Kom ons doen groen die week

Ek skryf nie vreeslik baie oor dit nie maar ek het ‘n passie vir all things Mother Nature.

17136.jpeg

Ons almal, elke liewe een van ons, is besig om meer skade te doen as wat ons besef. Dit het my tussen die oë getref die week toe ons die ou asgat in die tuin opgrawe. My man is al amper 10 jaar hier en ‘n paar jaar voor hy hier begin werk het, is daardie asgat toegemaak en die nuwe een is agter die huis “gebou”. Ek was nie seker waar die ou asgat was nie en ons het nie bedoel om hom oop te grawe nie, ek was bloot net besig om tuin te maak. Daar was geroeste blikke en dowwe ou glas bottels in maar weet jy wat het my naar gemaak? Die polystyrene bakkies, daardie swartes wat die vleis saam verkoop word, was nog nuut. Man, ek hoef hom net af te spoel met seep en water dan kan ek hom weer gebruik. Verstaan julle wat ek sê hier? Dis meer as ‘n dekade al in die grond en NIKS het verander aan die ding.

Iets in my het “gesnap”. Ek het begin om ALLES wat ons gebruik in ‘n ander lig te sien. Gaan google net die “gemors” wat jy wil weggooi en jy sal verbaas wees wat jy alles met dit kan doen en hoeveel geld dit jou spaar. Ons moet net ophou lui wees. Dis ‘n siekte wat mense weier om raak te sien, ons is donners lui! Jy kan nou al gerasperde kaas koop. Regtig mense? Jy kan nie eers self kaas rasper nie? Daardie kaasie kom ook netjies in nog ‘n stuk plastic wat iewers in ‘n bos of rivier gaan beland. Jy dink seker dat net little old you gaan nie hierdie monster wat gulsigheid is kan stop nie maar alles begin by een ou wat sy kinders leer, wat hulle kinders leer en waar ander mense sien wat jy doen en jou voorbeeld volg. Wil jy koelte hê? Plant ‘n inheemse boom en braai met ‘n uitheemse hout. Wil jy dalk ‘n mooi tuin hê? Plant plantjies wat bye en skoenlappers lok en LOS DIE GIF in die winkel. Die goggas sal mekaar uitsort maar as jy regtig sukkel, gaan soek ou boereraad op ipv om sommer net gif te spuit. Plant vrugtebome en eetbare plante en deel met die bure. Jy kan nie glo hoe baie jy spaar as jy dit self groei nie.

Nou as ek vleis koop, stap ek na die toonbank en vra of ek nie vleis kan kry SONDER die polystyrene verpakking nie (Dis goedkoper want dis ligter ook). Ek hou ook duimvas dat die mense wat so hard baklei vir almal om hemp produkte te gebruik, sal wen. As jy die media bevraagteken, omgee vir die natuur en glo dat cannabis oil beter werk as pille dan word jy ‘n hippy en tree hugger bestempel. Ek sien dit elke dag op social media en dis net omdat die geld wolwe bang is. So wees ‘n hippy, ‘n tree hugger, ‘n rebel, ‘n weirdo maar gaan net groen die week. Verander hoe jou mense dink en jy verander dalk die wêreld. Plant ‘n boom dammit.

Die Wit Hasie

Advertisements

One response to “Kom ons doen groen die week

  1. Die koms van plastiek het miskien vir die mensdom gehelp,maar dit lui die doodsklok vir die natuur.Ek herwin alles…het vyf trollie asblikke in my agterplaas.Raai watter een het die meeste en watter een die minste?Plastiek loop vinnig oor..werklike weggoigoed is ‘n klein sakkie vol!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s