Wees die lig

13879209_721695197933114_5733502109808563721_n.jpg

Hierdie is een van my gunsteling quotes. Dis iets wat ek vir myself sê as ek “af” voel of moeg word vir al die selfsug om my. Dit kalmeer my. Dis my “mantra”. My man het vir my gesê die Lego Movie se tema liedjie is vir my geskryf want ek dink alles is awesome. Ek het lekker gelag want ek het nie gedink dit is hoe mense my sien nie, maar dit is eintlik hoe ek is. Ek is nie daardie persoon wat ‘n silver lining vir elke donker wolk soek nie. Ek is die een wat ‘n ster deur die orkaan probeer sien. Jy gee my die probleem en ek sal die lig vind. Lank terug was ek ‘n baie negatiewe mens en my donker gemoed het my versuip tot ek gevoel het ek wil myself versuip. Ek het die wêreld om my baie intens beleef, elke emosie was op “full volume” en die kleinste ding het my omver gegooi. Ek was soos ‘n spons wat ander se gemoed opgesuig het. You happy then me happy, you sad then me sad, you want to jump then I WILL jump. Dit was te veel en ek moes ‘n manier vind om die “energie” om my te verander.

My oupa het begin om baie negatief te raak en dit het vir my gevoel hy glip weg na ‘n plek in homself waar niemand hom kon help. So ek het toe my super powers begin ontwikkel om altyd vir hom die goeie en snaakse kant van dinge uit te wys. As hy moan oor die nuus, dan spin ek dit so dat hy saam my stem als gaan oraait wees. As hy en my ouma oor iets wil baklei (en dit was donners baie) dan speel ek UN en maak gou vrede en kort voor lank dan lag ons lekker oor iets. Ek het dit met meer en meer mense in my lewe begin doen want ek was bang ek gaan hulle verloor as ek die donker monster nie weg gehou word nie. En nee, ek bedoel nie hulle gaan my los nie, ek bedoel die lig in hulle waarvoor ek lief is en wat my gelukkig maak gaan verdwyn. So word Super Silver Lining Girl gebore, maar ek het dit nie geweet tot ek mooi gaan sit en dink het oor wat Manlief gesê het.

Daar is genoeg drama in die lewe om oor te kla en jy mag bietjie stoom af blaas. Jy moet net nie dit so gereeld doen dat dit deel van jou word nie. Moenie saam mense kuier wat net kan kla oor alles nie, jy sal jou siel versuip saam sulke mense. En as jy dink jy is dalk so persoon, dan moet jy darem probeer om dit te verander. Dis regtig nie moeilik nie, kyk na jou probleem en soek die liggie. Dis soos Where’s Waldo speel, jy kyk na die prentjie voor jou met al sy gemors en jy soek jou stukkie geluk. Probeer net.

48-Where's-Wally-WALKER-BOOKS.jpg

Die Wit Hasie

Advertisements

5 responses to “Wees die lig

  1. Dis iets wat mens heeltyd moet oefen.Dit raak gou ‘n gewoonte om net die negatiewe raak te sien.Wat jy hier beskryf,is presies hoe ek ook was en ek het dit omgekeer.Die swartgalligheid steek nog soms kop uit,maar ek baklei hom met hand en tand!Soos gewoonlik,baie goed geskryf, liewe Hasie!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s