‘n Blog series?

Ek wou vandag iets diep skryf oor mense wat oordeel of die donker gat wat mens se gemoed in val en toe besluit ek net….dis net depressing. Nee regtig, die ou lewe suck al klaar genoeg en het nie lus om nog my blog vol te maak met sulke goed nie. Ek sien ek is geneig om elke nou en dan iets te skryf wat net “af” is. Dit terwyl ek eintlik met ‘n idee speel vir maande nou al en ek het hom nou al mooi uit gewerk, nou soek ek natuurlik net terugvoer van julle VOOR ek nou my en julle tyd mors.

Daar is ‘n storie wat aan my torring wat sal werk in dagboek form, om elke dag as die karakter te skryf. Nou wil ek natuurlik hoor, kan dit werk en sal mense belangstel om dit te lees. Jy doen jou normal blog post en dan een as die karakter. Gewoonlik sal ek dit net doen en klaar maar hier is so baie bloggers wat al boeke geskryf het dat ek dink ek sal dom wees om nie bietjie raad te vra.

Jammer hier is nou nie iets snaaks of weird om te lees op die blog vandag nie. As my kop met ‘n ding besig raak dan is daar nie veel plek vir stories oor Frikkies en skelm skaapies nie.

Die Wit Hasie

Advertisements

11 responses to “‘n Blog series?

  1. Ons lees oor swembadverf, oorlog maak en weer opmaak. Karakters verskil net. Manlief of Ninja die Skaap. Jy het ‘n talent wat ons almal laaaaaaankal raakgesien het. Jy gaan dit nooit weet nie want jy is mos bang om te skryf.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s