Hierdie week was rof

0559c0ec-2c26-420f-8051-f9298055cd8b.jpgAs daar een ding is wat ek altyd sal kyk, lees of van praat dan is dit enige iets zombie. Ek het nog nie ‘n zombie movie gekyk wat ek nie van hou nie. Dis nou nie juis “family fun”, maar ek is mal oor dit (‘n sielkundige sal seker ‘n boek kan skryf oor my). In 2012 het ek in ‘n baie klein woonstel gebly sonder ‘n tv. Ek het toe ‘n ooreenkoms met my buurman aangegaan dat ek sy huis sal netjies hou en hom so nou en dan voer, as ek sy TV mag gebruik. Hy was nooit by die huis so dit het wonderlik uitgewerk. Dit was nie DSTV gewees nie, dit was iets soos starsat en dit het nie lank gehou nie. Dit was “bad tv” op sy beste, maar gelukkig het hulle FOX gehad en daar ondek ek toe The Walking Dead.

Dit is ‘n series oor mense wat ‘n zombie apocalypse moet oorleef en ek was hooked van die eertse episode af. Die series kom oorspronklik uit Robert Kirkman se graphic novels en net soos enige goeie boek, het die storie my ingesuig en ek het my hart verloor op van die karakters. Ons loop al ‘n lang pad saam. Van aande alleen met ‘n bak roomys tot verlief raak op Manlief want hy “like” die “show” net so baie soos ek, ek het saam die karakters gegroei oor die jare. *Spoilers ahead*

Die storie is nie vir almal nie. Dis bloed en derms en dis “graphic”. Jy gaan dit haat of jy gaan deel van die “cult” word. Daar is 19.1 miljoene kykers per episode, net om jou ‘n idee te gee en ons is hard core fans. As ek kon, het ek vir elke episode opgedress as ‘n karakter. Ongelukkig lewer Courier It nie af waar ek bly nie. Okay, nou kan ek by die punt uitkom van hierdie post. Die week was donners rof.  Nie omdat die werk of stress of geld of normale mense dinge dit rof gemaak het nie, maar omdat season 7 ep 1 Sondag begin het. Einde van S6 was die groep in kakas, al die karakters het voor ‘n Boss Bad ass beland en hy was oppad om iemand dood te maak. Sondag, na wat gevoel het soos ‘n jaar se wag, het ons uitgevind wie. Ek huil nou nog as ek net oor dit dink.

glenn-still-alive-the-walking-dead.jpgEk het al baie gehuil agv tv programme. Grey’s is een wat jou nogal gereeld in trane kan kry maar dis omdat ek altyd myself in hulle skoene kan sit, nooit ooit oor die karakter self nie. Tot nou met Walking Dead. Dis regtig so goed geskryf dat jy “invest” jou hart in die karakter (nie die akteur nie, jy kinda vergeet dis net ‘n “show”). Ek was naar van senuwees want iemand gaan dood gaan en ek love my span, ek wil nie iemand verloor nie. Mense….en daar maak hulle twee dood waarvan een al van S1 af kom. Ek het gehuil, snot en trane. Ek was stukkend en Manlief het mooi geweet dat nou nie die tyd was om grappies te maak of eers met my te praat nie. Ek is in rou gedompel oor die karakters se dood. Ek sien al heel week op social media die ander miljoene fans se reaksie en dit laat my besef hoe flippen goed daardie span van TWD die series doen. Almal van ons voel of ons iemand na aan ons verloor het maar dis nie regtig nie! En DIS wat ek wil doen met my stories wat ek skryf. DIS wat my boek eendag aan mense moet doen.Ek kan nou nog nie iets lees oor die twee se dood sonder om te huil nie. Dis nou al Vrydag en ek is nie al een nie. My manier van dink oor my stories het heeltemal verander. Ek wil nie meer net ‘n storie vertel nie, ek wil mense insuig en hulle wêreld skud en dit alles oor ‘n flippen zombies series. Well done Robert Kirkman en span. FYI, julle suck en my hele week suck agv julle. the-walking-dead-episode-601-daryl-reedus-post-1600x600.jpg

Die Wit Hasie

PS Verskoon al my foute vandag, ek is al drie keer deur hierdie stuk en elke keer sien ek ‘n fout raak. Ek gaan dit nou post want ek gaan nie ‘n vierde keer foute soek en reg maak. Ek is ‘n luis Haas vandag

Advertisements

9 responses to “Hierdie week was rof

  1. Dis fassineerend as jy die Zombies so beskryf, al het ek geen idee wie en waar hulle is nie. Maar dit maak jou juis interressant, uniek. En dit moedig jou aan in jou boek-idee. Eendag gaan ek nog al die inligting by jou vra, sodat ek hulle kan gaan ‘waarneem’. Intussen sal ek deur jou woorde na hulle kyk, en dit net geniet.

    Like

  2. Zombies ook nie juis my koppie whiskey nie, maar ek verstaan van “invest” in die karakters van ‘n reeks. Soos toe my gunsteling karakter in S.O.A vermoor word, of elke karakter waarvan ek hou in G.O.T.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s