Kersfees kom vroeg die jaar

My eerste storie wat ek “geskryf” het, was op ‘n tikmasjien. My ouma het een op die plot gehad en ek het ure spandeer op daardie ding. Skielik het ‘n hele wêreld wat nog net in my kop was, uitgetuimel op papier. ‘n REGTE skrywer gebruik ‘n tikmasjien. Ek sien al een of ander bekende skrywer met haar tikmasjien op ‘n hout dek sit, whiskey neat to one side, sweet cigars to the other and the African plains infront. Dis ‘n geheime droom wat ek altyd binne my versteek het, om eendag my eie tikmasjien te besit. In die jaar het ek toe besluit om te begin soek vir een, dis ‘n vet kans wat ek vat want niemand gebruik meer tikmasjiene nie en toe ek wel een kry, is dit so flippen duur dat Manlief net groot oogies vir my gee. Ek het sommer geweet my luck is uit. Dis nou as jy nie ‘n skoonma soos myne het. Hier bo is my drie tikmasjiene, ja MYNE, wat die skoonmoeder van my op ‘n veiling gescore het. Ek jok nie vir jou, sy het hulle vir die prys van ‘n ete uit gekoop. Sommige mense dobbel, party drink, ander eet te lekker en my skoonma gaan na veilings. Sy is blêrried goed met dit en as ek in SA gebly het, dan was hierdie nou ‘n besigheid. My skoonma en my man het die tipe geluk wat my laat dink hulle is “magic creatures”. Dit help ook nie dat my skoonma klein en fyn gebou is soos een of ander pixie nie.

Nou ja, ek gaan verseker huil as ek hierdie droom masjiene onder hande kry want ek het regtig nie gedink ek gaan ooit my eie tikmasjien besit nie. Dit sal ongelukkig eers oor so bietjie meer as 6 weke gebeur. Maar nou is ek ook ‘n hipster en ek gaan in Mugg&Bean gaan sit en ‘n pes wees deur te sit en stories skryf met die tikmasjien. Soms vergeet jy dat mense nog goed is sommer net omdat hulle goed is en dan gebeur so iets. En dit laat ‘n vonkie spat iewers binne jou, wat jou weer iets goed vir iemand laat doen, sommer net omdat dit goed is. Dalk is dit die kersgees waarvan almal praat.

Die Wit Hasie

Advertisements

4 responses to “Kersfees kom vroeg die jaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s