‘n Voorgereg (want die internet is stadig)

Hierdie naweek was een vir die boeke. Nie omdat dit lekker was nie (dit is altyd), maar omdat dit so warm was. Ek het in my lewe nog nie sulke hitte beleef nie. Cahora Bassa is baie leeg. Van die mense sê dis die leegste wat die dam as was van die 70’s af (toe die dam gebou is). Ek was self baie geskok om die dam so te sien.

April 2016054November 2016001.JPG

Die internet is weer op Afrika tyd vandag. Ek wil my kop verloor as alles so stadig is. Dit vat my nou al twee ure net om hierdie twee fotos te laai en hierdie post gedoen te kry. Mens kan nie ‘n week so begin nie man. Die visvang was natuurlik baie sleg. Ek reken dis omdat die tiervis dik gevreet is aan briem wat nie kan wegkruip in die gras, maar ek is nie die visserman in ons gesin nie so wat weet ek. Ek het wel vriende gemaak met ‘n bacon vretende akkedis en gehoor van ‘n dorp wat onder water is van toe die dam in die 1970’s gebou is. Die water is so laag dat jy die kerk se toring kan sien. Ons kon ongelukkig nie gaan kyk nie want die tyd vir visvang was te min en dan kan ek mos nou nie die mans vra om sight seeing te gaan doen nie. Ek snuffel nog rond oor hoe waar dit is, daar is soveel “stories” wat in die aande by die drinkgat vertel word dat mens mooi moet sif vir die waarheid.

Ek hoop om teen die einde van die dag ‘n volle berig te kan post oor Moringa Bay Lodge. Dit is regtig een van die mooiste plekkies en elke keer as ek daar is skryf ek lag-lag 20 bladsye. Die dag as ek ernstig aan ‘n boek werk, gaan ek vir ‘n week daar gaan bly.

Die Wit Hasie

Advertisements

2 responses to “‘n Voorgereg (want die internet is stadig)

  1. Kan nie wag om als te hoor nie, sal oulik wees as jy kan kom vertel of die storie van die dropie waar is. Sterkte met die internet – jy seker dit nie op n manier daai Skapie se skuld nie – lol

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s