jy dalk my klere is oud? Ek is nou nie so smart soos jy om elke keer as daar net ‘n kol op my klere is, nuwes te koop nie. Ek het nie tyd om soos ‘n lady in die winkels rond te hang nie. Jy dink ook al van die begin af jy is so grand en verhewe bo my want jy is mos kastig ‘n skrywer. Jy is nie hoor. Jou kak stink ook maar nes myne. Ek is so gatvol vir jou wat alles en almal judge…..” en hier is waar ek gewoonlik net omdraai en loop.

Hoekom nie terug baklei? Want ‘n kaktus het nie ore, ‘n kaktus het nie veel van ‘n brein en ‘n kaktus steek net meer hoe harder jy probeer vat. Jy kan nooit vir die persoon reguit sê wat jy dink van iets so eenvoudig soos hoeveel melk jy in jou koffie soek nie. Kort voor lank hoor jy by haar ma-se-maat-se-sussie dat jy altyd oordeel as jy by haar huis is en neerkyk op haar koffie vernuf. I kid you not! ‘n Kaktus is onvolwasse en vreeslik self-involved (man, julle moet die kommin taal meng vandag verkoon.) ‘n Kaktus dink dat elke status update wat jy doen is op hulle gemik, dat as jy praat van die vet meisie met die tattoos dan bedoel jy nou eintlik haar tappid vriendin. (of syne, mans is meer geneig om so te wees) Die Kaktus is net gelukkig solank alles volgens hulle wil gaan en hulle is baie vinnig om ander se foute raak te sien maar hulle het GEEN foute.

Wanneer jy wel baie mooi praat en nog mooier vat kom jy aan die binne kant van ‘n kaktus en daar is niks behalwe ‘n papspul nie. Daar is geen ruggraat of hart nie. Hulle huil dan as ‘n manier om jou sag te kry en terwyl jy sleg voel en troos, trek hulle weer daardie dorings aan en jy chop af my vriend. Ek haat kaktus mense. Sonder om skaam te wees sê ek dit. Jy het ‘n minderwaardigheids kompleks, jy is selfsugtig, jy is nie so slim soos wat jy dink nie en almal is nie so lief vir jou soos wat jy wil glo nie…hulle is bang vir jou. ‘n Kaktus ontplof sommer oor niks en die reëls wat vir jou geld, geld nie vir hulle. Dan probeer jy sag wees en jy sê vir ‘n kaktus jy is lief vir hulle en hulle beteken so baie vir jou en die ding sal nie eers ‘n oog knip nie. Nee, hulle sal nie kan verstaan hoekom jy hulle nou kom pla met jou soppy nonsens nie. Jy kan nooit ooit wen met ‘n kaktus nie en probeer hulle nou ignore…dit sal nie geduld word nie.

Ek weet, ek weet…hierdie klink na ‘n vreeslike moan sessie en in ‘n mate is dit. Ek is so gatvol vir al die kaktusse in my lewe dat ek die lot wil gif gee maar mens mag nie. Nie omdat dit ‘n mens is nie maar omdat die goed te dom sal wees om eers te weet hoekom hulle gif kry. Hy het dan mos niks verkeerd gedoen nie! Kaktusse is so dikvellig dat jy kan reg voor hulle staan met die bewys van hoe swak hulle gedrag is en hy sal steeds dit na jou toe draai. Ek is moeg daarvoor om met handskoene in my sak te loop. Jy met jou dorings moet uit die tuin of in die hoekie geplant word want mens kan nie so versigtig loop deur jou eie tuin net oor iets wat jy met jou skoen kan vertrap.

Ons almal ken die reëls van ordentlik en menslik wees. Ons almal weet dat om te skree en baklei en misluk te wees is verkeerd maar vir een of ander rede kom ‘n kaktus met dit weg want niemand sê iets nie. Dis vandag klaar. Ek trimp van nou af dorings, jy gaan die mooiste kaalgat kaktus in die tuin wees.

Die Wit Hasie

Advertisements

16 responses to “Jy kan maar gaan KAKtus

  1. Nou lekker gelag. Ek is self op die oomblik bietjie omgesukkel met mense. En probeer vrede maak dat daar mense is wat ek nooit sal kan verander nie. Daar was ‘n tyd wat ek gedink het hulle het net ‘n simpatieke oor nodig. Ek was verkeerd.

    Like

  2. Ek weer het regtig nie meer sulkes in my lewe nie. Nou wonder ek net, wat het ek gedoen dat hulle geloop het. Dalk undercover gegaan en toe verloor hulle belangstelling…Ek kry dit nogal reg, onttrek net en sluit jou uit. Só nie ñ goeie eienskap nie.

    Like

  3. Terug pieng: Kaktusse, bloed en derms | Die Korrelkop Kahuna·

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s