Kan ek jou lisensie sien?

download (2).jpg

Jy het deesdae toestemming nodig vir alles. As jy wil trou, moet jy lisensie hê, kar bestuur, geweer besit en selfs die land verlaat. Die regering moet in alles ‘n sê hê. Behalwe in die een heel belangrikste ding wat jy ooit kan doen…Kinders kry. Enige moroon kan ‘n kind kry. Daar is geen lisensie nodig vir dit nie en ek verstaan dit nie. Jy bring nog ‘n mens in hierdie wêreld in. Jy kan die volgende Chris Barnard of Ed Gein groot maak en dit gaan ‘n impak op almal om jou hê. Mense dink as hulle kinders kry dat dit hulle saak is. Toe nie hoor. Daardie is ‘n ekstra mond vir water, ‘n ekstra gemors (plastiek ens) maker, ‘n ekstra las vir belasting betalers (as jy ‘n luigat groot maak of self te lui is om te werk) en so meer. Ek lees weer vandag van ouers wat hulle kinders met heroin gespuit het om hulle te laat slaap in die aande sodat die twee kan partie, van die ma wat daarvan gehou het om te kyk hoe haar boyfriends seks het met haar 6 jarige dogtertjie, van die stiefma wat deur haar man se dogter dood gemaak is omdat die dogter jaloers was want SY was haar pa se “girlfriend” en nog baie meer sulke riller stories.

As jy moet toestemming kry om te trou EN te skei (en hierdie is net twee grootmens lewens wat geraak word) dan kan dit seker nie so moeilik wees om ‘n “having babies” lisensie te kry nie. Dit sal maklik wees:

Het jy ‘n vaste werk?

Het jy ‘n kriminele rekord?

Gebruik jy dwelms?

Het jy ‘n veilige plek vir die kind om te bly?

En so meer. Sal dit nie makliker wees vir “social workers” om ‘n huis te gaan inspekteur VOOR daar kinders in gevaar is ipv wanneer iemand die ouers al rapporteer nie? Mense dink om kinders te kry is hulle reg. Nee, dis jou voorreg en sommige het nie daardie voorreg verdien nie. Sommige mense moet nooit ooit kinders kry nie. Jis en maak dit my nie kwaad as mense bitch oor gay paartjies wat kinders aanneem. Ten minste wil hulle kinders ‘n huis gee wat deur hulle sleg heterosexual ouers weg gegooi word. Mense wat kinders mishandel hoort die doodstraf te kry want jy is die heel grootste las vir “society” en ek glo GLAD NIE dat so iemand kan reg kom nie. Dit sal ook hierdie gemors keer van een man met meer as vier kinders by meer as vier verskillende vrouens!

O en net nog een laaste ding aangesien ek so rant’nrave vandag, hoe is dit dat ons kondome verniet by skole uitdeel vir jagse tieners, maar sanitêre doekies moet gekoop word? Daar is meisies wat elke maand vir ‘n week nie by die skool is nie want hulle het nie doekies nie. Jy kan kies of jy wil patla-patla, maar daardie arme meisiekind kan nie kies wanneer dit “daai tyd van die maand” is nie. Net 16 tampons kos al klaar amper soveel soos ‘n blik koffie en in ‘n arm huis gaan kos wen bo goed soos pads of tampons. Dis nou ‘n “charity” waar agter elke vrou haar gewig behoort te gooi.

Goed, ek dink die storm het nou bedaar.

Die Wit Hasie

Advertisements

4 responses to “Kan ek jou lisensie sien?

  1. Toe ons nog onder die illusie was dat ons ‘n gesin kan begin, het ek nogal bitter opstandig geraak oor juis dit waarvan jy hier praat. Maar daai koei kan maar eers in die sloot bly.

    Sorrie, ek weet dit is eintlik ernstig maar vandag sien ek ander prentjies.
    Dit is laataand in een van die minder gegoede woonbuurte aan die westekant van Pretoria. In die Poggenpoels se slaapkamer raak dinge “hot & heavy” wat die alarm in die die kantoor van die spijkerpolisie laat afgaan.
    Binne 90sekondes storm swaar gewapende taakmaglede die slaapkamer binne.
    [Sersant] “Stop wat julle doen!” Plesier of voortplanting?
    [Piet Poggenpoel] Uhm…Sersant, ons probeer vir ‘n baba…
    [Sersant] Papiere asseblief!? {bestudeer permit} Goed, alles lyk in orde. Onthou net jou permit verval Vrydag om middernag. Gaan voort!” Kom manne, die Visagies as all weer bedrywig

    Daar is ‘n inisiatief aan die gang om minder bevoorregte dogters te help met die nodige. Kyk ‘n bietjie hier http://helphanna.co.za/

    Like

    • Ja ek het ook nogal hiedie prentjie in my kop gehad tot ek die berig oor die druggie ouers gelees het en daar kook my bloed toe. Ek sal nooit verstaan hoekom sommiges met ‘n nies op die paal is en ander weer nooit ‘n mensie van hul eie kry.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s