Skoonfamilie

download (3).jpg

Dis ‘n moeilike een die. Byna by elke braai sal daar iemand wees met ‘n gruwel verhaal oor hulle skoonfamilie en veral die skoonmas. Skoonmas het nou die bangmaak stories van trou geword. Maar hoekom sukkel mense so met die “beter helfte” se mense. Ek en Manlief het nou al deeglik hierdie onderwerp bespreek want van die begin af het ons mekaar belowe dat niks tussen ons sal kom nie, MAAR ons gaan altwee die beste doen vir mekaar se families. Hoekom? Want daardie heks, is dieselfde heks wat jou man groot gemaak het. Teensy die vrou uit sy lewe verdwyn het as kind, kan ek met 100% sekerheid sê dat jou skoonma is die rede hoekom jy ‘n wonderlike man het (of vrou). Jou man of vrou se familie was lank voor jou daar. Hulle was daar om trane af te vee na die eerste liefde nie gewerk het, hulle was daar vir alles van tande trek tot tiener hormone, hulle was daar vir elke fout en val en het dalk selfs langs sy bed gewaak na ongelukke. Hulle is ‘n eenheid lank voor jy sy/haar hart kom wen het, lank voor julle twee ‘n span was. Jy moet dit nooit vergeet nie.

Ek het al baie stories oor die vreeslike skoonfamilie gehoor, veral die moeders en dit breek my hart. Ek is seker 1 uit 10 wat jackpot geslaan het met my skoonma. Vir haar is daar nie ‘n verskil tussen haar eie kinders en die met wie hulle getroud is nie. Almal is haar kinders. Daardie tipe liefde alleen maak dat my skoonma enige tyd vir my kan vertel hoe om kos te maak of hoe om my huis netjies te maak want ek vat dit nie as “sy dink ek is nie goed genoeg nie”. Nee ek sien dit as ‘n vrou wat ouer en wyser as ek is, weet wat my man se nukke en grille is en net wil help. Ek het te veel respek vir haar en kan dus nie negatief dink of praat van haar nie. Skoonfamilie is nie maklik, ek verstaan dit. Soms is hulle kameeldoringbome en jy ‘n koorsboom en ander kere is jy ‘n jakaranda, maar dit is jou werk om jou beste te probeer om in te pas. Doen jy dit nie, plaas jy jou man/vrou tussen ‘n klip en ‘n harde plek. Ek glo daar is niks so wreed soos om vir ‘n persoon te vra om tussen twee gedeeltes van sy hart te kies nie.

Gaan julle baklei, verblêrrieseker! Jy moet net nie ingesuig word deur kinderkak nie. Kies darem jou battles beter. Jy en skoonsus kan nou nie mekaar gaan staan en invlieg oor haar “snotkop” joune boelie nie. Dis stupid, daar is beter maniere om dit te hanteer. Jy kan nie die kleintjies by Liefie se pa en ma weghou oor hulle te veel sweets daar kry, maar jou eie ma koop gereeld nuwe goed vir die kinders. En for the love of frank, as jy sy familie wil gooi met klippe oor alles wat hulle verkeerd doen, draai net eers om en kyk na jou eie. Ek het al vrouens hoor moan oor hulle inmengerige skoonma terwyl die se eie ma by hulle bly en vir skoonseun vertel hoe om te braai. Hallo? Dis asof dit die norm geword het om stront te praat van mekaar se mense en dis ‘n siek spul. As jy nie van skoonma like of as jou skoonsussie jou spot oor jou pokkel lyf, sharrap. Dit het niks met die wêreld daar buite te doen nie en teensy daardie mense jou openlik aanval…het jy nie nodig om jou man se oor af te kou oor dit nie. Ek kan net dink hoe moeilik dit moet wees as my man elke dag moet kerm oor my ma of broer, ‘n bekvol het oor hulle by elke kuier en dan snaaks is as hulle kom kuier. Ek sal stukkend wees.

Ek verstaan elke ou se storie is anders, maar gaan sit net ‘n oomblik terug en kyk met ‘n nuwe paar brille na jou skoonfamilie. Sy sussies spot jou….is dit nie wat broers en susters met mekaar doen nie? Sy ma wil jou vertel hoe om kos te maak…is dit nie hoe sy haar kinders geleer het nie? Skoonsus het altyd iets te sê oor jou kinders…is dit nie hoe almal praat oor mekaar se kinders? My punt is, jou vel is te dun dalk omdat jy te naby aan die storie is. Take a step back en kyk sommer na jou eie mense ook. Jou pa wat gereeld “grap” met jou man oor hy nie ‘n handy man is nie of jou ma wat sommer op ‘n Sondag wil kom tee drink al weet sy dis manlief se dag af. Dalk is jy die een wat jou man ‘n “moeilike” skoonfamilie gegee het.

Ek dink altyd so daaraan, as iets vandag met my moet gebeur dan gaan hulle die mense wees wat my man deur dit dra en dit maak dat ek baie lief is vir hulle. Want dis wat familie is, om liefde vir dieselfde mense te hê en dis die beste fondasie vir ‘n verhouding.

Die Wit Hasie

PS Daar is een helse verskil tussen nie oor die weg kom nie en ‘n skoonfamilie lid wat evil is. Ek wil net duidelik stel dat die stuk hierbo sluit nie skoonfamilie in wat manlief se eks vir etes nooi, jou ignore as daar gegroet word ens. Dis ‘n ander blik wurms daardie.

Advertisements

9 responses to “Skoonfamilie

  1. Slaat jy nou die spyker daar op die kop !! My skoonMa is ongelukkig lank terug oorlede en wens eintlik ek kon nog ‘n Moeder gehad het. Ek sou graag wou leer hoe om sy gunsteling geregte te maak … want myne skiet glo vêr te kort … hahaha.

    Like

  2. ekt ook darm n baie aangename toekomstige skooma- maar sy kan nogal n handjie vol raak…my ouers is nogal moeilik en tref erg onderskeid tussen wie hulle eie kinders is. Ekt al lankal hulle laat verstaan dat ek nie gaan kies wat hulle kies so hulle moet of my way of hi way. Ek wil net nooit betrokke wees by onnodige familie rusies nie… Mar ja elke huis het sy kruis neh….

    Like

  3. My skoonma is nou 91 en sy was nog net goed vir my!Ek weet haar tydjie is kort.Sy is soos my eie ma en ek sal haar baie mis.Baiekeer is al hierdie skoonma stories sommer aanwendsels.Tog snaaks dat dit altyd die skoonma is wat die heks is…ook maar ‘n lekker seksistiese aanslag wat vandag nog lewendig gehou word.Pragtige skryfsel!

    Like

  4. My my tref ook nie onderskeid tussen haar kinders en haar aangelapde kinders nie.
    Lekker lag ek, vir die skoonfamilie wat jou eks nooi vir ete…. myne nooi my, nie saam met hulle nie, maar wel WANT hulle was ook eens op n tyd my ma en pa en is eintlik STEEDS, my kinders is hulle kleinkinders en ons het mooi (en ook minder mooi) memories saam. Ons al altyd deel bly van mekaar, egskeiding is vieslik!

    Like

    • Ja ,maar hulle nooi jou nie omdat hulle die nuwe liefde in seuna se lewe wil by kom nie ne. Ek sê altyd, mens doen elke dag goed wat ander seer maak. Dis wanneer jy dit doel bewus en uit spite doen, dat jy evil is. Mens moet altyd oor die weg probeer kom vir die kinders se part…op dit die klein kinders is of die een met wie jy getroud is 😉

      Liked by 1 person

  5. Weer ’n keer wyse woorde van die withasie. Maar verblêrrieseker (mal oor jou woord) nie so maklik om toe te pas nie. Dis die fyn stekies wat my vang. Soos die sko’sus wat in ’n soet stemmetjie sê: “Ek het toe jou boekie gelees, hoor. Dit het my darem besig gehou op die vliegtuig.” Ek hou gewoonlik my pose in die situasie, maar agterna voel ek ellendig en vermy haar weer vir maande. Nie die beste manier om ’n verhouding met my genoot-in-die-eg se familie warm en vriendelik te hou nie.

    Liked by 1 person

    • O ek sal dit baie geniet as een van die skoonies dit doen. Dit beteken hulle is jaloers en dus het ek gewen. Maar om eerlik te wees, jy moet dit eerder sien vir wat dit is…sy voel minderwaardig teenoor jou en is te veel van ‘n kind om dit reg te hanteer. Jy moet vir HAAR jammer voel en nie vir jouself. Moenie soos ek wees nie, ek sal vir dae na so iets bitter in ‘n hoekie sit en top. En mans verstaan nie dit nie want hulle ken nie van katterigheid nie. Ugh word ek sommer vies vir die een, maar hel ek hoop nie almal is so met jou nie!

      Like

  6. Handhaaf ’n positiewe verhouding met die skoonfamilie reg van die begin af..Jy het jou man gekies, maar soos met jou familie kan jy nie jou skoonfamilie kies nie – dis deel van die pakket.
    Jou skoonfamilie het ’n unieke verhouding met jou maat gehad lank voordat jy hom ontmoet het en jou maat sal van jou verwag om ’n relatief intieme verhouding met sy ouers, broers en susters te hê, ongeag hoe jy oor hulle voel.
    Vroue is geneig om die rol van hul skoonfamilie in ’n huwelik te onderskat. As jy egter die res van jou lewe met jou maat wil deurbring, sal jy moet aanvaar dat sy familie waarskynlik net so ’n groot rol in sy lewe speel as jou familie in joune. Die minste wat van jou verwag sal word, is om spesiale dae saam met hulle deur te bring en familiegeleenthede by te woon. Wanneer die kleinkinders eers hul opwagting maak, kan jy ook meer gereeld kuiertjies van jou skoonfamilie verwag.jy moet net van die begin af aan die verhouding bou.
    Doen dit só
    Hier is 10 strategieë wat jou sal help om uit die staanspoor ’n positiewe verhouding met hulle te vestig:
    1 Aanvaar die verskille. Aanvaar dat jou skoonfamilie nie jou ouers is nie en daarom waarskynlik sommige dinge op ’n manier sal doen wat vir jou vreemd is. Probeer om toe te gee wanneer dit nie werklik belangrik is nie, maar onderhandel kalm vir ’n middeweg as iets teen jou beginsels indruis.
    2 Moenie iemand probeer verander nie. Besef dat jy nie jou skoonfamilie kan verander nie. Jy kan egter jouself verander deur ’n positiewe gesindheid teenoor hulle te vestig en te erken dat jy ook ’n rol in enige konflik speel wat tussen julle mag ontstaan.
    3 Vermy aanhoudende kritiek. Hoewel jou maat daarvan bewus mag wees dat sy ouers soms jul grense oortree en jou frustreer, is hulle steeds sy ouers en sal hy hulle in die meeste gevalle verdedig. Dit sal slegs tot onnodige konflik tussen julle lei.
    4 Dink positief. Dink aan jou skoonfamilie as ’n ondersteuningsnetwerk wat jy tot jou lewe kan toevoeg. As jy moeite doen om hulle te leer ken, na hulle te luister en jou bes doen om hul sienings te verstaan, sal hulle in die meeste gevalle ook moeite doen om jou beter te leer ken en meer verdraagsaamheid vir jou manier van doen te openbaar.
    5 Wees versigtig vir twissiekte. Doen jou bes om jou nie te vererg en konflik oor nietighede te veroorsaak nie. Op hierdie manier maak jy slegs die onvermydelike vir jouself nog meer onaangenaam.
    6 Los die konflik self op. Wanneer jy konflik met jou skoonfamilie ervaar, moet jy onder geen omstandighede jou maat in die middel daarvan plaas nie. Dit is nie regverdig om van hom te verwag om jou konflik met hulle op te los nie. Jy sal nie van hom verwag om tussenbeide te tree wanneer jy met ’n kollega vassit nie, moet dit daarom ook nie van hom verwag wat jou skoonfamilie betref nie. Jy moet vir die res van jou lewe met hulle saamleef, daarom kan dit slegs tot jou voordeel wees as jy reeds vroeg leer hoe om konflik met hulle op ’n beskaafde manier op te los.
    7 Wees geduldig. Soos met enige ander verhouding, sal ’n standvastige verhouding met jou skoonfamilie tyd neem. Moenie moedeloos word as julle aanvanklik koppe stamp nie, dit is deel van die proses om mekaar te leer ken en verstaan.
    8 Wees bereid om soms op te offer. As iets jou nie pas nie, wees soms die minste en kyk anderpad eerder as om jou te vererg. Dit sal jou en almal om jou die onaangenaamheid van ’n rusie spaar. As jou skoonfamilie ervaar dat jy hulle soms tegemoetkom, sal hulle dalk dieselfde vir jou doen.
    9 Gun jou maat tyd saam met sy ouers. As jy aanhoudend negatief optree wanneer jou maat tyd saam met sy familie wil deurbring, benadeel jy slegs jouself. Wees gaaf en moenie opstandig teenoor hulle optree omdat hulle jou maat se tyd in beslag neem nie – anders sal jy vinnig van potensiële vriende vyande maak.
    10 Laat hulle belangrik voel. Afgetrede mense het dikwels genoeg tyd om met die kleinkinders te help. As jy jou skoonouers af en toe vra om na die kinders om te sien, sal dit hulle groot vreugde verskaf. Wees egter versigtig om dit nie te oordoen nie; ’n ouma kan nie onbepaald agter haar kleinkinders aanhardloop nie!
    Stel gesonde grense
    “Goeie heinings maak goeie bure,” lui die Engelse spreekwoord. Om ’n goeie verhouding met jou skoonfamilie te handhaaf, moet jy ook gesonde grense stel.
    • Kom ooreen oor die grense. Kom met jou maat ooreen oor die rol wat jou en sy familie in jul lewe moet speel en stel daarvolgens grense vas. Wees duidelik oor jul grense en pas dit voortdurend toe. Julle het die reg tot privaatheid en as hierdie reg geskend word, is dit jul eie verantwoordelikheid om toe te sien dat dit reggestel word. Dieselfde geld vir enige ander grens wat julle vasstel.
    • Kommunikeer jul behoeftes. As jul grense aanhoudend oortree word, sal julle dit duidelik moet uitspel. Doen dit op ’n kalm manier en verseker die betrokkenes dat hulle nie uitgesluit en verwerp word nie, maar dat julle tyd nodig het om op jul huwelik te fokus.
    • Stel nuwe grense wanneer die gesin uitbrei. Die koms van ’n eersteling is ’n lewensveranderende gebeurtenis en jy sal al jou energie nodig hê om op jouself en jou gesin te fokus. ’n Nuwe ma en pa het genoeg tyd saam met hul baba nodig om ’n band met hom te vestig en hul huwelik te koester.
    As jou skoonma aanbied om tydelik by julle in te trek om met die baba te help en jy nie in hierdie kwesbare tyd daarvoor kans sien nie, bedank haar vir die gebaar, maar stel dit duidelik dat julle graag alleen wil wees om by die veranderinge van ouerskap aan te pas. As sy jul drumpel deurtrap, sal julle ook moet ingryp. Verduidelik aan haar dat julle sal verkies om op sekere tye van die dag of week nie gaste te ontvang nie, aangesien julle dan tyd aan die baba of aan mekaar bestee. Gesels egter saam met jou skoonma hieroor sodat sy nie onder die indruk kom dat dit slegs jou besluit is om grense te stel nie.
    Vermy onmin
    Skoonfamilie kan ’n aangename toevoeging tot jou lewe wees as jy dit reg benader. Hier is 10 dinge om in gedagte te hou sodat jy die klein jakkalsies kan vermy:
    • Die verhouding tussen jou maat en sy familie was reeds lank gevestig voordat jy op die toneel verskyn het. Moet daarom nooit van hom verwag om tussen jou en hulle te kies nie.
    • Behandel jou skoonfamilie altyd met dieselfde respek waarmee jy wil hê jou maat moet jou familie behandel.
    • Die meeste ma’s sal aanvanklik effens skepties oor ’n nuwe skoondogter en die meeste pa’s oor ’n nuwe skoonseun wees. Moet dit nie persoonlik opneem of as ’n belediging sien nie.
    • Handhaaf ’n balans tussen die tyd wat julle saam met jou ouers en jou maat se ouers deurbring om wrewel te vermy.
    • Moet nooit jou maat se familie met joune vergelyk nie. Hulle is verskillende mense met verskillende agtergronde en sal waarskynlik sommige dinge anders doen as waaraan jy gewoond is.
    • Moenie konflik of ander kwessies in jou huwelik met jou familie bespreek nie. As jy van jou maat verwag om die konflik binne die huwelik te hou, moet jy bereid wees om dieselfde te doen.
    • As jy tyd maak om jou nuwe skoonfamilie te leer ken, mag hulle jou dalk aangenaam verras.
    • Moenie jou skoonouers toegang tot hul kleinkinders weier tensy jy jou kinders om ’n goeie rede van hulle wil weghou nie.
    • As jou skoonfamilie jou fisiek en emosioneel uitput, mag dit nodig wees om julle grense aan te pas. Bespreek dit met jou maat en stel nuwe grense vas.
    • Behou altyd jou sin vir humor en wees vergewensgesind. Skoonfamilie is ook maar net mense wat foute maak en jy sal dit soms moet oorsien om alewige argumente en konflik te vermy.
    • Jou maat sal waarskynlik van jou verwag om ’n relatief intieme verhouding met sy ouers, broers en susters te hê, ongeag hoe jy oor hulle voel.
    -: UIT VROUEKEUR

    Like

  7. Jong Janet, ek’s bietjie uit die veld geslaan oor jou lang kommentaar aangesien ek dit duidelik gemaak het in die skrywe dat ek ‘n groot prys gewen het met my eie skoonfamilie. Ander is nie so gelukkig en vandaar hierdie blog post

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s