Liewe Prinses, kry nou einde!

cBAxpkvf.jpg

Vandag is ek heeltemal gatvol vir my eie geslag. Ek is verby gatvol vir meisies wat goed post soos regte mans smeer jou lipstick, nie jou maskara of stront soos dit. Ek is gatvol vir goed soos curves, because no man wants to snuggle a stick. Man, sies vir jou! Stel jou voor iemand plaas being fit, because who wants the cow when you can have the farmers daughter. Almal sal daardie meisie stenig. Let wel, ek gebruik MEISIE en nie vrou of dame nie want jy is kinderagtig as jy sulke goed plaas. Jy wys een ding vir my, jy is insecure en om beter te voel oor jouself moet jy ander afkraak. Ek is self skuldig en dus weet ek presies van watter plek binne jou dit kom. Ek sal dit weer sê…SIES!

My susterskind is nou op daardie ouderdom waar meisies oulike maatjies is, maar jy mag hulle kys of na ‘n dans vra. My hart gaan dit nie hou as ek moet dink hy skraap al sy moed bymekaar, sweet in die een hand en briefie in die ander, gee dit vir haar en sy LAG vir hom of sê “Eeeeewwww neeeeee!” voor al haar vriende. En NIEMAND dink dis swak gedrag van ‘n meisie as sy dit doen nie. As jy ‘n outjie like en hy stel nie belang, dan is HY die vark en skaam hom dat hy nie sien hoe mooi jy is (met jou geel tande, puisies en ‘n lyfie wat spuitgoed kort). Ek wou vra waar ons aan hierdie idee kom dat meisies kan ongeskik wees teenoor mans, maar steeds moet hy ‘n heer wees wat die deur vir jou oopmaak. En toe onthou ek alles van die Victorian era en die boeke wat geskryf is.

Ek wonder waar is die memes wat sê ‘n regte vrou praat nie met haar man asof hy ‘n kind is voor sy vriende nie, ‘n regte vrou sê nie vir haar man wat en hoeveel hy mag eet nie, ‘n regte vrou onthou dat haar man ‘n grootmens is en dat seks nie ‘n reward is vir wanneer hy mooi na haar geluister het nie. Waar is daardie soppy prentjies op facebook? Ek is veral mal oor vrouens wat hulle lot bekla dat hulle na die kinders kyk en hy nie eers iets romanties vir haar kan doen nie. So gaan jy dan nou ophou na die kinders kyk? Is dit nie jou werk om na hulle te kyk? Dankie tog my ma het nie dikbek in die kamer gaan sit, elke keer as my pa nie sy ewige dankbaarheid gewys het nie want anders het ons gevrek van die honger.

Net soos wat almal seuns leer om agter hulle eie gat skoon te maak, leer jou meisiekind om ordentlik te wees. Leer haar dat niemand skuld haar iets nie en dat ‘n verhouding van twee kante af kom. Leer haar dat mans is nie kinders nie al bewys hulle gedrag soms die teendeel, dat bekkie opblaas en gatwip vir dogtertjies is en seks nie ‘n wapen of snoephappie is nie. Leer jou dogter om nie ander vrouens af te kraak nie. Ons almal is onseker oor onsself, niemand hou van hulle lyf of hare nie en of jy nou maer of vet is….jy is mooi en ek klap hande vir jou want jy staan elke dag op. Leer haar dat trane maak niks reg nie en dat om te huil gaan nie maak dat jy kry wat jy wil hê nie. Dis tyd om groot te word dames. Dis tyd om op te hou ‘n prinses wees en dis tyd dat ons as vrouens mekaar se bullshit uitwys. So what dat die meisie wat saam jou man werk ‘n geraamte is, vir al wat jy weet wens sy dat sy soos jy gelyk het. Bou mekaar op want om mekaar af te kraak maak dat ons net met bouvalle sit. Moenie veralgemeen en dink alle mans is varke en die skuim van die aarde nie want die kans is goed dat ‘n klein merrie voor jou, sy hart hard gemaak het.

In a world full of Princesses….be a Khaleesi.

Die Wit Hasie

Advertisements

13 responses to “Liewe Prinses, kry nou einde!

  1. “Ek wonder waar is die memes wat sê ‘n regte vrou praat nie met haar man asof hy ‘n kind is voor sy vriende nie, ‘n regte vrou sê nie vir haar man wat en hoeveel hy mag eet nie, ‘n regte vrou onthou dat haar man ‘n grootmens is en dat seks nie ‘n reward is vir wanneer hy mooi na haar geluister het nie.”

    AMEN!!

    Like

  2. AI, jy is so baie baie reg in elke opsig! My meisiekind is 11 – skielik voor die Lente sokkie begin die praat dat die seuns dit gaan waag om die meisies uit te vra. Bel ‘n seuntjie mamma my – vreeslik apologeties, dink ek my meisiekind sal ja sê as hy haar vra? Of darem net ordentlik nee sê? Ek stel haar gerus sy sal en die middag oppad hokkie wedstryd toe met 6 meisies in my kar praat ons oor ordentlik wees met die seuns en hoeveel moed hierdie uitvra verg van hulle. Almal behalwe een meisie meen hulle sal saam met enige seun gaan – “want dis tog net ‘n sokkie en ons kuier in elk geval met ons maats” en sodra hy ordentlik is. Een meisie bly koppig meen sy sal wag tot sy die beste aanbod kry – en dan vir die ander sê om te gaan vlieg! Ek vra hoekom – sy antwoord dat haar ma haar geleer het sy verdien net die beste. Sjoe, daai lyn tussen leer hul wat reg is maar bly ordentlik is ‘n fyn een.

    Like

  3. Ek stem nogal saam. Ek cringe elke keer as iemand een van daai pe-we ek het tog curves en jys lelik want jys n stok goed post. Weet die koei nie dat ek my gat af werk om my gewig te hou waar hy is nie? Dis nie vir my lekker om 2kg n week te verloor nie. Dis oor my lyf homself op vreet. So screw you met jou curves en boobs. Brag-gat wees is nie nice nie. Jy doen exactly wat die hokkie bokkies op skool met die vet meisie gedoen het. Boelie is boelie.

    Like

  4. Nee wat die mes sny albei kante toe…. jy kry die goeies en die minder goeies by albei geslagte!
    Seuns kan VIESLIK wees, vra my, ek is n ma van twee tieners, beleef saam hulle wereld, jy sal nie glo hoe die seuns van en met meisies praat en hulle afkraak nie.
    Hoor gou hier…. in my kids se vriendekringe:
    – Wat is vinniger as Flash?
    X, voor jy jou kosblik oopmaak het sy al jou kos opgeeet…
    Hierdie kind sukkel nou met eetgewoontes en was vir sielkundige behandeling, dit is hoe dit haar gevang het. My dogter aan die ander hand sou hom iets terug toegesnou het en dit sou haar nie SO geaffekteer het nie, maar hierdie was/is n sensitiewe kind.
    – Jy het ‘n vet gesig.
    Snaaks, jy was nogal lank met DIE vet gesig gekys.
    Dit is hoe my kind dit hanteer, maar nie almal kan nie.
    – Ander seun sit duidrukker onder sy skoolskoen maak hom warm op die stoep deur sy voet heen en weer te trek, dan brand hy die girls agter op hoo op hul bo bene. Ek sal vir hom hard *&^%$ as hy dit met my kind doen.
    – Die seun op die bus blaas 3 maal n kondoom in my dogter se gesig op, na sy hom mooi vra om op te hou en hy steeds aanhou toe se sy vir hom: Dink jy jy is snaaks want ons kan dat soos 2 “mans” uitsorteer…. een van sy vriende se toe vir hom hy dink hy moet liewer sit en ophou want hulle is in n bus en nie in n ambulans nie…. dit was wyse raad.
    My kids dink ek, in n mate hanteer dit goed maar wat as jou kind baie sensitief is.
    Of jy kind of grootmens, man of vrou is, gedra jou, basiese maniere, asb. En soos diewithasie se jy gaan nerens kom deur iemand anders aftebreuk nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s