Tiervisse jag en dam magic

Ons trek Vrydag middag hier by die huis weg vol hoop vir groot visse vang. Dis warm, maar dis ‘n oorleefbare hitte en die aircon werk goed. Manlief kan bly wees hy het sy handheld radio by die huis gelos want in die bakkie agter ons is skoonpa, hy is net so lief vir gesels soos ek en ek dink ons sou Manlief mal gepraat het. Om deur die grens te gaan is nooit pret nie, ek noem dit Border Crossing want dit klink bietjie meer bad ass as “deur die grens gaan”. Dis gelukkig stil en ons is vinnig deur. Reël een van in Mozambique in gaan, stop so gou as moontlik vir bier. Die bottletjies wat ons die keer kry is 250ml, dis die cuteste bottles en jy kry die bier vinnig in voor hy warm word. Hoe groter die bottel, hoe langer drink ek en dan raak dit sleg. Die foto hier onder is nou nie van die klein botteltjie nie, ek het vergeet om ‘n foto te neem. Ek wou julle net wys watter bier is die een wat ons altyd koop.022.JPGOns was in April by Moringa Bay Lodge en dis skaar ‘n volle 7 maande terug. Ons was baie geskok oor hoe droog dit in Moz is. Dat die mense daar elke flippen boom uitkap, help nie juis om te keer dat die plek in ‘n woestyn verander nie.019.JPG036.JPGMens weet ook nie jy het ‘n dorp ingery tot jy die bordjies sien wat sê jy moet stadiger ry nie. Die helder klein winkeltjies gee dit soms weg, maar meeste van die plekkies is net ‘n klomp huisies en niks meer. 026.JPGDis nou net die pad wat ons van die Nyamapanda grenspos ry tot by Cahora Bassa en ek praat nie van die res van Moz nie want dis nie oral dieselfde nie. Die hitte vang jou selfs onder die aircon. Daar is gedeeltes wat so warm is dat die aircon nie eers werk nie. Ek begin klaar worry want hierdie vettie is nie gemaak vir somer nie. Ek haat somer en uitbraai soos ‘n vark oor die spit is nie my idee van pret nie. By die dam gekom, lei ek bietjie aan skok. Dis baie leeg. Ek kan amper nie glo dis dieselfde plek wat ons nie so lank terug by was nie.

April 2016053.JPGNovember 2016004.JPGOns kuier lekker saam die eienaar van die Lodge. Hulle is besig om nog aan te bou en een van die dae gaan daar ‘n salon en spa wees. Ek sien natuurlik baie uit want as jy in die boendoes bly, klink ‘n salon uitstappie soos ‘n vyf ster hotel. Hy vertel ons van ‘n dorpie wat met die bou van die dam onder water beland het. Nou dat die dam so laag is, kan jy die kerktoring bo die water sien uitsteek. Ek het amper uit my vel gespring so opgewonde was ek, maar die mans het kom visvang en ek gaan nie lastig raak en toeris speel nie. Ek is natuurlik nou besig om Google aan die brand te “surf”. Hoe meer ek uitvind, hoe meer sal ek julle van dit vertel. Ek is baie jammer ek kon nie gaan fotos neem nie, maar ek hoop as ons weer gaan sal dit nog sigbaar wees.

Saterdag is die manne vroeg uit en ek neem hierdie tydjie om lank onder die aircon te lê. Dis warm en ek braai. Vrydag het ek 82.8kg geweeg, vandag weeg ek 81.2kg so duidelik het die hitte gewerk ne. Dis ‘n entjie se stap, nee ek jok, dis ‘n entjie se klim tot by die kroeg waar die eetplek ook is. Hier onder is ‘n foto van ons bly plekkie, as jy swak knieë het gaan jy dalk bietjie sukkel hier.049.JPGDie uitsig is fantasties en die voel altyd vir my of ek beter kan dink hier. Die eienaar (ek dink sy naam is Fred) sê dat ‘n ou hom vertel het, die deck is ‘n perfekte pyramid en dat dit channel good energy and creativity. Of jy nou glo in sulke dinge of nie, ek het in een oggend 20 bladsye van ‘n nuwe storie geskryf so miskien het die ou nie stront gepraat nie.052.JPGTerug na my storie oor die ontbyt. Daar gekom, sit twee akkedisse klaar reg vir hulle ete. Nee ek jok nie, by hierdie plek kom bedel akkedisse vir ‘n happie uit jou bord. As jy af kyk dan sien jy net ‘n swart kraalogie vir jou loer. Die een is so voor op die wa dat hy op my voet kom sit. Ek voer hom bacon en gee natuurlik vir sy maatjie ook, maar die reken ek snoep hom en so jaag hy die een op my voet die hele stoep vol, om nommer een se stukkkie te steel. My man maak vriende met katta en honde; Ek maak vriende met akkedisse en paddas. 010.JPGOngelukkig vang Manlief een vissie en vir die res van die tyd byt hulle skaars. Dik gevreet jong, die dam is nou so klein dat hulle oopmond kan chill en kos swem in hulle bekke in. Tog kan ek sien die twee mans het hulle visvang sessie geniet.

Met die terug ry Sondag het die bakkie se aircon gegaan. Die wind was so warm dat ek nie die venster kon oopmaak nie want dit voel soos ‘n oond wat oopgaan. Ek het regtig gedink ek gaan omkap. Ek het bottels water oor my kop uitgegooi elke dan en wan net sodat ek kan oorleef. Ons het gestop om te kyk of ons die aircon kan red.021.JPGHierdie is nie waar jy wil stop en uitklim nie.

Môre sal ek julle vertel van die snaakse goed wat ek geleer eet het by Moringa Bay en hopenlik kan ek info kry oor die “water dorp”. My blog post vandag is taamlik deurmekaar juis omdat ek so baie op een slag wil vertel. Ek voel soos ‘n kind wat “over stimulated” is. Hopenlik sal ek met die volgende post meer soos ‘n skrywer klink.

Die Wit Hasie

Advertisements

5 responses to “Tiervisse jag en dam magic

  1. Dit klink nou na groot pret! Ons het self vir ñ paar jaar gereeld Zim en Mos toe weggeloop, so ek hang behoorlik aan jou woorde. Mis daardie dae. Die vryheid van net inklim en vir ñ paar dae ñ avontuur beleef.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s