Koue bier en klein vissies

Ek het iets snaaks leer eet in Moz wat ek nie dink elke ou se smaak sal wees nie. 115.JPGHierdie klein heel vissies word Kapentas genoem en dis die hartklop van Cahora Bassa. Die put-put-put van ‘n Kapenta Rig se diesel engin is so bekend soos ‘n visarend se roep. Vir die wat nie weet, hier is hoe kapenta vang werk:

Die rigs gaan uit in die nag en vang die vissies deur ‘n lig aan te sit en te wag dat hulle almal soos motte na die lig kom. Dan word hulle in ‘n groot net opgeskep en later word hulle gedroog. Hieronder kan jy die rye nette sien waarop die vissies gedroog word070.JPG116.JPGDit het vir my baie werid gelyk die eerste keer toe hulle hierdie goed voor my neersit. Ek het al baie die sakke gedrooge vissies in die winkels gesien, maar nou nie ooit gedink ek sal van hulle eet nie. By Moringa kry jy so bakkie vol vissies ipv peanuts vir bar snacks. Dis een van die lekkertste goed wat ek nog geeët het.090.JPGDis moeilik om ‘n foto te neem as die boot beweeg. Kapenta Rigs oppad uit vir die aand. Die laat my dink aan tanks oppad na die oorlog.

025.JPGEk het hierdie landerye in die rivier gesien. Dis heel “clever” om dit so te doen met die droogte wat nie ‘n einde in sig het nie, maar nou wonder ek of iemand gaan hardloop en die heinings verwyder as dit begin reën voor die rivier afkom en als weg spoel.

Van Cahora Bassa se eie Atlantis kry ek nie veel info nie. Die klein bietjie wat ek opgespoor het bevestig wel dat daar nie net een “dorpie” is wat onder die dam beland het nie. Ek het ook op ‘n storie afgekom waar hulle praat van die Cahora Bassa Shark wat so groot is, hy kan ‘n mens heel insluk. Hoe meer ek soek, hoe meer mites kry ek en dis vet pret. Daar is so min “fantasy” oor in die wêreld te danke aan wetenskaplikes (kill joys really) dat ek kinderlik opgewonde raak as daar dinge is wat nog nie “debunked” is nie.

In die 1970’s is ‘n dam wal gebou. Duisende mense moes ander heenkome vind, maar een groepie het geweier om hulle dorp te verlaat. Die water het gestyg en die mense het nie getrek nie. In hulle uur van nood het die mense hulle na ‘n heks gewend om hulle dorp te red. Sy het aan elkeen die gawe gegee om onder water asem te haal, maar die mense was ondankbaar. Die water het steeds hulle dorp ingesluk en hulle hartseer was so groot en hulle haat so sterk dat die gawe in ‘n vloek verander het. Hulle het bene het skubbe gekry en toe verander in ‘n visstert. Hulle kon nie meer op land loop nie. Desperaat het hulle die heks gesmeek om hulle kinders te help. Sy kon nie die vloek breek nie en uit woede het die mense haar die water ingesleep en in die kerk toe gemaak tot sy soos hulle geword het. Nou, as die maan vol is, kan jy die musiek en jollige mense stemme oor die water hoor dryf. Iewers op ‘n einland hou die vismense fees want vir een aand kan hulle weer dans. Tot die son opkom en die skubbe oor hulle bene begin trek en hulle terug na hulle onderwater dorp moet gaan. Net tot die volgende volmaan.

Dis die storie wat ek mense sou vertel het. Feite is eintlik boring man.

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “Koue bier en klein vissies

  1. My skoonouers bly al jare in Mosambiek, maar ek is SO vol fiemies dat ek self my eie vleis soontoe vat. Ek eet glad nie seekos nie, en ek sal graag wil weet WATSE vleis ek eet. 😆

    Maar Mosambiek is ‘n fantastiese plek.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s