Frikkies in paartyd

Jong, hierdie klomp Frikkies by die visdam se dae is getel. Dis elke jaar ‘n helse storie wanneer elke Frikkie terug kom na sy dam van geboorte. Dit begin met een of twee wat kwaak tot die son opkom en dit pla niemand. Dis eintlik baie mooi en ons is bevoorreg om na dit te kan sit en luister. MAAR teen Oktober is al die ander damme droog en al daardie damme se Frikkies kom ook hierheen. Dan word die kwaak so erg dat ons nie die TV kan hoor nie en natuurlik die slange kom kyk ook of hullle ‘n Frikkie-meal kan kry. Manlief het die ander aand op die stoep gestaan, stip na die dam gestaar en vir my gesê

“Daardie Frikkies moet paar en lekker paar want van môre aand af, kak hulle.”

Ek weet nie of die Frikkies verstaan het wat gaan met hulle gebeur nie maar gisteraand was almal taamlik rustig tot Manlief in die kooi gaan kruip het, toe laat waai daardie paddakoor. Ek het maar aan my blog series gewerk want ek kon nie meer die TV hoor nie. Natuurlik is ek nie ‘n ondersteuner van Frikkie-genocide nie maar allabliksem dit word nou TE ERG! Ek het besluit die Frikkies is veilig tot die eerste slang sy pad na ons erf vind oor hulle vry liedjies. Dan sal ek Manlief toestemming gee om target practice te doen. Die Frikkies is nou vreeslik oorlams, nie net is daar een in die badkamer wat my aanval nie maar daar is een in die sitkamer ook wat die diere wil byt. Mutant Frikkies sê ek jou maar omdat hulle daardie bloedsuigende-waste-of-DNA-goggas eet, is hulle ‘n beskermde spesie in ons huis…let wel IN ONS HUIS….nie buite nie!

Ek dink die Frikkies kom elke jaar terug omdat ek hulle kinders in die dam beskerm. Die Tuin Bestuurder wil alewig hulle eiertjies uitskep met die net maar ek kry dit nie oor my hart nie. Ons het Frikkies nodig al raas hulle en jaag ons rond. Anders was ons toe onder goggas. My plan is dus om whiskey in die dam te gooi vanaand, hulle gaan iets vreeslik raas en daar gaan baie “fights” wees maar hulle sal voor 9 uitgepass wees en dan kan ek in vrede my stories op TV kyk.

Die Wit Hasie

Advertisements

7 responses to “Frikkies in paartyd

  1. Jy is bevoorreg om hulle daar te hê.Hier by ons is hulle uitgewis en sommige selfs op gevaarlys van uitwissing.Verdra hulle maar.Dis darem nie lank nie dan is hul weer stil.
    Gee vir hulle genoeg goedkoop bokswyn,dan paas hulle dalk gouer uit!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s