Skaapie se identiteits krisis

535

Die week het ‘n snaakse ding gebeur. Skaapie het ander grasvreters ontmoet. Die storie het so begin…

Ek staan buite besig om die swembad skoon te maak toe ek ‘n verskriklike geween en geskree die pad hoor af kom. Dit klink behoorlik soos ‘n gees wat kom aankondig die deur van die hel is oop. House Manager kom staan buite, hande gevou en kop gebuig. Garden Manager haal sy hoed af en stap kop onderstebo na die hek. Dis ‘n walking wailer. Sy bring nuus van iemand se dood. Mense, het julle al regtig die swart kultuur se huil oor die dood beleef. Vaderland, daardie vrou het my yskoud laat word en hoendervel tot op my ore gegee. Sy bring die nuus (redelik kalm dra sy dit oor) en dan begin sy weer ween en skree oppad na die volgende huis. Dis die manier in die area wat jy aankondig as jou huis iemand verloor het. Ek het amper saam haar begin huil so ek reken sy doen haar werk baie goed. Dis een van Garden Manager se sussie se kinder se…..ek jammer maar ek weet nie. Hulle kultuur se familie netwerk is soos om net een van ‘n boom se wortel te probeer volg, onmoontlik.

Die skok van die kind se dood laat GH die hek oop vergeet en aangesien alles so droog is dat selfs ‘n poep soos ‘n reënwolkie uit kom, is dit nie lank voor die locals hulle pad na my tuin vind. Vandag se kuier gaste is ‘n familie van bokkies. Nou as ek sê “bokkies” dan bedoel ek die baba is so groot soos ‘n klein jack russell en die pa staan nie veel hoër as ‘n staffy nie. Selfs Skaapie, wat net 8 maande oud is, is groter as hulle. Ek is heel opgewonde om hulle in die erf te hê want nou kan Skaapie sien hoe lyk ander diere wat amper soos hy is. Skaapie reken…not de donner. Hierdie goed is iets vreeslik. Hy weier om nader te stap en hy lig sy kop so hoog dat jy net die wit van sy oë sien. Jy ken daardie manier van ‘n skaap, hy maak die nekkie lank, loer uit die hoogtes vir jou en as jy net roer dan hol hy dat die stof staan. Ek sien Skaap dit altyd doen as die buurhond kom kuier.

Ek stap nader aan die bokkies en roep vir Skaap (wat nou bietjie braaf is aangesien ma saam stap) maar hy laat sak nie daai koppie nie. Pa en seun kom nader gestap terwyl ma met die kleintjie en sussie stadig na die hek beweeg, hulle het vir Jess gesien en bokkies weet honde is nie hulle maats nie. Skaap verloor dit en laat spat in die ander rigting, net oor die bokke wat nader kom. Hier moet ek nou bieg dat ek ook so tree of twee na agter geneem het want Pa bok is dalk skop hoogte, maar hy het twee skerp horings wat eers ‘n gat of twee sal maak voor ek hom oor die hek kan drop. Jess wil hulle net jaag (die simpel hond reken mos sy is ‘n skaap hond en moet alles “herd”) Ek praat mooi en saggies

“Wag Jess, stadig, bietjie nader, stadig” fluister ek want sodra jou stem net ‘n bietjie opgaan dan reken sy dis “go time” en dan jaag sy vir hulle. So gaan sy stappie vir stappie nader en die bokkies begin rustig terug beweeg hek toe. Behalwe vir die Pa wat nou net wil snaaks wees en in my blomme invaar.

“Vat hom Jess!” en sy’s soos blits oor die grasperk om die vyand te verslaan……MET SKAAP KORT OP HAAR HAKKE!! Ek staan oop mond die hele besigheid en bekyk want my brein wil nie glo wat my oë hom vertel, maar daar hol die skaap saam die hond om die bokke uit die erf te jaag. Hy gee so paar springbok spronge net for the hell of it en kom tot stilstand in ‘n stofwolk saam Jess by die hek. Sy gee ‘n blaf om die vyand te laat verstaan hulle mag nie terug kom nie en Skaap beaam dit met ‘n kop knik en voet stamp. Die flippen ding moet nog net begin blaf man! Skaap draai om en begin wei….en Jess wei saam. I kid you not! Die hond loop saam die skaap en gras vreet.

Nou het ek alles gesien. Ek gaan sit op die stoep met ‘n koue Hunters in die hand en kyk na my gunsteling wind chime, ‘n padda met vlerke. Op die erg is selfs dit moontlik hoor.

Die Wit Hasie

Advertisements

5 responses to “Skaapie se identiteits krisis

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s