Dis ses uur want Skaap sê so

My liewe skaapie dra ‘n Rolex maar syne werk net in die aand. Ek weet presies wanneer dit ses uur is sonder om na enige vorm van ‘n “time teller” te kyk. Die tak-tak-tak soos hy sy pootjie op die sement stamp en die kop knik asof hy reg maak om my te storm (ons noem dit ‘n Skaapie tantrum) is die ding-dong van die klok dat dit ses uur is. Die skaapie tantrum doen hy ook as hy nie in die huis mag kom, as jy hom weg jaag uit die blomme of as hy die Garden Manager se besem nie mag eet. Eendag is eendag dan gaan hy ophou dreig en een van ons stamp dat ons op ons gatte sit. Raai wat eet ons dan vir Sondag potjie?

Skaapie is baie ongeduldig as dit by sy slaaptyd kom. As die hok se hek oop is, sal hy sommer self instamp en rustig wag vir sy bottel. Dis sommer net water met ‘n knypie suiker gemeng maar Skaapie is gek oor sy bottel en sal nie slaap voor hy dit gekry het nie. Hy kom staan al van lank voor 5 uur en rond dans voor die deur want dan is sy “nanny” al huis toe. Ons het agter gekom die garden manager Barnabas is Skaapie se wei maatjie. Sodra Barnabas loop vir tea time of om huis toe te gaan of selfs die dag af is, wei Skaapie nie teensy een van ons saam hom loop. Net sodat julle weet, ons is desperaat opsoek na ‘n girlfriend vir Skaapie. Ongelukkig het die stories van sy bottel drink, in die huis slaap en soentjies met my al in die village in versprei en niemand wil hulle ooi aan ‘n sissy skaap aftrou nie.

Terug na wat ek eintlik wou vertel. Sondag steek daar ‘n groot storm op. Teen 1uur die middag is dit so donker dat ek die lig moet aansit as ek iets in die kombuis wil doen. En wraggies, daar begin die tak-tak-tak by die sitkamer se deur en Meneer Skaap stap in hok toe. Ek stop die nonsens net daar en jaag hom uit, dis verdomp 1uur die middag! Nee, nie vir Skaapie. Hy reken dat dit donker is so dit moet 6 uur wees. Ek jaag hom uit en hy hol net ‘n paar tree die stoep af, draai om en gooi ‘n woeste tantrum. Ek het amper gedink hy gaan omval. Dis ‘n gemêh en kop knik en sommer die agter bene uitskop soos ‘n perd maak……natuurlik is die stoep glad en hy val. Hy was gou op sonder enige beserings, maar ek dink ‘n les is geleer. Tantrums help niks.

Dit het gereën en ons was vreeslik dankbaar, maar nie Skaapie nie. Vandat hy in Februarie gebore is, het dit nie gereën nie so ou Skaapie ken dit nie. Ons het ‘n spuitbottel met water wat ons gebruik om Skaapie van die asbakkies weg te hou en toe die reën begin val, hardloop Skaapie ‘n ent weg van my en kyk my beskuldigend aan asof ek die een is wat die water op hom laat val. Ek moes mooi praat en saam hom in die storm gaan staan net om hom te kry om my terug te volg onder die dak in. Skaape kan regtig dom goed wees. Van Sondag af het daar twee sulke donker storms hier oorgetrek (nie dat een water gegooi het nie) en elke keer as Moeder Natuur die ligte dim…is Skaap by die deur, reg vir sy bottel. Ek reken sy Rolex is toe nou nie so smart nie.

Die Wit Hasie

Advertisements

2 responses to “Dis ses uur want Skaap sê so

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s