Visvang en waiters

Ons uitstappie Cahora Bassa toe is om die draai. Ek werk op die oomblik aan ‘n playlist vir die lang pad en beplan al die padkos menu. Manlief is net so opgewonde want hy kan nou met sy eie boot gaan visvang. En ek…ek kan nie wag om NIE kos te maak nie en niks hoef aan te dra nie. Ek beplan om langs die swembad te lê en aan my boek te werk. Hel, ek is so dik vir die huis dat ek sal saam gaan op die boot om vis te vang. Die plek se mure druk my al vas. Ek kan op my een hand tel hoeveel keer ek die erf verlaat het en dis 5 keer van September af. Daar is nie gou vinnig kafee toe gaan of werk toe gaan of enige sulke goed nie. Meeste mense sê “Ek sit net heeltyd by die huis, ek gaan nooit uit nie.” en dan wonder ek of jy regtig besef hoe baie jy jou huis verlaat. Vir die wat werk is dit 8 ure elke dag wat jy nie by die huis is, dan is dit nog twee of drie ure wat jy spandeer aan kinders rond ry en groceries koop. Dis baie tyd weg van jou huis, dis net nie lekker tye nie so dit voel seker nie asof jy ooit die huis verlaat.

Die diere is natuurlik glad nie gelukkig met wat in die huis gebeur nie. Katta is in my tas en ek kan nie roer sonder om vir Jess dood te trap. Ek hou nie daarvan om die diere te los nie al het hulle ‘n goeie “nanny”. House Manager is aangestel nie om die huis skoon te maak nie, maar om na die “kinders” te kyk as ons weg is. Daar is ongelukkig nie vriende of familie naby wat mens kan vra om ‘n oogie te hou oor jou plek nie. Nou moet ek nog musiek vir die pad gaan soek, kamera laai (want ek en pap kameras gaan saam soos braai en broodjies) en die diere uit my tas probeer kry. Hopenlik gaan ek weer ‘n klomp nuwe stories vir die blog hê volgende week.

Die Wit Hasie

Advertisements

4 responses to “Visvang en waiters

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s