My groot liefde….SIMS

As jy nie weet wat The Sims is nie, maak gou ‘n tab oop bo aan jou skerm en Google dit. Ek sal wag, toe….ek wag……

14680717_1247735041943353_963230087171775465_n.jpgGoed, as jy nou te lui was om dit te doen dan gee ek die kortste beskrywing wat ek kan. Die ‘n rekenaar speletjie waar jy ‘n Sim bou. Hoe groot sy neus is tot watse persoonlikheid hy gaan hê. Dan sit jy hom in ‘n huis, wat jy ook self kan bou en jy kry vir hom ‘n werk. Jy vertel hom wanneer om te eet en te slaap en self TV te kyk. Hy het behoeftes en as jy nie na hom kyk, dan kom haal die Grim Reaper hom. It’s a life simulating game and you are the god no one worships. Ek speel Sims al vandat dit in 2000 die lig gesien het. Dis ‘n manier vir my om pop te speel, sonder dat iemand my in ‘n kamer met sagte mure bêre. Die Sims is al deur baie saam met my. Sodra my lewe rof raak, gaan verloor ek myself in Sims. Ek kan julle nie vertel hoeveel keer ek my ex gebou het en versuip het of laat dood brand het nie want ek het op gehou tel by elke dag vir maande of hoeveel keer my “baas” perongeluk in ‘n kamer beland het wat skielik nie meer ‘n deur het nie. Daar is ‘n tikkie genot wat mens voel as jy daardie Sim sien vrek van honger.

So ek lewe bietjie van my serial killer drome uit….so what? Dis darem net Sims en die goeie terapie. Ek het vriende gehad wat vir my gelag het oor ek Sims speel, meer as een keer met my “gejoke” het oor hoe kinderagtig dit is of hoe groot nerd ek is. Raai wie is nie meer my vriende nie. Ek het vir langer as ‘n jaar sonder ‘n TV reg gekom omdat ek Sims kon speel, ek het my week lange vakansie by die huis spandeer saam my Sims want daar was niemand om saam vakansie te hou nie en as ek wou lê en huil oor dinge dan speel ek eerder Sims en voel beter.

Ja ek is ‘n weirdo and I fly that flag high. Ek is lief vir alles Sims en ek kan ‘n intense debat met jou voer oor die kak wat hulle aangejaag het met Sims 4 (don’t even ask!). Dis seker hoe dit gaan as jy jou “inner child” bly voer en nie die grootmens wêreld laat wen nie. Ek weet nie waarna sien ek meer uit vir Desember nie, om my notebook te kry of om nuwe Sims expansion te gaan koop. Ek dink ek weet nou hoe sommige vrouens voel as hulle skoene of make-up gaan koop. Of hoe my vriend voel as hy ‘n smart bottle wyn koop. As jy Sims nie ken nie, gaan loer net en dalk raak jy ook verlief.

Join the green side…

99fc7e5974c725eaad4788b914b5b900.pngDie Wit Hasie

 

Advertisements

6 responses to “My groot liefde….SIMS

  1. So wat nou. My man gaan dit glad nie hanteer as ek aan nog iets verslaaf raak nie, die ge’bloggery’ is vir hom genoeg. En soos jy dit uiteensit, is ek gehook nog voor ek gaan kyk het. Die lewe op 56 raak al hoe heerliker vir my!!!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s