Die liggies is dof die jaar

Die laaste ruk woel daar iets binne my. Desember is aan die kom en ek voel soos iemand wat op die rand van ‘n swembad staan en weet die water is flippen yskoud. Iets knyp my hart en daardie iets se naam is Verlang. Kersfees was die mooiste tyd van die jaar vir my gewees. Ek het gelewe vir die “magic” gevoel wat op die eerste dag van Desember begin. Die dag as ons kersboom uit die boks kom en jy al daardie aand na die mooi liggies kan sit en kyk. O ek is ‘n simpel kind, as dit blink of skitter dan het jy vir my. Dan sit jy nog al die lekker kos by en jy kan vinnig sien hoekom die kerstyd my in ‘n klein dogtertjie verander. Die een huis waar alles altyd “over the top” was, was by my pa se ouers. My oupa het soos Kersvader gelyk met die groot maag en wit hare en hy het kersfees baie ernstig opgeneem. Daar was nie ‘n hoekie in die huis wat nie op gedollie is met ‘n blink ding nie. Natuurlik, Mevrou Kersfees het haar kant ook gebring deur die lekkerste kersdag ete te maak. ‘n Varkboud, skaaprol, rys, sous, soet pampoen, mash boontjies, crispy aartappels en trifel vir nagereg. Dit was ‘n dag van lekker lag en hard werk en as ‘n familie net saam tyd spandeer. IMG_1731602418692.jpeg

Nou is dit alles weg. Hulle is die jaar altwee weg. Vandat Oupa dood is twee jaar terug het Manlief seker gemaak ons is nie Desember by die “huis” nie en dit het baie gehelp want as mens op vakansie is dan dink jy nie aan dit nie. Maar al was oupa nie daar, ouma was en ons het darem die kans gekry om nog saam haar trifel te geniet. Die jaar is die kers dood. Daar sal geen trifel wees, daar sal nie ‘n klein geskenkie onder die boom wees wat sy gaan koop het al het ek gesê sy moenie. Nou piss kersfees my net af. Ek wil nie gaan geskenke koop nie, ek wil nie die boom opslaan nie en ek het nie lus om by die “huis” te wees nie. En dis niemand se skuld nie, die familie (oud en nuut) is wonderlik en ek is bly ek gaan hulle kan sien. Maar ek voel soos die kind wat uitgevind het Kersvader bestaan nie. Die liggies blink nie meer so mooi nie, die poeding smaak nie soos ouma sin nie en Desember voel nou net soos nog ‘n maand.

Jy besef nooit watter groot impak iemand op jou lewe het, tot die dag wat hulle nie meer daar is nie. Selfs dan vat dit maande en selfs jare voor jy al die leë gatjies raak sien. Ek het so twee aande terug vir my man gesê ek is gatvol daarvoor om ‘n grootmens te wees. Ek is moeg daarvoor om my “big girl” panties elke dag aan te trek en dat al wat ek regtig wil doen is in ‘n hoekie gaan sit en myself jammer kry. Farksakes, is dit soveel gevra? Dit sal nie lank hou nie, maar ek wil die geleentheid gegun word om dit te doen en toe besluit ek…

Geseënde Kersfees Wit Haas, die jaar gaan jy as geskenk in die bed klim met kfc en ‘n boek en jouself behoorlik jammer kry, goed huil oor alles wat verander het en wat jy verloor het en as dit jou ‘n week vat dan so what! Ek is geregtig tot ‘n boohoopoorme sessie! Ons is altyd so besig om te worry oor ander mense en hulle gevoelens, ons word geleer dat om te piss en moan oor jou eie gevoelens is verkeerd en knap gedaan vir die van ons wat dit reg kry om nie little cry babies te wees nie. Maar ek het nou genoeg oor ander “kinders” se gevoelens getop. Ek verdien om net een keer ‘n jaar ‘n brat te wees en alles wat ek vir twee jaar in ‘n blik druk te laat spat.(fan not included)

Hoe moet mens ‘n nuwe jaar begin as jy nog nie die een eers onder die knie het nie? So die Desember, vat ‘n bietjie tyd vir jouself en maak soveel van jou binneste skoon as wat jy kan sodat jy 2017 ligter ingaan.

Die Wit Hasie

Advertisements

3 responses to “Die liggies is dof die jaar

  1. Dis interresant om te sien hoe daar in die kringetjies waarin ek beweeg niemand is wat neutraal staan teenoor Kersfees en die feesseisoen nie. Almal is totaal mal daaroor of totaal vreesbevange.
    Gelukkig is daar nie ‘n reg en verkeerd t.o.v hoe elkeen daardeur kom nie, anything goes! See you on the other side.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s